Vlak 3: Dié nasionale parke nou oop

Golden Gate Highlands-nasionale park (Foto: Dolly Mridoz‎/Facebook)

Slegs ʼn beperkte aantal van SANParke se nasionale parke is gedurende vlak 3 van die afsonderingstydperk oop vir die publiek.

Albi Modise, woordvoerder van SANParke, het in ʼn verklaring gesê slegs Golden Gate Highlands-nasionale park in die Vrystaat en dele van die Tuinroete en Tafelberg Nasionale Park in die Wes-Kaap, met die uitsondering van Boulders-strand en Kaappunt, is in dié stadium oop.

Maroela Media het vroeër berig Suid-Afrikaners mag staptogte onderneem gedurende vlak 3 van die afsonderingstydperk. Staptogte was gedurende die vroeër vlakke van afsondering verban.

Private en openbare wildreservate mag ook gedurende vlak 3 van die afsonderingstydperk heropen, hoewel besoekers hulle voertuie self sal moet bestuur om wild te besigtig.

Geen wildbesigtigingstoere word gedurende vlak 3 toegelaat nie.

Besoekers mag ook slegs wildreservate in die betrokke provinsie waar hulle hulself tans bevind besoek, aangesien reis tussen provinsies vir ontspanningsdoeleindes nie gedurende vlak 3 toegelaat word nie.

Volgens Modise sal die minister van omgewingsake, bosbou en visserye mettertyd inligting oor die heropening van ander parke in ’n verklaring bekend maak.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

koos10 ·

So nou mag 1000de mense met hulle eie motors na die parke in hulle provinsie ry en daar gaan ontspan, en in die natuur gaan stap en berg klim. Daar mag hulle fasiliteite deel, bergklim toerusting deel en oppad daarheen alle geriewe op die pad deel, maar ek die roker mag nie ‘n pakkie sigarette koop en in my eie huis rook nie, vir ingeval ek dit met iemand gaan deel.
Mag my klein kinders nooit eendag sê: “Wat de ………..” nie.

Amanda ·

Ja, een oomblik mag ons sigarette koop dan weer nie koop nie……dan mag jy visvang dan mag jy weer nie visvang nie. Ha ha ha , weet die regering wat hulle doen? Na aanleiding van bo-genoemde lyk dit nie of hulle weet wat hulle doen of nie…….

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.