Vlak 3: Jag, visvang nou toegelaat

(Foto: pixabay)

Regulasies wat die afgelope week in die Staatskoerant gepubliseer is laat nou toe dat Suid-Afrikaners op vlak 3 van afsondering mag visvang en jag. Wildveilings mag ook plaasvind, mits aan die nodige gesondheidsmaatreëls voldoen word.

Regulasies wat Vrydag deur die departement van omgewing, bosbou en visserye gepubliseer is, bepaal dat die meeste soorte visvang, ook vir ontspanningsdoeleindes, nou toegelaat word. Dit is egter nie van toepassing op diepseevisvang nie.

Mense wat vir ontspanning visvang moet in besit wees van ʼn geldige permit wat by die poskantoor verkry kan word. Visvang vir ontspanningsdoeleindes mag nie in groepe plaasvind nie en vissers moet al die betrokke veiligheid -en gesondheidsmaatreëls, soos die dra van maskers en die handhaaf van sosiale afstande, toepas.

Die regulasies wat van toepassing was op beroepsvissers op vlak 4 van afsondering is steeds van krag.

Afsonderlike regulasies, wat ook Vrydag gepubliseer is, bepaal dat jag en die uitdun van wild ook nou mag plaasvind, mits jagters oor die toepaslike jagpermitte beskik. Dit is ook van toepassing op professionele jagters. Wildveilings word ook toegelaat en die verskuiwing en vervoer van lewende of dooie diere mag ook oor provinsiale en munisipale grense geskied, mits die persoon oor die toepaslike permit beskik. Al dié aktiwiteite moet ook voldoen aan die nodige veiligheid- en gesondheidsmaatreëls om die verspreiding van Covid-19 te voorkom. Wild mag ook in- en uitgevoer word.

Jagters kan hier aansoek doen om die nodige permitte.

Die bepalings is onmiddellik van krag en geld vir die duur van vlak 3 van afsondering.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

12 Kommentare

Michael ·

Ek sien jy mag nie op die diepsee vis vang nie seker bang die virus wag jou daar verweg in.

Snowball ·

Minder mense op ‘n boot as in ‘n supermark, maar logika ontbreek weer soos gewoonlik, daarom weer onsinnige beperkings. Of dalk word die waters oopgehou vir die Chinese stropers….

JohanR ·

Agh Dankie President Nkosazana Dlamini-Zuma! Ek het nie ‘n jag geweer, of ‘n visstok nie, maar ek gaan dadelik sien of ek die kan aanskaf, sodat ek ‘n buffel kan gaan skiet, en ‘n haai gaan vang. In die tussentyd het ek van die naaste familie wat in Johannesburg woon, laas op die 25ste Maart gesien. Nou ou Doekkop, hoekom wil ek gaan jag en visvang!

JohanR ·

President Nkosazana Dlamini-Zuma is giving upmost thought to your request, and will allow Prime Minister Cyril Ramaphosa to comment soonest. She does advise though, that two people must not “grou” together!

Hennie J ·

Beteken dit dat daar weer jag/s naweke gereel kan word met kopdoek se seenwense, maar sonder rookgoed?

Boerkind ·

Dieselfde vraag gevra, maar kort-kort verwyder MM my kommentaar of plaas dit net nie…. Mmmm…

marius ·

Permit by die poskatoor is van toepassing op see en marine verwante hengel . Dit sluit gety mondings in . Dit is NIE geldig vir varswater hengel nie . Hierdie mense het geen idee wat hulle doen nie !

Anoniem ·

Ek mag met my visstok gaan visvang maar mag ek met my motor ry tot by die see (Al is die see +- 200 Kilos ver???)

Corne123 ·

Ek wonder of kopdoek gaan toelaat dat mens rontes en aas gaan mag koop

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.