Vlak 2-afsonderingsregulasies ‘diskrimineer’

(Argieffoto)

Die organisasie Sakeliga hou vol vlak 2-regulasies van die afsonderingstydperk is steeds ongrondwetlik, onredelik en irrasioneel. Die organisasie vra in ʼn brief aan die minister van samewerkende regering en tradisionele sake, Nkosazana Dlamini-Zuma, dat dit onverwyld reggestel word.

“Die regulasies is onsamehangend,” sê Piet le Roux, uitvoerende hoof van Sakeliga.

“Sonder enige waarneembare rasionaal laat die regulasies sommige ondernemings toe om teen volle kapasiteit sake te doen en ander nie. Die regulasies het uiteindelik nie gehandel oor die handhawing van sosiale afstand en higiëne nie, maar oor arbitrêre beperkinge op die aantal persone teenwoordig, ongeag die grootte of aard van die lokaal of aktiwiteit.”

Sakeliga sê daar is groot teenstrydighede in beperkings op verskillende ondernemings.

Dit sluit in:

  • Dat dobbelhuise teen 50% van sy beskikbare vloeroppervlakke mag sake doen, maar dat kerke en ander godsdiensorganisasies slegs 50 mense op ʼn slag mag akkommodeer.
  • Dat toeskouers by sportbyeenkomste – selfs in groot stadions met baie oop ruimte – heeltemal verbode is, terwyl busse en taxi’s teen 100% kapasiteit mag werk.
  • Dat verblyfplekke slegs 50% van hul totale vloeroppervlakte mag benut, terwyl kroeë en tavernes teen 100% kapasiteit vir tot 50 mense mag sake doen.
  • Dat fiksheidsentrums en gimnasiums beperk word tot 50 mense, ongeag lokaalgrootte, wat dit vir hierdie ondernemings oor die algemeen nie lonend maak om oop te wees nie en wat lidmaatskapkontrakte onprakties maak.

“Die lys gaan aan. Die regering skiet eenvoudig uit die heup met sy regulasies, wat onnodige skade berokken en tot minagting van wette lei,” sê Le Roux.

Sakeliga sê in sy brief aan die minister die regulasies moet gewysig word sodat alle ondernemings teen volle kapasiteit sake kan doen, ongeag die sektore waarin hulle is.

Die organisasie sê Dlamini-Zuma het volgens hom geen regsgronde om die regte en vryhede van ondernemings, hul werkers en kliënte op hierdie onsamehangende wyse in te perk nie.

Sakeliga sê die minister kan mense help met die opstel van riglyne oor die regte gesondheid- en veiligheidsprotokolle.

Sakeliga eis ook dat die minister “alle regulasies wysig wat, deur die aantal kliënte of besoekers wat toegelaat word om die sakeperseel te besoek beperk, tussen verskillende aktiwiteite en sake-ondernemings diskrimineer”.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

17 Kommentare

Anel ·

Ek het iewers ook gelees dat 50 mense op ‘n slag in’ n swembad mag wees. Nou vra ek jou!

Trotse Boervrou ·

Mens wonder somtyds wie is die grootste nar in die SA Sirkus. Sterkte Sakeliga, hoop jul kry iets uitgerig.

Cornelius ·

Die eintlike vraag is, wat is die norm wat gebruik word om die bepalings te maak? Die antwoord is geen.

Gemaskerde Sopbeen ·

My kristalbal se mening is dat dit nog ‘n saak is waar vir die verweerder beslis gaan word

Persheks Adri ·

Skuus ek lag nou so lekker vir jou kommentaar! Cool solank dit nie dolosse is nie en eerder jou kristalbal!!!

Adam Adriaan ·

Soos normaal die sogenaamde regering weet nie wat hulle doen nie. Hulle beleid laat nie toe, dat hulle oordeelsvermoeë aan die dag lê nie. Doelbewuste diskriminasie.

Alleen Wolf ·

Ek dink nie hulle het gesamentlik die breinkrag om oordeelsvermoeë aan die dag te kan le nie, daar was tot dusver min of geen van die regulasies wat rasioneel is nie.

Pierre ·

Ons regering se besluitnemers werk op ‘n “no brain, no pain…” metode.

Andre ·

Die nuwe normaal is mos ‘n vyftig-punt plan. Die ou tien-punt plan was te stadig.

Adeline ·

Daar is ‘n groot IK afwesigheid wat betref die vadoek kopdoek draende beampte wat beoordeel vermoëns aan betref met besluite oor veranderings van vlak 3 na vlak 2. Soos gewoonlik word “eie” bevoordeel bv. die taxi bedryf.

johan ·

Die besluite is geneem deur mense wat “weet” wat hul doen om sodoende geld te skep..die taxis word gelos want hul weier om enige iets te betaal..hul skep ook..

Rentia ·

So…. Ek mag net kerk toe gaan as daar minder as 50 mense is. Dominee, koster, orrelis ens. ingesluit. Ek mag egter ook saam 400 ander gaan dobbel as ek sou wou. Ek mag egter nie gym toe gaan nie, want die personeel alleen is 50 in die gym. Ek mag ook net ‘n glasie wyn drink saam met my ete tot om 22:00, maar ek moet ook presies 22:00 in my huis wees – anders word ek gearresteer soos die week bekend gemaak is. Oja, laat ons nou nie die aandklokreël vergeet nie. Ek kan my besope suip vir dae, want ongelukke gebeur net in die aand daarom moet almal tuis bly. Ek kwalifiseer vir geen hulp nie, want my velkleur is verkeerd. Ek betaal belasting op net mooi alles, met die inperking is my salaris na 20% verminder. Werk is super skaars, so ek hou my mond en doen meer as my deel.

Het die minister regtig matriek geslaag?
Met die reëls en logika raak die regering onverstaanbaar en totaal onbekostigbaar..

akkedismis ·

Ek is in Taiwan,’n land met 23 miljoen mense op ‘n eiland so groot soos die Krugerwildtuin.. Die land naaste aan China, maar minste virus gevalle en sterftes.ANC het nie hier hulp gevra nie maar hulp van kommunistiese China. GROOT FOUT. Ons geniet GEEN BEPERKINGS . Net maskers dra.

Kokerboom ·

Sakeliga dankie vir jul aangehoue poging maar onthou net niks wat ANC aanpak is logies en realisties en sinvol. Jul klagte is volgens die patetiese vrouekader ‘n “wit” kwessie en rol dit van haar rug af. Sy voel ‘n veer!Integriteit en skuldgevoel ontbreek 100%. Mens kan nie redenaar met irrasionele mense.

Zombie ·

Ek begryp nou eers werklik wat die betekenis van die woord “irrasioneel” is. Dankie aan die heel hoogstes wat van hulleself voorbeelde maak, om die begrip “irrasioneel” verder te ontsluit.

Scalla ·

Dit gebeur as daar n Kader wat niks weet daar is vir finansiële voordeel.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.