VK se reisverbod teen Afrika opgehef

Reisigers by OR Tambo Internasionale Lughawe in Johannesburg (27 November 2021) (Foto: Phill Magakoe/AFP)

Die Verenigde Koninkryk sal sy reisverbod teen elf Afrikalande, insluitend Suid-Afrika, ophef. Die lande sal verwyder word van die “rooi lys” waarvolgens inkomende verkeer verbied word.

Alle lande sal op Woensdag om 0400 GMT van die lys verwyder word, het Grant Shapps, sekretaris van vervoer, gesê.

Die Verenigde Koninkryk het reageer op die Omikron-variant wat deur Suid-Afrikaanse wetenskaplikes geïdentifiseer is en het ʼn reisverbod ingestel teen tien suider-Afrikalande en Nigerië.

Slegs mense wat Britse of Ierse burgers is of VK-burgerskapregte het, kon van die lande op die rooi lys na die Verenigde Koninkryk vlieg. Hulle moes met hul aankoms in kwarantyn bly.

“Soos altyd hersien ons gereeld ons reismaatreëls en ons kan nuwe beperkings toepas indien daar ʼn behoefte ontstaan om openbare gesondheid te beskerm,” het Shapps op Twitter geskryf.

Gesondheidsminister Sajid Javid het ook die aankondiging met LP’s gedeel waar eerste minister Boris Johnson hul ondersteuning soek vir sy nuwe beperkings om die verspreiding van Omikron te bekamp. Javid sê die reisverbod word opgehef omdat dit “nou minder doeltreffend is om die verspreiding van Omikron van ander lande te vertraag”.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

David ·

Ek dink die Verenigde Koningkryk en het uiteindelik geskrik.. toe skrik hulle wakker !

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.