VL eis dat Horner-moordenaars aan die pen ry

Brendin Horner (Foto: Facebook)

Vrystaat Landbou (VL) eis van die minister van polisie sowel as die Vrystaatse polisiekommissaris om plaasmoorde en -aanvalle doelgerig te ondersoek sodat die skuldiges voor die hof gebring kan word en suksesvolle vervolging kan plaasvind.

Dié reaksie van VL volg op die uitspraak in die Brendin Horner-moordsaak waar die twee verdagtes vrygespreek is weens onvoldoende getuienis om hulle met die moord te verbind.

Jakkals le Roux, voorsitter van VL se landelike veiligheidskomitee, sê die organisasie vereis dat die polisie daadwerklike en verdere ondersoek instel oor wie die oortreders is ten einde die skuldiges aan die pen te laat ry.

Horner se familie het intussen die private speurder Mike Bolhuis aangestel om die saak opnuut te ondersoek. AfriForum het ook vroeër gesê indien daar ʼn aanduiding is dat die owerhede met die Horner-saak inmeng of dat hul onbevoegdheid die saak beïnvloed, die burgerregteorganisasie private vervolging sal oorweeg.

Volgens Le Roux neem moorde en ernstige misdaad op die algemene publiek toenemend toe, wat druk op die strafregstelsel plaas.

Intussen het dr. Jane Buys, veiligheidsrisiko-analis van VL, bevestig dat die Vrystaat in die tydperk 1 Julie tot 30 September vanjaar reeds 13 plaasaanvalle en drie plaasmoorde gehad het wat die lewens van sewe slagoffers geëis het. Die plaasmoorde het by Harrismith en Heilbron plaasgevind. In een geval in Harrismith is ʼn opkomende boer asook sy drie kinders vermoor. Dit wil egter voorkom asof daar nog geen inhegtenisnemings rakende enige van die plaasmoorde is nie.

(Argieffoto: Lorraine Claasen)

Buys noem verder dat daar in die verslagtydperk vyf aanvalle op produsente was, vier op plaaswerkers, een op ʼn veespekulant en twee op kleinhoewebewoners. Die geografiese gebiede in die Vrystaat wat die meeste deur plaasaanvalle en -moorde geraak word, is Ficksburg (twee plaasaanvalle), Bloemspruit (drie plaasaanvalle), Harrismith (vyf plaasaanvalle), Steynsrus, Clocolan en Mafube met een elk. In die Mafube-plaasaanval is die aanvaller noodlottig gewond. Die hoë misdaad gebiede ten opsigte van plaasaanvalle en -moorde is dus Harrismith met sewe, Bloemspruit met drie, gevolg deur Ficksburg met twee.

“Wanneer dieselfde tydperk met dié van 2019-’20 vergelyk word, is daar ʼn daling in plaasaanvalle in die Vrystaat te bespeur. In die vorige finansiële jaar was daar 19 plaasaanvalle, terwyl daar vanjaar 13 was, dus ’n daling van 46,15%.” sê Buys. Sy wys egter daarop dat wat plaasmoorde betref, daar ʼn styging van een moord is.

“In die vorige finansiële jaar was dit twee moorde waar ʼn produsent en ʼn opkomende boer vermoor is, teenoor hierdie finansiële jaar waar daar reeds drie plaasmoorde plaasgevind het.”

Vrystaat Landbou vereis van die polisie om erns te maak met die uitrol van die hersiene Landelike Beveiliging Strategie (LBS). “Waar tekorte, gebreke en uitdagings ten opsigte van mannekrag, toerusting en voertuie reeds uitgewys is, word vereis dat die nodige intervensies van stapel gestuur word sodat hoë sigbaarheid, voorkomende optrede en operasies plaasvind ten einde landelike gebiede van beter polisiëringdienste te kan voorsien. VL meen dit is veral belangrik in die aanloop tot die feestyd wat groter misdaad in landelike gebiede na vore bring.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

16 Kommentare

Di ·

So gaan dit met elke plaasmoord! Die useless ANC regering is te besig met beuselagtighede, plaasmoorde is vir hulle van minder belang. Hulle sal eendag die gevolge dra hiervan wanneer daar ‘n voedesltekort in hierdie land uitbreek. Die meerderheid in die land gaan die hardste getref word!

Suzette ·

Ek stem saam – hulle sal eerder straatname en dorpname verander as om aandag te gee aan veiligheid van landsburgers

Barney ·

Moord is moord en as die regering die voorbeeld stel dan is dit nou maar ń oog vir ń oog verder vorentoe.

EnoughSaid ·

En as die persone op die ou end wel skuldig bevind word moet die proses nie daar stop nie, maar aanklagte en eise moet ingestel word teen SAPS en Justisie, en as die wette vsn ons land dit toelaat, ook elke nalatige individu in sy of haar persoonlike hoedanigheid dagvaar…..

Blikkies ·

Ek stem saam met die vorige kommentaar en se al lankal hulle moet nalatige individue in die SAPS en Justisie in hulle privaat hoedanigheid dagvaar!

Andre ·

Dis die oorlog wat hulle voer teen ons mense klomp lafaards,Daai ding met sy cowboy hoed moet gearesteer word vir al die plaasmoorde wat plaasvind!!!

Deon ·

As plaasmoorde onder beheer gebring kan word dan sal lewens verlies verhoed word, die pandemie se inperkings en alles wat daarmee gepaardgaan is om lewens verlies te beperk, met plaasmoorde is lewens verlies aan beide kante n baie hoee moontlikheid, boer en aanvaller.

Harley Davidson ·

As ek dit nou reg verstaan, die skuldigbevinding van oortreders hang af van hoe goed die polisie hulle werk doen en hoe bevoeg hulle is……
Mense ons is in die moeilikheid.

Toy ·

Natuurlik moet die moordenaars aan die pen ry, dit was ook iemand se kind, se seun se boetie en vriend.

Pieter ·

Nee dit gaan nie gebeur nie die anc is kommuniste en terroriste tyd dat ons en die boere standpunt in neem. Ons moet by die boere in duitsland gaan leer hoe werk jy met n regering wat nie ore het nie

Janie ·

Dis omdat dit al lankal te maklik is om te moor en letterlik en figuurlik daarmee weg te kom, want as jy toegesluit word, is alles verniet en as jy weer sien, is die moordenaars uit om die volgende paar moorde te pleeg tot hulle gevang word, AS hulle gevang word. Mense moor is deesdae soos om hoenders dood te maak. Geen gevoel nie. Want dis mos LEKKER in ons NUWE land, wat lankal nie meer nuut is nie, maar net een groot GEMORS is en by die dag erger word want niemand wat in beheer is en iets omtrent dit kan doen, wil iets doen nie. Hulle bankrekeninge is belangriker as mense se lewens!

Adeline ·

Hoe ver is die petisie wat opgetrek is vir die onttroning van die hoed en polisie hoof se posisies??? Hoekom kry ons ook geen nuus hiervan nie??? Die korrupte cANCer, polisie, staat-departemente word daagliks groot op alle nuusblaaie uit gebasuin – maar daar word nie ‘n vinger verroer om vir ons terugvoer te gee op wat met die mense gebeur nie. ‘n Mens is al siek van al die negatiewe gemors wat in die land aangaan en veral die boere en kinders wat so wreed vermoor is – sonder vervolging agv. onbevoegde korrupte sapd en die reg stelsel. Dit ishoog tyd dat ons mense wat in geregtigheid lewe – ‘n waaragtige opregte ondersoek span stig wat al die kriminele gemors oopkrap en ‘n regstelsel kry wat werk maak van die gemors volgens die “Human Rights”.

Genis ·

Sou die moordenaars vervolg word moet die useless polisie ook aan die pen ry…

Blikke ·

Ek ruik n rot hier….daar is dalk….net dalk…meer agter die skerms aan die gang as wat ons weet..iemand wat keer vir hulle wickets…

Ria ·

Hoe is dit dat Cele steeds sy pos beklee???? Die polisie is aan vele sake aandadig en verder is hulle heeltemal onkapabel om vir die gemeenskap iets te beteken

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.