Visvanguitstappie-tragedie: ‘Hy was ʼn spesiale jong man’

Franki Nienhuis. Foto: Facebook

Franki Nienhuis. Foto: Facebook

Die matriekleerder wat Saterdagoggend verdrink het toe hy en vriende met pylgewere vis gejag het, “was ʼn spesiale jong man”.

Die Hoërskool Pearson in Port Elizabeth het op Facebook sy medelye met Franki Nienhuis (18) se familie en vriende betuig. “Ons innige meegevoel en gedagtes gaan aan Franki se familie en vriende in hierdie baie moeilike tyd. Ons vra die Pearson-familie om saam met ons die lewe van die spesiale jong man te onthou en te vier.”

Maroela Media het vroeër berig die groep vriende het by die Thunderbolt-rif naby Kaap Recife in Port Elizabeth visgevang. Twee ervare vissermanne het alarm gemaak toe Nienhuis nie weer na die oppervlak teruggekeer het nie en talle vissermanne en skubaduikers het dadelik na hom begin soek.

Die Nasionale Seereddingsinstituut (NSRI) is ontbied en het by die soektog aangesluit. Verskeie vaartuie, ʼn helikopter en polisieduikers was ook op die toneel en ʼn uitgebreide lug-, see- en strandsoektog is onderneem. Nienhuis se liggaam is kort hierna gevind en deur twee vissermanne na die oppervlak gebring. Sy liggaam is op die seereddingsvaartuig gelaai en hy is op die toneel dood verklaar.

Nienhuis was ook ʼn junior lewensredder. Die polisie ondersoek die voorval.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

lettie ·

Sterkte aan die familie in hul droefheid. My gebede gaan uit na julle.

Sjoe ·

Sjoe dit is sommer net verskriklik hartseer, sterkte aan sy maats, ouers en familie

Liza ·

Ai ons jongmense wat so verdrink, vermoor en in ongelukke dood gaan, dis baie hartseer, sterkte aan die familie en rus in vrede Franki…..

Stormrider ·

Shallow water blackout. Die sport dikteer dat die sport in spanne van 2 persone geskied. Daar word beurte gemaak – een span-lid observeer vanaf die oppervlak terwyl die ander lid diep duik. Dis spesifiek vir doeleindes van black-out in die laaste 5m na bo wat hierdie reeling geld. Ai tog…

Andre ·

My eerste gedagte ook , baie versigtig daarvoor , hy vat jou baie vinnig. Sterkte vir sy mense.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.