VL reageer op uitsprake van grondonteiening sonder vergoeding

Cyril Ramaphosa

Die nuwe president van die ANC, Cyril Ramaphosa. (Foto: GCIS)

Vrystaat Landbou (VL) het met teleurstelling kennis geneem van die uitsprake van adj.pres.  Cyril Ramaphosa, nuutverkose leier van die ANC, rakende die onteiening van grond sonder vergoeding.

Francois Wilken, president van VL, het gesê die organisasie het gehoop dat Ramaphosa meer rasioneel en deurdag sal wees met sy uitsprake.

“Soos sy voorganger, pres. Jacob Zuma, maak hy egter uitsprake en beloftes sonder om die gevolge, uitvoerbaarheid en skade wat dit die land kan berokken in ag te neem,” het Wilken in ʼn verklaring gesê.

“Ongeag uitsprake die afgelope tyd deur die konstitusionele hof waar leiers en selfs die parlement aangespreek is omdat hulle nie die Grondwet eerbiedig nie, maak Ramaphosa uitsprake in stryd met wat die Grondwet, wat hy help skryf het, bepaal.”

Volgens Wilken het die ANC self die mosie vir onteiening sonder vergoeding wat verlede jaar deur die EFF voorgestel is, in 2017 in die parlement verwerp. “Landbou was nog altyd ten gunste van grondhervorming wat ordelik en ekonomies volhoubaar, binne die riglyne van die Grondwet, geskied.”

VL versoek Ramaphosa om meer duidelikheid te gee oor hoe grondonteiening sonder vergoeding kan plaasvind sonder om voedselsekuriteit, ekonomiese groei en stygende werkloosheid negatief te raak.

“VL bly verbind tot die Grondwet as die basis van enige vorm van grondhervorming en onderhandeling,” het hy afgesluit.

Maroela Media het vroeër berig Ramaphosa het Sondag aan Zoeloe-koning Goodwill Zwelithini gesê die ANC-beleid van grondonteiening sonder vergoeding moenie gedoen word op ʼn manier wat die Suid-Afrikaanse ekonomie gaan benadeel nie.

Ramaphosa het besoek aan Zwelithini afgelê by sy Osuthu-paleis in Nongoma in KwaZulu-Natal om terugvoer te gee oor die party se 54ste nasionale verkiesingskonferensie.

Hy het aan Zwelithini gesê dat daar Desember ʼn “verreikende besluit geneem is” dat die land “aan ons mense teruggegee sal word” deur middel van onteiening en sonder vergoeding, maar dat dié stappe nié die ekonomie moet beïnvloed nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

27 Kommentare

Vryheid ·

Cyril kom van dieselfde kamp dieselfde agtergrond en dieselfde kultuur hoekom sal hy anders wees as die res van sy broers.

Anoniem ·

Stem saam. Hy voel nes die ander verdruk. Hy is n jakkels met n ander suite. Sy streke sal hy nog wys hy het al begin met grondonteiening. Dit is net die begin van ons ellende.

Rupert Ashford ·

Hulle (die ANC) is ‘n politieke party/bevrydingsbeweging wat besig is om steun te verloor. Hulle mikpunt is om aan die mag vas te hou ten alle koste. Hulle is nou waar ‘n klomp voorgangers in Afrika ook was. So…nou word die witmense aangeval en hulle besittings word gevat om bietjie tyd te koop. Afrika draai homself nie om as hy eers op die selfvernietigingspaadjie is nie. Hoedvasdruk burgers…en byt vas julle valstande dit gaan nou vinnig en stamperig gaan op hierdie afdraande…

Frikkie Geld en huis ·

Ek wonder of hy darem die boere kans gaan gee om hul persoonlike eiendom , soos vee en implemente, te verwyder voordat hy die plase aan hul “regmatige eienaars” gaan oorhandig. As die titelaktes nie saam met die eiendom aan die “regmatige eienaars” oorhandig word nie, beteken dit dat die staat die “regmatige eienaar” is , wat aandui dat Cyril ons demokratiese bestel in ‘n kommunistiese bestel wil omskep.
Dit sal waarskynlik geskied in opdrag van die voorvadergeeste.

HPV ·

Wie gaan die grond ontvang? In ag geneem daar is ongeveer 35000 boere wat byvoorbeeld saam 80000 plase besit. hoe op aarde gaan hulle dit onder 10 of meer miljoen swart “boere” verdeel, of gaan net sekere kaders dit as “handouts” ontvang? Daar is slegs ongeveer 9000 groot boerderye, die ander is klein boerderye, wie kry die groter en wie die kleiner boerderye?
Die tyd het aangebreek dat VLU en ander unies NOU iets begin doen of gaan hulle wag tot dit gebeur? Tans baie vrae min antwoorde.

Jerry ·

Die VL se optrede is voortydig. Gee CR tyd en wag vir die grondonteieningsplan en reageer dan op die feite. Kyk die kat uit die boom en luister na al sy grondonteieningtoesprake wat voor verskillende gehore gaan plaasvind. Dit is belangrik om op die regte tyd te reageer en op die regte tyd toe te tree.

chrissie ·

Voor ek enige plaas aan hulle oorhandig sal ek eers alles wat ek daar het aan die rband steek, hulle sal NIKS van my vat nie…

Dapperbeneuk ·

Hoor Hoor. Ek sê die selfde. Gaan niks van my sommer net so vat nie.

Eish ·

Die VL het hopelik sy les geleer. Die linkervleuel en die regtervleuel is vlerke van dieselfde voël.
Daar is die afgelope 23 jaar n profiel opgebou van die meerderheidsregering asook die posisie van blankes in die helhool. Een swaeltjie maak nie die somer nie.
Eenheid is nie die allesoorheersende tema in die organisasie tans, wat impliseer dat radikale omarm word ter wille van eenheid.
Jul sal jul maar moet beroep daarop dat die grond nie onteien kan word nie, aangesien dit histories aan Lesotho behoort. Lesotho moet liefs n grondeis indien. Ek dink die VL kan dalk n beter bedeling beding met Lesotho dan met die honger aasvoëls.

Therese van Schalkwyk ·

Vrystaat Landbou sal in die toekoms hopelik “meer rasioneel en deurdag” wees in hul besluitnemingsprosesse m.b.t. eendragtige optrede van die héle landbougemeenskap in lewensbelangrike landboukwessies.

Tammy ·

Die mense wat so gejuig het toe Ramaphosa verkies is tot leier van die ANC moet wakker word. Sy verlede vertel die storie waar hy vandaan kom, sy vorige uitsprake, en doen en late, nee mense julle het n baie kort geheue , Hy is n ANC man in murg en been. Ja ek stem saam dat dit net iets wat vervel het maar binne nog dieselfde karakter is!!

Marius ·

Ek het gehoor van twee hoenderplase wat al oorgegee is en die het doodgeloop. Voer was te duur en besluit nee wat. Hy moet bietjie vertel hoe dit gaan met al die plase wat so oorgegee is al.

@ MARIUS ·

Jy is reg, daar was SUKSESVOLLE hoenderplase wat so OORGEGEE is in die hande van ‘the people’ waar die SPCA meer a 30 000 kuikens moes gaan uitsit nadat hulle aan mekaar begin vreet het van HONGER omdat hulle nie gevoed was nie. Dieselfde met die VARKPLAAS wat aan ‘n Minister gegee was en ook so suksesvol was dat die SPCA ook die oorblywende varke WAT MEKAAR geeet het omdat hulle nie gevoer is nie moes kom uitsit … dit is die wat nie REEDS OMGEKOM het van die HONGER en DORS nie. So ook die uiters suksesvolle Sitrusplase in Tzaneen wat nou bar en onbewerk staan .. ‘n plek wat seker van die meeste lemoene/sitrusprodukte ‘n jaar uitgevoer het .. lemoene is opgeeet, geen nuwe bome geplant .. die boerdery staan .. die land lé bar en onbewerk .. dit is wat vir SA wag . dieselfde as in Zimbabwe, en dit gaan eers 20 jaar vir hulle vat om te sien DIT WERK NIE, want wat julle nooit moet vergeet nie, maak nie saak HOE vrot dit met ‘n land gaan nie dit gaan ALTYD goed met die President, Ministers en hulle kinders wat in WEELDE LEEF soos die Mugabes in Zim. Daar was NIKS, maar hulle was multi miljoeners~!~

Magda ·

As hulle die grond wil he sonder vegoeding – maak seker hulle kry net die “grond” alleen.!!!!!

NO CONFIDENCE ·

Net nog ‘n OPPORTUNIS, net nog ‘n KAPITALIS wat sy geld meer maak en die wittes s’n wil uitdeel. Ek vertrou hom net so min soos vir Zuma en diegene voor hom, ons land HET nie leiers om SA vorentoe te vat nie. WEL om dit terug te neem in die oertydperk in .. terug by kerse en koue water (o gaats het vergeet, die water is ook klaar).

ertjie ·

“…die land sal aan ons mense teruggegee word…”. Daardie enkele sin is ongelooflik omvangryk. Net nog n bewys dat blanke Suid-Afrikaners slegs tweederangse burgers is in die land van hulle voorvaders. Die ANC het n oorwinnaarsmentaliteit, hulle glo hulle het oorwin en dat die oorwindes nou aan hulle onderdanig is. Hulle glo hulle het allenreg tot die land en dat hulle aanspraak het tot alles. Hulle mis die hele punt van die land se demokratieswording en demokrasie (demokrasie – wat is dit inelkgeval?) terwyl die res van die wereld van ons probeer vergeet .

STADSJAPIE ·

HOE DE HEL KAN DIT NIE DIE EKONOMIE BEINVLOED NIE?? As jy my plaas van my vat SONDER vergoeding, kom ons neem dit dat ek nog R3 miljoen op die plaas skuld . .. WIE gaan dit afbetaal? Die nuwe eienaar of gaan die skuld afgeskryf word – hoe gaan die banke survive? Tweedens, as die plaas net afgevat word, HOE weet die “NUWE BOER” wat gedoen moet word? O ja ek vergeet, hulle was nog altyd die boere, die boere het op die stoep gesit. DERDENS, wie se die boer wat die wynplaas afneem wil met WYN boer, wie se hy wil nie met skaap boer nie? HOE kan die ekonomie nie skade ly nie. Ek weet een ding .. ‘n LANDLESS outjie is gevaarlik maar ‘n HONGER outjie is nog meer gevaarlik. VAT bv die boere se plase af wat mieliemeel en stapelvoedsel produseer en julle kyk hoe SMEEK die landless vir kos, nie vir land nie .. ALMAL IS NIE BOERE NIE!!!

Ouma ·

Ek is seker Ramaphoza is nie dom nie. Ek dink hy hou sy brood alkant gebotter. As hy vroeër hom teen Zuma uitgespreek het, sou hy afgedank geword het, en nie in die posisie kon wees waar hy vandag is nie. Daar is baie grond in staatsbesit. As hy nie wil hê dat die ekonomie geskaad moet word nie, sal hy dalk daar begin uitdeel. Of so hoop ons. En dalk vry hy ook na die EFF se stem…hulle is nie seker dat die 2019 verkiesing goed vir die ANC gaan wees nie. En soos die DA deesdae aangaan, weet ek nie meer hoe goed hulle gaan doen nie. Net my beskeie mening.

HPV ·

Hou ook in gedagte, tydens die grondwet onderhandelings het Cyril vir Roelf letterlik by die deur uitgevee en as wenner weggestap. Hy moet nie onderskat word nie.

Chrisjan ·

Gaan doen eie navorsing “How Cyril Ramaphoza obtained his wealth”. Vorige leier was dom en skelm, die nuwe een slim …

M A ·

Daar is honderde gewone swart mense wat grond en huise gekoop het met bloedsweet. Gaan die regering hulle geld teruggee wanneer die gepeupel grond verniet kry? Anders is dit mos onregverdig.

Jacques venter ·

Google Codesa om Cyril Ramaphosa beter te leer ken

grysburger ·

ANC grootkoppe moet besef dat sanksies teen hulle ingestel kan word as hulle grond gryp, net soos in Mugabe en sy trawante se geval.

Ondersteuner ·

Maak maksimum lenings op jou plaas, dan kry jy iets vir jou ground en die bank gaan help baklei vir jou grond. As die banke nie help nie moet die ekonomie maar daar onder ly.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.