Vlak 3: Beperkings is ‘onduidelik, irrasioneel’

Argieffoto (Foto: Gerd Altmann/Pixabay)

Organisasies het Donderdag gesê die risikovlak 3-regulasies wat deur minister Nkosazana Dlamini-Zuma aangekondig is, is “onduidelik en irrasioneel”.

Demokratiese Alliansie

Haniff Hoosen, die DA se skaduminister van samewerkende regering en tradisionele sake, het gesê minister Dlamini-Zuma se regulasies fokus nie meer op die bekamping van die koronavirus nie, maar eerder om die vryheid van alle Suid-Afrikaners te ondermyn.

“Die regulasies is weereens onlogies, irrasioneel en het nie enige wetenskaplike basis nie. Suid-Afrikaners het nie meer vertroue in ons regering se vermoë om die algehele afsondering te bestuur op ʼn manier wat aanvanklik die volledige ondersteuning van alle politieke partye geniet het nie,” het Hoosen gesê.

Die DA is veral besorg oor die volgende regulasies:

  • Ons het geen beswaar om kerke te heropen vir die redes wat verskaf is nie, maar hulle versuim waarom ondernemings en ander instansies (soos restaurante) nie op dieselfde vlakke van veiligheid bedryf kan word nie.
  • Ons glo nie dat die voortgesette verbod op tabakprodukte geregverdig kan word nie ná die redes wat minister Dlamini-Zuma in haar hofstukke aangevoer het. Sigarette moet verkoop word sodat daar ʼn einde kan kom aan die onwettige handel wat die land miljarde rand kos en miljoene verbruikers laat skade ly.
  • Alhoewel die regering die aandklokreël van vlak 4 opgehef het, plaas hulle steeds ʼn beperking op die tye wanneer mense mag oefen (06:00 – 18:00). Daar is eenvoudig geen rasionele rede waarom iemand nie enige tyd mag oefen of hoe dit die verspreiding van die virus sal verhoog nie.
  • Dit maak ook nie sin dat ʼn enkelouer lang hofaansoeke moet indien en ʼn permit moet bekom om hul kind te vervoer nie, terwyl gewone Suid-Afrikaners ʼn drankwinkel tussen 09:00 en 17:00, Maandag tot Donderdag, mag besoek. Dit is ʼn groot ongerief vir enkelouers en ons meen dit moet in sy geheel uit die regulasies verwyder word.
  • Die voortgesette beperking op haarsalonne en persoonlikesorgdienste is ʼn teleurstelling en sal ʼn groot impak hê op duisende klein ondernemings in dié bedryf. Talle word gedwing om nou onwettig hul bedrywighede voort te sit of het reeds hul ondernemings se deure permanent gesluit. Daar is geen regverdiging waarom die regering dink dit is aanvaarbaar dat dosyne pendelaars op vliegtuie en in taxi’s mag reis, maar ʼn salon mag nie handel dryf met vyf persone met dieselfde veiligheidsvlakke nie.
  • Die verkoop van alkohol vir slegs vier dae van die week dra nie op enige manier by om die verspreiding van die virus te bekamp nie. Trouens, dit sal waarskynlik die teenoorgestelde effek hê, omdat lang rye Donderdae by drankwinkels sal vorm.

Hoosen het gesê die DA verwerp ook die outoritêre manier waarop die regering die afsonderingsriglyne hanteer. “Ons sal alles in ons vermoë doen, insluitend om die hof te nader, om te veg vir ons vryhede wat in ons Grondwet vervat is.”

AfriForum

Die burgerregteorganisasie AfriForum doen ’n beroep op dr. Nkosazana Dlamini-Zuma, minister van samewerkende regering en tradisionele sake, om die “irrasionele regulasies” te herroep wat vir risikovlak-3 bekend gemaak is.

“Die Tshwane Metro en Ekurhuleni Metro is byvoorbeeld as sogenaamde brandpunte verklaar terwyl Tshwane tans 3,7 en Ekurhuleni 4,5 aktiewe Covid-19-gevalle per 100 000 mense het,” sê Barend Uys, hoof van navorsing en ontwikkeling by AfriForum. “Dít terwyl dr. Zweli Mkhize, die minister van gesondheid, aangedui het dat daar vyf aktiewe Covid-19-gevalle per 100 000 mense moet wees om ’n metro of distrik as brandpunt te klassifiseer.”

Uys meen mense is moeg daarvoor om soos onderdane behandel te word. “Ons is nie kinders nie; ons het die vermoë om self berekeninge te doen. Dit is onaanvaarbaar dat die een minister ’n riglyn aankondig en die volgende dag word daardie riglyn deur ’n ander minister weerspreek. Waarom daar op vyf gevalle per 100 000 besluit is, word ook nie aan mense verduidelik nie.”

Volgens hom moet die minister ook die regulasies herroep waarvolgens wildreservate, opelugmuseums, strande en parke gesluit bly. “Dit is irrasioneel omdat dit maklik is om sosiale distansiëring by sulke plekke te handhaaf en goeie lugsirkulasie ’n gegewe is. Daar is verder geen rasionele rede waarom museums steeds gesluit bly nie – sosiale distansiëring en ander maatreëls kan gevolg word, soos by ander persele die geval is.”

Ten spyte daarvan dat president Cyril Ramaphosa gesê het ’n mens sal ter enige tyd kan oefen solank riglyne gevolg word, word oefen nou slegs toegelaat tussen 06:00 en 18:00. “Dit is weereens ’n onnodige aantasting van mense se vryheid,” voeg Uys by.

“Dit is onrusbarend dat kerke uitgesonder word. Die getal mense wat ’n hele dag lank binne ’n werksomgewing kan wees, word bepaal deur die vloeroppervlakte van die gebou, terwyl kerkbyeenkomste, ongeag die grootte van die gebou, tot slegs 50 lidmate beperk word.”

VF Plus

Pieter Groenewald, leier van die VF Plus, het in ʼn verklaring gesê soos dit voorheen die geval was, is daar steeds talle vrae en onduidelikhede oor die fyner besonderhede van vlak 3-regulasies en daar is steeds te veel gevalle waar beperkings bloot nie rasioneel is nie, soos die verbod op ondernemings soos haarsalonne en die beperking op oefentye.

“Die regulasies vir vlak 3 bevat talle klousules wat eers in werking gaan tree nadat die betrokke kabinetsminister direktiewe daaroor in die Staatskoerant gepubliseer het. Dit skep onsekerheid,” het Groenewald bygevoeg.

“Betreffende die uitsluitingstabel oor bedrywighede wat onder dié vlak toegelaat sal word, is ook groot onsekerhede. Wat sekere onderwyssektore en openbare vervoer aanbetref, word gewag op aanduidings deur bepaalde direktiewe van die ministers.

“Dit moet in gedagte gehou word dat vlak 3 van 1 Junie geld wat die vraag laat ontstaan of hierdie onduidelikheid betyds uit die weg geruim gaan word voordat daar na dié vlak oorbeweeg word. Dit sal waarskynlik nie gebeur nie, wat beteken dat talle ondernemings steeds onsekerheid het oor hul situasie.”

Groenewald het gesê die aankondiging dat kerke wel hul deure kan oopmaak om dienste te hou is aanvaarbaar, maar die beperking op aantal kerkgangers is nie prakties uitvoerbaar nie.

“Die nuwe tydbeperking vir oefening met die voorwaardes daaraan verbonde, is net soos voorheen irrasioneel. So ook die verbod op ondernemings soos haarsalonne, en skoonheidskundiges. Dit is onaanvaarbaar. Die beperkte tye vir drankverkope sal ook bloot daartoe lei dat meer mense oor korter verkooptye sal moet saamdrom om hul aankope te doen.”

Groenewald meen die tyd het aangebreek dat die regering groter vertroue in die publiek plaas om in sommige aspekte saam te werk. “Tot nou toe was die groter publiek se samewerking onder moeilike omstandighede goed. Die onbenullige beperkings toon egter ʼn ongesonde behoefte van die regering om steeds oor alles beheer uit te oefen en dit te oorreguleer.”

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

30 Kommentare

Boerkind ·

Hoekom is daar nie wyd verspreide openbare protes / teenstand / opstand in massa teen die moedswillige regering nie? Waarom laat ‘n hele land toe dat ‘n klein handjie gemene kwaadwillige bevelsraadlede almal gevange hou? Hoe lank gaan ons nog sit en sit en sit en mor en mor en niks doen nie?? Of is die skrif aan die muur dat ons maar net grootbekke en slapgatte is met voete van klei… nee, klei het darem nog effens weerstand….

Ou Baardbek ·

Wat betref die verbod op reis oor provinsiale grense; hoe moet dringend noodsaaklike voer vir die oorlewing van diere bekom word as daar nie tussen provinsies gereis mag word nie?? Voer is eenvoudig nie altyd binne dieselfde provinsie bekombaar of bekostigbaar, indien wel beskikbaar nie!!

PH ·

Mag ek die hondjie vir ‘n stappie vat na 18h00 solank ek nie oefening kry nie?

Boerkind ·

Solank dit oor die hondjie gaan en nie die halsbandjie nie… ;-)

Chris ·

Ons moet almal ons eie navorsing en die waarheid uitgrawe. Mense is te geneig om die hoofstroom media te glo wat die meeste van die tyd eensydig is en om die idiologie van n sekere groep te ondersteun. Ons is vas gevang in n liberale en sosialistiese sfeer. Die liegbek president het self gepraat van witmense as die padda in kook water. Word wakker!

Tong in die kies ·

Ek stem daar is nog steed op die vlak heelwat ongeruimthede. Ek meen as ‘n kerk tot 1000 mense op ‘n sondag oggend het hoe kan jy kies watter 50 gn die diens kan bywoon. Sommige kerkgangers ry tot 50Km + om dienste by te woon. Dit grebs aan belaglikheid.
As al die mense die facemask soos byvoorbeeld checkers Hyper dra wat die hele gesig bedek sonder om benoud te word kan daar nog lekker saam gesing word sonder dat die spoeg spat en op die persoon langs jou kan val. Dan is die afstandhouding ook nie nodig nie.
Miskien moet die President self die besluite neem en dit so deurgee na die onder ministers sonder dat hulle dit verander, want op die oomblik lyk dit of die President ‘n puppet is wat beheer word deur al die onder ministers.

Henk ·

Hulle moet maar plek bespreek vir dienste . Dan kan hulle sommer ingangsgeld ook vra vir die instandhouding van die gebou en die kollekte vir sending werk ?

Retha ·

Ek stem volkome saam. Hoe doen mens lofprysing sonder om te sing en God te loof

Jacobus ·

Irrasioneel en onduidelik – kan aan baie beter terme dink. Die gebrabbel gee mens geen vertroue in die spul nie. Agendas, agendas,agendas……..!

Vranet ·

Hierdie regering se hantering van die pandemie is niks anders as ‘n magsvertoon teenoor wetsgehoorsame blanke burgers nie. Die inwoners van bv Kialitcia steur hulle nie aan dit nie. Draf, stap, lê en doen oefeninge op die skouer van die N2 en nie ‘n wetstoepasser in sig nie. Nee nie tussen 6 en 9 nie, maar 6uur in die aand. Honderde op die pad. Lockdown het net ons wit besighede benadeel. Die Pakistanies, Nigeriërs en Somaliërs doen lustig besigheid en verkoop onwettige sigarette en drank, maar daar word niks an hulle gedoen nie. Net besighede in blanke besit word geteiken. So, kom ons ignoreer hierdie drakoniese regulasies en gaan voort met ons lewens. Duisende doen dit. Ons kan ook. Hulle kan nie almal toesluit nie.

Kiki ·

Eerlik die is nou verby enige rede laat mens spraakloos. Steeds word ons ingeperk miljoene vergaan v honger nie die virus. Besighede wat nooit qeer hul deure kan oopmaak kameel se rug is gebreek! Staan op kry murg in die pype. Is die nou n Staatsgreep sonder n skoot? Virus word nou holrug gery. Praat nie v skole universiteite al die Einsteins qat nie deur gesit gaan word. Gril v wat elke sekonde gebeur. Jammer vd die toegewyde Polisie en Weermag. Die Bloulig Boelies palm heerlik in ….sogenaamde Sigarette maar plunder die hele winkel. Palms word gesmeer. Ek rook of drink nie MAAR waar is ons Grondwet v basiese Menseregte. Drs se maak oop….kabinet konkel donker planne druk land diepwr in put.
Verskoon my bar taal ek kots n boog.

Renee ·

Wat vir my irrasioneel is dat gedurende die uitsending gister van vlak 3 is dat hulle die uitsending in Engels was en later oorgeskakel het swart tale waarom nie Afrikaans nie? is dit nie ook maar dat teen ons gediskrineel word nie.. Hoekom tabak uitvoer mag word maar nie beskikbaar is vir ons nie met ander woorde ander lande kan maar aan die gevare van rook blootgestel word. En ons moet tevrede wees met Dr Zol se onwettige siggarette. Wonder maar net.

Werner ·

Begin die idee kry dat hulle kyk hoe vêr hulle ons kan druk voor nog meer drakoniese wette kom soos onteiening sonder vergoeding hierdie wette is lankal nie meer oor bekamping vd virus nie as dit ooit was

Leon ·

Die regering wil net vir die bevolking solank laat voel hoe dit gaan wees waneer hulle die Sosialistiese Kommunistiese regering stelsel in werking stel.

Elize ·

Ek raak net elke dag meer en meer negatief oor die uitwerking wat die regering oor ons land het, my siening die sogenaamde “Dlamini Zuma” kan glad nie reelings maak soos sy wil nie, van die begin af is ons suid afrikaners soos kinders behandel ek wens hierdie hele ding kom tot n einde veral vir die mense wat rokers is en eintlik basies gedwing word om op te hou rook, hierdie hele land is in elk geval korrup, elke dag as jy die radio aanskakel of die tv aanskakel is dit corona en die korrupte regering se fotos is die hele facebook en koerante vol, dit is belaglik, dit gaan nie meer oor corona nie dit gaan nou oor mag en wil ons in ons huise hou soos in konsentrasie kampe,

Rina ·

Tannie Zuma is magsbehep. Haar gewese man het haar mooi geleer! Sy word verbind met onwettige sigaret handel en solank die verbod daar is, maak sy geld! Maar nes haar gewese man, kom nie sy niks oor nie, sy is onaantasbaar! Ek vra net hoekom, was dit een van ons, was ons lankal in die tronk, sleutel sommer weggegooi!

Ek wens regtig die regering moet ook nou by die huis bly, almal is oor 60 en “mag nie werk nie” volgends die risiko lys nie!!!

Jack ·

Baie duidelik is die president besig om te abdikeer. Hy word weekliks in die media belaglik gemaak deur zuma deur besluite te wysig. Sy openbaar duidelik dat sy n dikdaroriele stelsel wil implimenteer en dit skynbaar reeds regkry. Ons sal Ramaphosa moet ondersteun anders lyk die toekoms maar donker as zuma die leisels kry.

koos10 ·

Die EFF het dit gister reg gesê: CR het sy bedanking klaar geteken.
Hy is in elk geval maar net die gesig van die ANC.
Di net vir my baie snaaks dat al die politieke partye baie te sê het, maar hulle staan nie in toue voor die howe nie?
Dink aan die stryd teen Zuma, daar was optogte met miljoene mense, waar is die mense nou? Wat Zuma gedoen het was ‘n vulletjie teen wat nou aangaan!

Heksie ·

Kobus praat waar. Sekere gebiede gaan voort met hulle lewens en daaglikse bedrywighede asof daar geen maatreels ingestel is nie. Honderde mense loop op straat tussen spelende kinders rond terwyl in ander doodstil gebiede ry polisie rond op soek na oortreders.
Hoekom mag net 2 persone in n gewone privaat motor ry wat in elk geval onder 1 dak bly terwyl taxis propvol gelaai word met mense uit enige gebied?

Oom Hennie Pennie ·

Ek wil nie meer kommentaar lewer nie want ek raak net KWAAD en dis nie goed vir ‘n ou man se bloeddruk nie.

marthie ·

Hoekom mag ons nie op strand loop nie daar is geen mense nie strand baie stil. Want daar’s baie mense wat amper op strand bly . Net ‘n rukkie op strand te stap met masker

Rina ·

Dis wat ek al lankal sê en ek weet daar is baie wat saamstem.
Te veel dubbelsinnighede en te veel dubbel standaarde!

Kan mens nie die regering onder level 5 lockdown plaas en hulle verbied wat ons verbied is die laaste tyd nie? Die publiek wat gehoorsaam was, is nou keelvol vir die reëls wat net vir sekeres geld en nie vir ander nie. Dit gaan nie meer bevegting van die virus nie, dit gaan oor magsbeheptheid! Meeste van hulle is ook oor 60 en mag nie werk volgende die risiko lys nie!

Daar kan mos ‘n beperking in haarsalonne en ander salonne ook wees? Asook in koffie winkels en restaurante?

Dis die “nuwe normaal”! Raak gewooond daaraan, dra jou masker, gaan voort met jou lewe, maar wees versigtig.

Dié mense wat ook nie wil hoor nie en soos sardientjies in ‘n blik op mekaar wil staan, moet maar die gevolge dra.

Kan ons nou asseblief met ons lewens aangaan? Ons weet wat om te doen en wat om nie te doen nie!

PH ·

Nou mag ek nie my voorgeskrewe hartpille in die naburige distrik gaan haal nie. Die distrik waarin ek bly en die distrik waarmy voorskrif ingehandig was, is altwee hotspots.

Daar is geen permit wat voorsiening maak daarvoor om medisyne te kollekteer nie

Douw ·

Daar is basies 4 idiotiese politieke narre wat n hele volk aan die neus rondsleep!! Dit het tyd geword dat die Vryheidsheidsfront en DA hande vat met Solidariteit en Afriforum en hierdie individue op n dringende basis op hul plek sit!! Terwyl daar nog iets soos n “rule of law” in hierdie deurmekaar landjie bestaan. “Eendracht maak nog steeds macht”!!!!! Moet net nie vergeet dat “Dr” Zuma en Gesiggie” (ek bedoel Malema) in dieselfde bed slaap nie!!!!

Drikie ·

Ek verstaan ookk nie die regulasies nie. Jy mag oefen en kerk toe gaan en so aan , maar jy sal glad nie mooi lyk nie en solank jy nie rook nie dan is die ANC regering Happy. Jammer gaan my kop te bowe

Amatambo ·

Die hele “boks-en-daais” wat oor die algemeen as ANC bestempel word se koppe is onduidelik en irrasioneel – soos my ou koshuismaat dit baie jare as volg uitgedruk het: “MY OUMA Sê DIT GAAN VAN BED NA WORS…” (From bad to worse) en ek stem volkome met haar ouma saam – in my opinie dink CR en sy gevolg dat hulle meer alwetend as al die professors en ander spesialiste is – veral NDZ en Pillay is sprekende voorbeelde hiervan – o – en vergeet tog asseblief NIE ons “slim” minister van gesondheid nie… g’n spesialis kan hom oortuig van ander opsies nie….

Alleen Wolf ·

Wat is oefening toegelaat tussen 06h00 en 18h00 anders as ‘n aandklok reel? die winkels is reeds lankal toe teen 18h00 en jy mag uitgaan vir mediese redes, so in effek is die aandklok reel verleng.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.