Vlak 3 nie streng genoeg nie, sê medici

(Argieffoto: Facebook)

Die skuif na vlak 3 sal nie eintlik ʼn impak hê op die stygende getal Covid-19-gevalle in die land nie en meer moet gedoen word om die land se sukkelende gesondheidsorgstelsel te help om die toeloop te kan beheer.

Só sê die Suid-Afrikaanse Mediese Vereniging (Sama) wat meen dat strenger maatreëls vereis word, veral in ʼn tyd waar die infeksiekoers hoër is as ooit tevore, en dat hospitale en medici nie die druk kan hanteer nie.

Pres. Cyril Ramaphosa het Dinsdagaand afgekondig dat Suid-Afrika weer terugskuif na vlak 3 van die afsonderingsregulasies weens ʼn skerp styging in die getal daaglikse gevalle.

“Die beperkings laat steeds te veel ruimte vir sosiale interaksie wat ons weet plaasvind sonder behoorlike voorsorgmaatreëls,” sê dr Angelique Coetzee, voorsitter van Sama. “Terselfdertyd is ons privaat en staatshospitale op kapasiteit en hulpbronne word tot ʼn maksimum gestrek. Sonder behoorlike, doeltreffende en beslissende maatreëls om die verspreiding van Covid-19 te beperk gaan ons infeksiekoers en sterftesyfer net verder styg.”

Coetzee sê skole is boonop ook steeds oop, reis word toegelaat en openbare vervoer kan normaalweg voortgaan. “Dit moes nie toegelaat geword het nie,” het sy gesê.

“Niks beduidend het verander nie. Die strenger aandklokreël en beperkings op alkoholverkope sal slegs beteken dat mense hul gedrag verander om aan te pas by dié beperkings. Dit sal nie eintlik ʼn impak hê op hul daaglikse roetine nie. Dit is waar die beperkings se teiken eintlik moes lê.”

Coetzee sê gesondheidsorgwerkers landswyd moet geloof word vir hul onverbiddelike toewyding om na hul pasiënte om te sien.

“Gesondheidsorgwerkers druk hulself tot die limiet om na hul pasiënte om te sien, maar ons regering moet vir hulle ook ondersteuning gee deur nie toe te laat dat hierdie derde golf buite beheer raak nie. Ons verstaan die implikasie van strenger maatreëls, maar dit moet ingestel word in belang van die land se veiligheid.”

Sy sê die publiek moet ook verantwoordelik optree om die styging in daaglikse gevalle te minimaliseer.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

90 Kommentare

Strandloper ·

Nê? So die hele wereld is dan verkeerd met die inperking benadering? Wat stel jy voor? Ek brand om te weet.

MakersMark ·

Nee dit sal nie. En maak jou maar reg vir vlak vier want meeste SA’NERS luister nie altyd ‘n jammer storie of ‘n slim storie. En dan kerm hul oor die gevolge.

Cherokee ·

Jy Johan en jou duimoppers, bly in gebreke om die Strandloper ‘n ordentlike alternatief voor te stel.

Persheks Adri ·

Nou sê vir die taxi’s hulle moet by die huis bly en nie mense vervoer nie dis die grootste sondebokke met toe vensters en geen reëls word na gekom nie boonop veroorsaak hulle meer ongelukke en vat beddens waar Covid pasiënte eerder gehelp kon word!

Deon ·

Het jy al gesien enige plek in die nuus waar hulle se dat n klompie mense dit in die taxis gekry het? Nogals vreemd ne?

Karel Kobus Kruger ·

As die taxi’s tuis moet bly kom die hele ekonomie tot stilstand. Jip, die winkelrakke sal binne n paar dae leeg wees, want geen fabrieke sal arbeid hê nie. Geen produkte sal vervoer kan word nie, want die trok bestuurders kan nie met n taxi by die werk kom nie. Geen petrol nie, want die petroljoggie kan ook nie met n taxi ry nie. Geen kos nie, geen medisyne nie. Of jy van hulle hou of nie, hulle verrig n noodsaaklike diens. Almal se hande is nodig om die land aan die gang te hou. Persoonlik het ek nie n pyn met taxi’s nie.

marius ·

Vertel vir ons waarom mense wat die entsof ontvang het ingeperk word ?

Deon ·

Baie goeie vraag…. Onthou hulle se dat die entstof net die simptome aansienlik ligter maak en dus blykbaar jou kanse op sterf verminder maar nie verhoed.

JM ·

Ek sien gereeld hoe mense doodeenvoudig die Covid-protokol ignoreer, deur sonder maskers rond te beweeg en nie die vereiste afstand toe te pas nie. Solank hierdie traak-my-nie-agtige houding gehandhaaf word, sal die Covid-getalle aanhou styg. Strenger inperking gaan nie help nie, strenger wetstoepassing wel. Laasgenoemde ontbreek jammerlik.

Maggies ·

Ek het vandag ‘n paar videos ontvang van bv. die sardyne vangs. Honderde mense wat styf teenmekaar maal… maar géén maskers nie. Alle nasionaliteite. Oor twee weke styg die koers nog meer.

Madelein ·

Die maskers stop nie die virus nie. Niks stop ‘n virus nie en dan is dit boonop ‘n ‘gain of function’ virus. Hoekom word medisyne wat kan help geblok en nie wyd versprei nie? Hoekom kan net die regering die inentings invoer? Ongelukkig is hierde 3rde wave ‘n resultaat van onbeholpenheid en korrupsie.

Jan ·

Daar is geen bewys dat die protokolle enige waarde het nie, eerder wel afbrekend-negatief.

MakersMark ·

Regtig. Waarom het vlaag een en twee afgeneem na strenger maatreëls ingestel is ? Of jy kan redeneer waarom het vlaag 2 ontstaan toe maatreëls afgestel is, selfde vir vlaag 3 huidiglik in wording?

Samuel ·

Waarom volg die regering nie die goeie raad van medici nie? Het hulle ons belange op die hart?

Fritz ·

As jy dink die virus hou n groot risiko in vir jou, is daar niks wat jou verhoed om jouself 24/7/365 in jou huis toe te sluit nie. Niemand verplig jou om tussen ander mense te wees nie. Elke mens moet self verantwoordelikheid neem. Of verwag party mense die regering moet ALLES vir hulle doen?

Boerkind ·

100% waar – laat die wat wil wegkruip en verdwyn dit vir eens en altyd doen. Hoe op glo wat sekere medici sê en wees versigtig wat die media en regering sê. Hoe lank wil die onnatuurlike situasie nog lewend gehou word?

Madelein ·

Te veel mense is te blind om die ‘Great Reset’ raak te sien.

Dirk Mostert ·

Bly om te sien nog iemand weet van die globale agenda.

Johan ·

Nou praat jy Frits! Los ons en ons KINDERS uit man. Genoeg is genoeg!

Vlooitjie ·

Net so, as jy agter jou masker wil wegkruip maak so, dan kan die slim virus wat jou ook nie sonder jou masker aanval waar jy sit by restaurant tafel, jou mos nie siek maak nie. As jul so voluit glo maskers keer die virus en saniteerder en om ver van mekaar af te distansieer, en jy doen dit als dan is jy mos okay tussen die wat verkies om aan te gaan met life soos dit behoort te wees. Ek boost my imuun stelsel , ek eet gesond, ek oefen en ek sal Ivermektien gebruik as dit nodig is en intussen sal ek ook erken oor 3 jaar van nou af as ek verkeerd was oor als, maar intussen kies ek om entstof vry te wees. Gaan lees net bietjie wyer, is al wat ek sê, jy kan nog steeds glo wat jy wil op die ou end, maar 1+1 maak nie 2 vir my op die stadium nie.

Boerkind ·

Snert – net nog fear porn! Ek dink nie dit is ‘n eerlike opskrif om “Medici” te gebruik net omdat Dr. Coetzee aan die woord is nie – daar is ‘n wolk van ander medici wat nie met haar saamstem nie. Het vlak 5 gehelp? Hoe lank moet die ekonomie nog gebukkend gaan onder die chaos? Is die herstelkoers nie 95%+ nie? Mik Sama dalk na verpligte inentings en vlak 5 en die dra van maskers? Los die publiek om “herd” immuniteit te bou en versprei die waarheid oor goedkoop bewese middels soos Ivermektien. Los skole uit om self te bepaal wat hulle situasie is – soos dit nou is, het skoliere al geweldige agterstande … en hulle dra mos reeds voldag maskers en volg distansiering – of is dit ook bog? Hoe lank gaan die dooie perd nog geslaan word.

Deon ·

Lyk asof die dooie perd geslaan gaan word tot hy loop as ek die dinge so bekyk wat aangaan.

Swanies ·

Meer as 20 skole is reeds gesluit in Gauteng in die laaste week. Sommige skole het meer as 5 onnies en 9 leerders wat in ‘n week positief getoets is, maar word nie gesluit nie – ook nie ‘gedeep clean’ nie. Dubbel standaarde agv hoofde en Dep v Gesondheid. Wag ons dan nou maar dat ons kinders eers bitter siek word en nog meer onderwysers sterf? Wat van die “agterstand” van hierdie skole wat wel gesluit het? By soveel skole wat oop is kan daar juis nie met normale onderrig voortgegaan word nie, omdat daar te veel onderwysers of kinders afwesig is.

Anel ·

Het kinders en onderwysers nie maar ook in die winter siek geword so 2 jaar terug nie? Vra maar net. Ek dink daar was meer afwesig gewees as nou. Maar nou is almal mos paranoïes.

Swanies ·

Nee gits. Twee jaar terug is daar nie naastenby so baie onderwysers afwesig nie – en beslis nie so baie dood nie.

Henri ·

Ek wens ek het die geld of tyd gehad om my te kon steur aan dr Angelique Coetzee se “goeie raad”. Angs, depressie en spanning as gevolg van verlaging aan inkomste en werksverlies het ‘n enorme impak op mense se psige en daaroor is geen berigewing nie. As jy die mareriële middele het om te gaan afsonder en jy glo dit sal werk, gaan doen dit dan. Hoekom moet jy luister na die regering of die medici om dit self te gaan doen?

Robert ·

Sy praat beslis nie namens almal wat werk en besighede verloor het nie.

cynthia ·

Ek stem saam. Sy sukkel nie om werk te kry nie. Sy sit nie met mense wat selfmoord gedagtes het en wat aan depressie ly as gevolg van werk wat hulle verloor het nie. Maak my sommer die dinges in

Karel Kobus Kruger ·

Party mense verwag die regering moet hulle heeltyd beskerm.
Beskerm teen covid.
Beskerm teen ongesonde kos wat diabetes en hartkwale veroorsaak.
Beskerm teen alkohol en dwelms.
Binnekort gaan hulle seker die regering vir hul mislukte huwelike en rebelse kinders ook blameer.
Geen wil om vir hulself te sorg nie.
Die regering is nie jou ma en pa nie. Krap jou eie potjie.

Kirst ·

Jy slaan die spyker op die kop. Die NP het dit begin en die ANC het dit vervolmaak om mense skape te maak wat bakhand sit en al hulle mislukkings en persoonlike tekortkominge op iemand anders (suksesvolle mense en die regering) blameer. Ons gaan nie uit hierdie gat kom wat ons regering gegrawe het nie, en een of ander tyd gaan dit toe val en dan is ons almal begrawe.

Dries ·

Mallema en sy kaders gaan in elk geval alle regulasies verontagsaam ,het hy vandag rondborstig verklaar. Hy daag Ramaphosa uit om hulle in die tronk te stop. Gogga kry dit reg om die baba bang te maak. Patetiese regering

Nie Verbaas ·

Die sukkelende gesondheidsorgstelsel se huidige toestand is as gevolg van ANC se beleid. N land wat reeds oor die afgrond is kan nie bekostig om strenger regulasies in te stel nie. Die land se skuld is alreeds meer as R500mil per dag.

Jannie van Niekerk ·

Al hierdie spul wat so tekere gaan dat ons terug moet gaan na Vlak 5 toe kry elke maand ‘n helse groot salaris, Dr Csoetzee en haar trawante moet sonder salaris werk indien daar na vlak 5 toe terug gegaan word. Daar is groter tragdeie as 3 miljoen mense hulle werk verloor, want dit het ‘n invloed op 12 miljoen mense aangesien elke werknemer ten minste twee tot drie afhanklikes het. En ja COVIOD is erg, ek het self dit aan my bas gevoel met vriende en familie wat daaraan dood is MAAR gemeet aan die hoeveelheid mense wat aan Covid verwante siektes dood is aan een kant en werksverliese aan die ander kant is die persentasie wat werkloosheid teweeg gebrin g het baie erger as die persentasie Covid verwante sterftes.

Debbie ·

Ek stem saam. Die inperkings nou beteken niks, gaan nie die infeksies verminder nie

Bushy ·

Se eerder vir one watse voorbereidings het julle medici gedoen oor die laaste 1 en half Jaar. Niks! Absoluut niks behalwe om geld te maak. Geen ekstra voorbereidings gedoen nie, niks, so worry eerder daaroor en lewer kommentaar daaroor.

Nico ·

Hoekom is die gesondsheids toelaag verminder en dan word SAL gehelp. Die polisie moet die shebeens meer besoek en hulle werk doen, daar is nog te veel wat sonder maskers rondloop. In Duitsland werk dit so, wanneer jy ‘n klere winkel, hardeware winkel wil besoek moet jy eers ‘n Covit 19 toets doen, hier by ons werk dit nie so nie. ek was nou die dag by die OPD van ‘n hospitaal daar is afstand tussen die pasiente nie, Dr. Coetzee en haar span moet ook die afdeling in die hospitaal besoek en gaan kyk hoe lyk dit daar. Dr. Coetzee en haar span moenie al die mense en besighede benadeel nie, doen jou navorsing beter.

VaalDonkie ·

Medici moet sonder ‘n salaris by die huis loop sit, dan vra ons hulle weer.

Hannes ·

Die stelsel sukkel al die laaste 20 jaar, ad hulle dit nie kon regmaak vior covid nie, hoe gaan hulle dit gedurende covid uitsorteer

VaalDonkie ·

Mense wat hulle werk verloor moet by dr Coetzee gaan aanklop vir “Covid relief”. Ek het laasjaar R200 000 in my kind se spaarrekening gehad waarmee ek eendag vir haar studies sou betaal. Daar is nou R45 000 oor want ek moet haar oupa en ouma se huur betaal want hulle mag vir maande lank nie gewerk het nie. Dit bo-op die feit dat ek haar ander ouma se huur ook al vir ‘n jaar lank betaal. Hierdie winter gaan daar ‘n paar moelike besluite gemaak moet word as ons weer gaan by die huis moet bly.

Dirk Mostert ·

En die rentekoers wat drasties verminder is tref die wat van rente afhanklik is.

VaalDonkie ·

Moenie eers praat daarvan nie. Al wat lekker fluks groei is die prys van kos en klere.

Francois Le Cochon ·

Vaaldonkie, vat jou R45,000 en koop so gou as moontlik Pepkor, Mr Price en Transaction Capital aandele.

VaalDonkie ·

R40 000 daarvan was wins wat ek uit EOH gemaak het. Ek is nie stupid nie.

Chantel ·

Ja ja… die storie bly dieselfde. Ons land kan geen ander vlak van inperking oorleef nie. Dit ‘n jammerte, maar ongelukkig is die harde werklikheid. So ek vra weer vir hierdie mense wat galbraak oor dat die gesondheidsdienste dit nie kan maak nie, gaan ons dan laat ons landsmense doodgaan van die honger eerder?

johan ·

Wat ek nie verstaan is dat drankwinkels sekere dae moet toe wees Maar tavernes en drink plekke waar die grootste probleem is bly oop tot nege uur in die aand elke dag. Kan iemand my asb verduidelik, meskien is ek te dom om te verstaan.

Vicky ·

Johan,dit gaan mý verstand ook tebowe…So jy kan maar in ñ bar gaan sit en drink ipv by jou huis…Dronk bestuur solank dit net voor 22:00 in die aand is. Hoe hulle dink sal geen mens verstaan nie,gèèn logika agter hulle “denke” nie.

Deon ·

Domgeit kan nie verstaan word nie, dit is die dat ons te dom voel om te verstaan

Hennie ·

Gee vir pasiënte Ivermectin, disprin, en stuur hulle huis toe! Die regering gee panado en stuur mense al 27 jaar lank terug huis toe. Wat is nou anders? O ja, net voor julle klip wil gooi, ek het COVID onder lede en Ivermectin, 12mg per dag het my gehelp. Geen hospitalisasie nie, twee dae en ek kon aangaan met my lewe…in afsondering natuurlik!

john ·

Dis snert statisties het jy n groter kans om deur n metioriet getref te word dan te sterf deur covid bring alles terug naar normaal. Ek het verskeie medicie vriende nie een van hulle is voor die lockdown nie maar kan nie in die openbaar dit se nie.

Francois Le Cochon ·

Die antwoord op jou vraag kan jy kry in Spreuke 18:2 en 23:9.

Fritz ·

En lees Gen. 4:9 om te sien hoekom ek my so min as moontlik aan die regulasies steur en ook nie ingeënt wil word nie.

VaalDonkie ·

Hulle is seker besig om tot Mandela te bid en vir Oliver Tambo te vra om hulle lekker pittige opmerkings te gee om ons hier ‘n les te kom leer.

MakersMark ·

“Never argue with an idiot they will drag you down to their level and beat you with experience” – Mark Twain. As jy weet wie hy was …..

Mienie ·

Mense daar is medikasie vir die behandeling van Covid. Bly asb weg van hierdie vaccine. Doen jul eie ondersoek. Liefde, sterkte en sëen vir almal

Pieter ·

Ek dra so min moontlik ‘n masker, ignoreer die reëls waar ek kan, ek het ten minste “common sense”. Dit is vir my baie belangriker om vars lug in-en-uit te asem en my longe skoon te hou. Die wat maskers dra se maskers beskerm hulle, ek is geensins verantwoordelik vir ander se gesondheid nie, net my gesin sin.

Anel ·

Ek ook. So bou jou liggaam imuniteit ook op. Mense wat heeldag masker dra en 1000 per dag hande was, gaan van die geringste gogga siek word. Hulle liggame skrik so groot vir die kiem en dan wonder hulle hoekom word hulle siek. Paranoia en vrees maak ook mense dood. Maar bowenal, hoeveel mense gaan nou dood van honger agv werkloosheid, en afgetakelde liggame? Depresie en selfdood? Hoeveel mense sterf in hospitale en hoeveel by die huis? As jy siek voel, KLIM IN DIE BED, MOENNIE JOU LAAT TOETS OF HOSPITAAL TOE GAAN NIE. J y teken jou eie doodsvonnis.!!!!

VaalDonkie ·

Die masker is eintlik maar net vir as jy alreeds COVID het sodat jy dit nie versprei nie. maar selfs dan weet ek ook nie of dit rerig werk nie. Ek dra hom maar want ek wil nie gearresteer word nie, en ek wil ook nie he die eienaar van die besigheid waarin ek op daai stadium is, moet in die moeilikheid kom nie. Maar dis ook maar al. Ek is nie soos daai tannies wat hom in die kar dra nie.

Krummels ·

Maak die inperking streng – ruk taxis aan hul bekke vir eens en sluit eers weer die skole! Slegs essentieel èn alle ernstige werknemers van maatskappy kan werk òf aanlyn – die res moet ingeperk word en slegs uit beweeg vir absolute noodsaaklikheid. Ruk dai maskerloses aan die bek. Ekself glo nie die maskers werk nie, maar beter om vir kort tyr daarmee uit te beweeg. Dis uiters ongesond om permanent jou eie asem weer in te asem.

Piet parys ·

So jy werk vir die regering want dit is al mense wat vol betaal word met jou uitgangspunt of sit jy heeldag by jou laptop en die snert uitdink

KhoiKhoi ·

Die probleem lê geensins by die vlak van inperkings nie maar herder by polisiering van bestaaande Blake.
Kyk maar na die “townships”.
Die polisie is nêrens te sien nie.
Daar is geen klokreël nie – terloops oral in Johannesburg is daar nog beweging na die tyd.
Drankplekke wemel nog.
Ek persoonlik glo dat eerder ‘n beperking op die hoeveelheid drank wat iemand kan koop moet wees.
Dat as daar oortreding by shebeens is, hul lisensies ingetrek moet word, die eienaars toegesluit moet word.
Maar nou ja

Michael ·

Die probleem is dat die vrees waarmee mense oorweldig word veroorsaak dat byna elke persoon wat nou hoes,proes of nies of wie se neus loop of wie se lyf seer is, of wie ‘n hoofpyn kry GLO hy/sy het Covid. Die afgelope eeue sou dieselfde mense net by die kliniek of apteek of supermark ‘n griep of verkoue medisyne gaan koop het en ‘n paar dae later is als weer reg. Nou hardloop mense hospitale en dokters toe en daar word die vrees verder gedryf want nou moet hulle opgeneem word want hulle het waarskynlik Covid, terwyl die meerderheid in werklikheid net het wat hulle die afgelope jare gedurende hierdie tyd van die jaar gekry het. Gee die dokters wat vir hulself dink die vryheid om te praat oor hierdie saak en stop die bangmakery. Die dokters wat so pro-Covid is, is blote voorskrifskrywers wat nou finansieel floreer tewyl hul wil betoog dat die res van die volk tuis moet bly en verarm

MakersMark ·

Meeste mense hier kerm oor inperkings want dit raak hul sakke. Weer die geldgod en dan kerm hul terwyl hul agter hul selfoon skerms sit en grootmeneer speel. As geld so pla kry ‘n ander inkomste of hou op snert praat oor CV19 dit sal lugtyd koste verminder. Dink bietjie verder aan mense wat vandag ICU toe is wat vir 7 dae nie hul families sien nie en in ‘n body bag uitkom. Dink aan verpleeg personeel wat tot 18 ure ‘n dag met bang en sterwende mense werk. Of dink aan die wat so arm is dat hul nie ‘n selfoon kan bekostig om oor te kerm oor geld wat hul nie het nie. Wat word vir hulle gedoen ?

Fritz ·

As jy sê die mense wat kla, moet n ander werk kry, dan kan die mediese personeel wat bang is mos ook n ander werk kry. Of hoe?

MakersMark ·

Meeste mense wat in die mediese veld se werk is vir hulle ‘n beroep, iets waarin hul gespesialiseer het. Hemel maar dis erger as ek gedink het……

Karel Kobus Kruger ·

Party van die mense vir wie jy sê om n ander werk te kry het ook gespesialiseer. Dis inderdaad erger as wat ek ook gedink het ou Schalk.

Henri ·

Ek neem aan jou sakke het genoeg geld. Weet jy hoe dit voel om maandeinde lone te betaal aan 35 mense terwyl jy nie eers weet hoe jy jouself moet betaal nie…

MakersMark ·

Ek stem Henri heeltemal. Dis terrible. As mens terugkyk in geskiedenis net vanaf 1914, 1 ste wêreld oorlog, spaanse griep (55 m dood), groot depressie, 2 de wêreld oorlog, koreanse oorlog, Vietnam oorlog, koue oorlog…..en dit is net tot 1970….daar is globale gebeure wat uit ons beheer is maak nie saak wie se sakke is vol nie. Die toon en trant van die gekerm hier asook die blaam vir finansieele gevolge van ‘n globale gebeurtenis buite mense se beheer herhinner net somtyds aan stout kinders wat weier om by die reëls te hou bietjie soos “cut your nose to spite your face”……

Cherokee ·

Lol Makersmark, ek het geglimlag vir jou pittige oorspronklike kommentaar, en sonder ‘n duim in enige rigting, met nog ‘n glimlag gedink, as jy nog een ‘s’ by jou noemnaam voeg, word dit….. MaskersMark..:-)))

Cecilia ·

More Almal

Wat my die meeste plan is die aantal kinders in skole wat covid positief is, en die onderwysers. ek dink rentig op die heidige oomblik dat die stole tenminste vir twee weke gesluit moet word om die bedemie onder die kinders en onderwesters te stop. die kinders is die land se toekomt maar as daar nie meer onderwysers is om onderig te gee nie ????? Almal is altijd net bevestig op restaurante en drank winkels.

GEDRINGEND AANDAG BIEKIE AAN DIE SKOLE EN ONDERWYSERS WAT ELKE DAG HUL LEWENS INGEVAAR SIT OM KINDERS TE ONDERIG ASB??? AGRIFORMIM WAAS JULLE?????

Josua ·

Ek het al n paar weke gelede al gesê dat mense invermectin saam vitamines moet gebruik ongeag of jy positief is of nie maar was toetaal geblok, daar is huidiglik meer as genoeg bewys dat dit beslis werk dit verhoed nie dat jy siek word nie maar verlig die simptome as jy wel positief getoes word. Ja daar is steeds mense oorlede wat wel invermectin gebruik het teen covid maar het dit tel laat begin gebruik daar is n uitstekende onderhoud wat Maroela Media self gevoer het met twee Dokters asook n lid van Afriforum en hulle het uitstekende inligting verskaf wat ek dink baie mense se lewe in SA kan red juis agv van onkunde net jamer ek het nie van die medikasie geweet geduurende Desember toe ek self en my vrou deur Covid plat getrek was nie, ek en my hele gesin gebruik dit tans en daarom is ek nie bang om weer siek te word nie, verloor ek dan my lewe sou ek weer siek word glo ek dit sou in elk geval gebeur het ongeag.

Retha ·

Ek en my man gebruik al van Desember af Ivermectine, as ons enigsins loop neus kry, drink ons elke 2de dag en rek dit dan weer stadig tot een maal per maand. Verder vra ons die Vader se genade oor ons gesondheid

Francois Le Cochon ·

@Retha. Met ander woorde, julle doen eintlik niks!

Anoniem ·

Belaglik. Almal weet daar word nie gehoor gegee nie en die Regering sal nooit die mede landsburger in toom kry/hou nie. Dit het net ons ekonomie is sy …………. gestuur en sukkelede maatskappye agter gelaat. Mense gaan gesond in Hospitale in en kom met Covid uit. Hoe verstaan jy dit? Agge nee dit is ‘n verlore stryd.

Margaret ·

Almal wat ek ken wat covid opgedoen het, het maskers gedra en hand reining gedoen en het weggebly van kuier plekke en mense. Behalwe om inkopies te doen. Lyk my dít help nie. Om mense heeltemal te vermy is die enigste veilige opsie. Hoop net mense sal sover menslik moontlik hulle interaksies beperk.

Francois Le Cochon ·

Dieselfde hier. Dit bewys net hoe aansteeklik is hierdie virus! Ons almal kan verspreiding tot ‘n mate beperk, maar ons het geen beheer om dit nie te kry nie.

Cecilia ·

Middag almal

Ek dink regtig van my kant af dat hulle die stole moet toemaak verteminste twee weke, daar is soveel skole wat die kinders positief is met covid en die onderwysers dis belaglik. Hulle moet ophou worry oordie restaurante en drank winkels en meer aandag gee aan ons kinders wat die toekoms is van ons land. Daar is van die skole wat net staat maak op n paar onderwysers en assistente want die ander is by die huis positief met covid 19..

ASB AGRIFORM WAAR IS JULLE KYK NA ONS KINDERS EN ONDERWYSERS HULLE IS ONS TOEKOMS???????????????

Francois Le Cochon ·

Nie een van die twee nie. Dit suggestie is dat dit net sekere simtome verlig.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.