Visvrektes by Milnerton-strandmeer ondersoek

(Foto: Kelly Van Der Toorn/Facebook)

Stad Kaapstad stel ondersoek in ná ongeveer 500 visse, hoofsaaklik klein Suidelike harders (Liza richardsonii) by die mond van die Milnerton-strandmeer gevrek het.

Die vrektes is Donderdag aangemeld en ʼn span is ontplooi om die visse te verwyder.

Stad Kaapstad sê ʼn span van die Table Bay-natuurreservaat het dieselfde dag nog die visse verwyder.

“ʼn Ondersoek is van stapel gestuur na die moontlike oorsaak van die vrektes, insluitend om die watergehalte te bepaal. Ons monitor intussen die situasie,” het die munisipaliteit in ʼn verklaring gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.