Vlak 3-afsonderingsregulasies dalk binnekort gewysig

(Foto: pixabay)

Die kabinet oorweeg tans ʼn stel wysigings aan die vlak 3-afsonderingsregulasies. Geen besonderhede oor dié wysigings is bekend nie, behalwe dat die kabinet inligting van ministeriële gesondheidsadviseurs ontvang het oor die koronaviruspandemie. Dié inligting is Donderdag deur die kabinet in ʼn verklaring uitgereik.

Luidens die verklaring het die nasionale koronavirus bevelsraad ʼn aantal voorstelle gemaak met betrekking tot ʼn “verbeterde risiko-aanpassing” vir vlak 3 van afsondering. Die voorstelle is gemaak met insette van verskeie rolspelers, insluitend die nasionale gesamentlike operasionele en intelligensiestruktuur (Natjoints), wat die polisie en militêre strukture insluit.

“Die kabinet gaan egter nog nie ʼn besluit oor die voorgestelde wysigings neem voordat ons nie ʼn volledige gesondheidsverslag ontvang het nie,” lui die kabinet se verklaring.

Die land het op 1 Junie na vlak 3 van afsondering beweeg, maar pres. Cyril Ramaphosa het dit duidelik gemaak dat dele van die land weer terug na vlak 4 of selfs vlak 5 van afsondering kan beweeg of dat die regering regulasies kan aanpas, indien nodig.

Onsekerheid het vroeër die week ontstaan toe ʼn gerug die rondte begin doen dat die verbod op die koop en verkoop van drank weer ingestel gaan word. Die regering het ontken dat so ʼn besluit geneem is.

 

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

henndrik ·

“die kabinet inligting van ministeriële gesondheidsadviseurs ontvang het oor die koronaviruspandemie.” – ek wonder wie die gesondheidsadviseurs is want as dit dieselfde as voorheen is beteken dit nie eintlik veel nie want hulle het duidelik by ons deurgekom as onbevoeg (en die hof stem saam) of is dit dalk die ANC wat onbevoeg is om interpretasies te maak van die inligting of …

Fedup ·

Please give me strength.
This circus cannot even organise a simple tea party.
What to say a level 3 plan.
Anyhoo, the longer they keep us locked up, the worse this virus will hit.
They just don’t listen to professional scientists or medical advisers.
Unfortunately one’s body need viruses and bad bacteria to build one’s immune system.
Hope some of those advisor can draw colored pitcures for the circus to understand.

Plaaskind ·

Lyk vir my hulle werk op ‘n maand basis – een maand vlak 4, een maand vlak 3, ens. niks beplanning nie, net maand basis.

johanf ·

Hulle MDZ en haar Parlement, speel vir tyd, hoe langer hulle neem, hoe langer kan hul, hul verlustig aan die klomp “kinders”, (ons) in SA..!!

Pierreli ·

Die boodskap op die foto, Is dit op die SA parliment se deur? Dink hulle gaan langer as Junie toe wees!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.