Pres. Cyril Ramaphosa het Sondagaand aangekondig dat Suid-Afrika vanaf Maandag na ’n aangepaste vlak 4 van afsondering skuif weens ’n skerp toename in Covid-19-gevalle en die teenwoordigheid van die hoogs aansteeklike Delta-variant.
Dié vlak sal vir die volgende 14 dae geld en behels heelwat strenger afsonderingsregulasies, waaronder nóg ’n verbod op die verkoop van alkohol en ’n verbod op alle byeenkomste. Die land se skole moet ook vroeër vir die wintervakansie sluit terwyl reise na en van Gauteng beperk word.
Die volgende maatreëls geld tot Sondag 11 Julie:
- Die verkoop van alkohol word verbied om die druk op die land se gesondheidstelsel te verlig.
- Alle byeenkomste – binnenshuis óf buitenshuis – word verbied. Dit sluit in godsdienstige, sosiale, politieke en kulturele byeenkomste.
- Begrafnisse word beperk tot 50 roubeklaers. Nagwake en byeenkomste voor en ná begrafnisse word steeds nie toegelaat nie.
- Strande en parke bly oop hoewel geen byeenkomste hiér toegelaat sal word nie.
- Die landwye aandklokreël geld nou van 21:00 saans tot 04:00 soggens. Alle nie-noodsaaklike instellings, waaronder restaurante, kroeë en gimnasiums, moet teen 20:00 sluit om te verseker dat personeel en klante voor die aandklokreël tuis is.
- Restaurante mag slegs etes vir wegneem of aflewering bedien.
- Alle reise vir ontspanningsdoeleindes na en van Gauteng word verbied. Dit sluit nie sakereis, kommersiële reis of die vervoer van goedere in nie. Diegene wat tans nie tuis is nie en huiswaarts moet keer, sal toegelaat word om dit te doen.
- Geen besoeke aan aftree- of versorgingsoorde word toegelaat nie.
- Alle skole moet vanaf Woensdag begin sluit en alle skole moet teen Vrydag gesluit wees.
- Alle kontakklasse by tersiëre instellings sal Woensdag eindig met beperkte toegang tot instansies. Koshuise sal egter oopbly.
- Die dra van maskers in die openbaar is steeds verpligtend. Diegene wat nie ’n masker dra wat die mond en neus bedek nie, begaan volgens Ramaphosa ’n strafregtelike oortreding.
“Die maatreëls is ontwerp om soveel moontlik ekonomiese aktiwiteit sover moontlik voort te sit, terwyl die verspreiding van die virus beperk word,” het die president verduidelik.
Die sogenaamde Delta-variant, wat aanvanklik in Indië opgemerk is, is nou in vyf van die land se nege provinsies, waaronder die Oos-Kaap, die Vrystaat, Gauteng, KwaZulu-Natal en die Wes-Kaap.
Maroela Media het vroeër berig Gauteng dryf tans die Covid-19-pandemie in Suid-Afrika met ’n skerp toename in Covid-19-gevalle in elke streek van dié provinsie.
Ramaphosa het gesê 830 bykomende hospitaalbeddens is in Gauteng beskikbaar gestel deur alle elektiewe chirurgie uit te stel terwyl nog 400 beddens bekom word.
Die Solidarity Fund het intussen R16 miljoen beskikbaar gestel om die werwing en plasing van bykomende verpleegsters in Gautengse hospitale beskikbaar te stel.
Ten spyte daarvan dat inperkings nog nerens ter wêreld meer voor- as nadele meegebring het nie en dat die land se regulasies meer as ‘n jaar gelede deur die hof ongrondwetlik en ongeldig verklaar is, gaan die regering voort met hul vernietigende, magsbehepte optrede.
Eerder dit as om siek te word. Gelukkig is daar mense wat graag lewendig wil bly.
En daar is die van ons wat nie van honger wil sterf nie. Die ekonomie is dood agv inperkings.
Australië en NZ maak ‘n klug van jou stelling .
Australia en NZ het egter n bruikbare weeklikse toelae vir inwoners voorsien terwyl ons regering net plunder en verwoes. Geen vergelyking tussen die lande en Suid Afrika nie. In Australia dra hulle op die oomblik nie eers meer maskers nie. Dit te danke aan effektiewe hantering en optrede van regering.
Australie begin weer getalle wys. Daar maak hulle sommer alles baie vinnig toe en moet jy in jou huis bly.
Ons het nie die luxury om leefbare toelae vir almal te betaal nie (korrupsie of nie) so ons situasie gaan ‘n “balancing act” wees tussens virus bestry en die ekonomie aan die gang te hou. Dis nie maklik nie.
Ja nee Jan, Los die mense dat hulle party, kuier en mekaar aansteek en siek word. Ongelukkig hoor ons uurliks by ons beheer kamer hoe mense roep vir hulp terwyl ‘n geliefde nie kan asem haal. Ry ons patrollie dan sien ons die meeste mense se onverskillige en selfsugtige oortreding van die masker en sosiale distansie reëls. Die reëls is nodig want baie voel mos f%k%l vir ander.
Die probleem met die reëls Johnny is dat die mense wat nou die reëls breek hulle ook nie nakom met strenger inperkings nie, dit is ons wat dan daardeur benadeel word deur besighede wat hul deure sluit en mense wat inkomste verloor. As die basiese reëls wat wel ingestel is net beheer en afgedwing word in die areas waar dit so lekker gaan is vlak 4 nie nodig nie.
Heeltemal korrek Johnny !!!
So staan gemaak. Daar is nou maar geen salf aan sommige siele te smeer nie. Hoe kan jy ‘n stelling maak dat inperkings nie meer voordele as nadele meegebring het nie? The mind boggles.
Jy sien nou mos die houding van sommiges, geen wonder die land gaan down the drain nie. Hierdie mense moet maar net op ‘n manier benadeel word sodat hulle uiteindelik kan bykom. Beperk jou beweging as jy nie die inenting wil neem nie byvoorbeeld. Klaar gelag, maak dit Wet. Die wat nie wil saamwerk nie moet maar voel.
100 !!!!!
Ek hoop jy het al jou Pfizer gekry!
Ek kan Donderdag eers registreer. Op die vroegste op 15 Julie inenting kry. Hopelik is ek een van die eerstes wat kan gaan. Dalk maak hulle dit nog instap, dan kan ek dalk vroeer kry. Kan nie wag nie.
Wag tot iemand na aan jou sterf, dan praat ons weer.
And so, more lives and livelihoods are ruined…
Sad but true, but I don’t see any other remdie for the problem.
What do you suggest should be done, nothing?
Waarom word operasies uitgestel? Sjirurge se werk hoop op en pasiènte ly erg. Dit maak nie sin nie. Die probleme tydens die vorige vlak 4-verbod kom net weer terug; dieselfde gedrag met duisende mense wat saamdrom, drank wat deur dieselfde voortjies dribbel teen 5x die normale prys met groot betoog vir groter toelaes. Wat laat ons glo die gamma-variant is nie reeds oppad nie. Die prez weet dalk want hy praat soos ‘n ou dominee op ‘n staat se begrafnis.
En nog steeds is SA agter met d inentings?
So agv n useless regering moet d landsburgers nou gestraf word.
Die vaksiene is nie so volop beskikbaar soos jy wil voorgee nie. Hou in gedagte dat ons basies 10 miljoen dosisse moes weggee (Astrazeneca) wat nie gebruik kon word nie. Dit is so dat die inentings sover redelik stadig was maar probleem is ook as gevolg van mense wat nie hul samewerking wil gee nie. Dit is nou so dat sekere kategoriee voorrang geniet. Nou daag helfte wat kwalifiseer nie op nie so wie se skuld is dit nou? Dit sal vinnig gaan as dit heeltemal oopgestel word wat dalk weens ons mense se ongehoorsaamheid dalk nie ‘n slegte opsie is nie. Laat die wat dadelik die vaksiene wil kry gaan om die beskikbare voorraad te gebruik.
Wie se skuld is dit dat vaksiene nie beskikbaar is nie?
Daar’s ‘n tekort reg oor die wereld. Meeste lande wag vir aflewerings. Daar’s genoeg vaksiene beskikbaar vir die kategoriee wat tans kwalifiseer en word aangevul met bestellings. Dis ook nie asof jy net 80 miljoen kan bestel en dit word more afgelewer nie. In die eerste plek is net ‘n sekere hoeveelheid beskikbaar wat bestel kan word en dit word ook in fases afgelewer oor ‘n tydperk soos dit beskikbaar word.
Al kan die regering NIKS anders reg doen nie, hulle slaag daarin om die land se ekonomie op te neuk!!
Ek glo nie hulle het in hierdie geval enige ander keuse. Ongelukkig sien ek daagliks hoe onverskillig en traak-my-nie-agtig mense teenoor die dodelike pandemie is.
Die kroeë en restaurante glo ek is ‘n probleem maar ry jy in Soshanguve en Mamelodi in Pretoria dra niemand ‘n masker en die polisie doen niks omtrent dit nie.
Hulle moet die sambok weer toelaat. Wetter die klomp wat hulle gatte aan die reëls afvee.
Korrek .
Dit is nie skool koshuise wat oopbly nie. Baie universiteit studente het nie ander blyplek nie en woon permanent in die koshuis.
GOOGLE
Dr Shankara Chetty
100% suksesvol met die toediening van IVERMEKTIEN en ander medisyne.
Hy het al 4 000 gevalle laat herstel van Covid.
Wonderlik, dankie vd goeie nuus. Ivermactin red lewens, wens hulle wil dit nou in hospitale en oral gebruik.
Miljoene het herstel sonder enige medikasie.
As elke persoon net daagliks die basiese reels nakom kon verdere inperkings verhoed word. Die probleem is egter dat van ons landgenote nie reels respekteer nie en wetstoepassers dit nie effektief afdwing nie.
Stem saam met jou.
Want mense gooi al die regulasies by die deur uit sodra die alkohol effek neem, mense hang aan mekaar, soen druk ens. Gaan kuier klomp saam in kroeë sonder maskers aan. Mense onder die invloed jaag in die strate en maak ongelukke of ry mense raak, ander baklei en steek mekaar met die mes …. en die veroorsaak eintlik dat die hospitale se noodeenhede onnodig meer onder druk is. Gister aand TERWYL die president praat stap ‘n groep van 10 mense mans en vrouens al singend laggend, biere in die hand, arms om die nek aan die soen in die straat af met nie ‘n masker binne 1000 seemyl nie
As mense nog steeds die hoofstroom media se strooi glo moet hulle maar die gevolge van inperkings en die inentings om GMO produkte te word aanvaar.
Die wat hul verstand gebruik aanvaar dat daar ‘n potensieele dodelike virus in omtrek is wêreldwyd en aanvaar die dra van maskers en sosiale distansiëring. Asook inenting. Daar is ‘n vorige pandemie wat dieselfde patroon gevolg het, en wêreldwyd 55 m lewens gekos het, amper 15x meer as CV19 vandag. Dit was die spaanse griep van 1918. So as daar 100j terug amper dieselfde gebeur het as vandag, en in 1922 al was sosiale distansiëring en dra van maskers voorgeskryf, waarom is die hele huidige CV19 pandemie syfers, inentings, asook sosiale distansiëring ” hoofstroom media” strooi ? Op watter feite word die bewering gemaak ?
As almal tog net hul verstand gebruik en lees dat Fauci aan die hoof van navording bepaal het dat maskers die meeste sterfted veroorsask het met die Spaanse griep agv longinfeksie.
En hoe groot moet hierdie virus wees dat ‘n lappie hom kan keer?
En het hulle ook eksperimentele inentings gebruik met ernstige gevolge?
Dink ons President of sy raad gewers nou regtig sy reels gaan skielik nou werk? Het nooit voorheen nie. Wat van hy probeer bq iets daad werkliks?
Kyk op tv vir die opstokers/betogers. Geen maskers en dan loop hulle nig met die party se vlag in hulle hande. Hiekom word daar nie opgetree nie. Rask ontslae vd ppatetiese regering.
Die hoe koppe sal sorg dat al hulle familielede die ent kry
Ja, die veilige plasebo ent!
Ai dat ou Bac (alkohol) nou die covid veroorsaak en nie die virus nie. (LOL). Nou word ou Bac weer gestraf.
Ek stem ons huidige regering het nog nooit n goeie werk gedoen van enige iets nie sal 10 teen 1 nooit nie. Maar ons moet begin verantwoordelikheid vir ons self en ons mense begin vat dan sal die nommers dalk anders lyk.
Geen fout met my ID, paspoort, huweliksertifikaat, geboortesertifikate, wapenlisensies en bestuurslisensies. Is joune alles verkeerd?
En wat is die koste verbonde aan al hierdie dokumente?
Ek drink nie eens baie nie. Maar net die gedagte dat ek as volwassene voorgeskryf word wat ek mag en nie mag in my mond sit nie, maak my sommer lus om die mampoerketel in die garage te gaan afstof.
Gaan die reels hierdie keer vir die EFF ook geld?
Weereens nee .
Regte stappe deur die regering. Lyk my die wat nie wil hoor sal maar voel. Vir al die wat verkondig strenger maatreëls werk nie – onthou om weer so te sê as die infeksies af is agv die maatreëls.
As die “infeksie” afneem, is dit omdat dit al twee jaar gelede so uitgewerk is, of omdat daar te veel sterftes is wat hulle die regte oorsaak nie meer kan verdoesel nie. Miskien het jy inligting oor die datums?
Verstaan jy iets van statistiek ? Gaan kyk na inperkings vlakke en CV19 infeksies. Die is nou golf 3. Voor golf 1/2/3 was inperkings vlakke 1 of geen. Dan word duisende siek. Inperkings vlakke word gelig, twee maande later is infeksie vlakke 80% laer. Probeer gerus die twee bymekaar uitbring glo jy sal ‘n eureka oomblik ervaar en ‘n patroon raaksien.
Verstaan jy iets van waarheid? Ja, daar is weereens ‘n erge griep epidemie, soos jaarliks gebeur. As jy statistieke verstaan, sal jy na meer kyk as dit wat deur die hoofstroom media voorgehou word. En so van infeksie gepraat, wat word alles as positief beskou? Lees gerus meer oor net Ivermektin, en jý sal ‘n eureka oomblik beleef.
Verkou en griep vs CV19 voorgehou as waarheid ? Net nog snert absoluut niks wat met feite gestaaf kan word nie. As dit verkoue en griep is en nie CV19 nie waar kom Ivermektin in ? So al die statistiek wêreldwyd is “media” syfers….nee kyk hier is definetief ‘n statistiese expert.
En al die tyd dink ek nog die volstruis wat met sy kop in ‘n gat staan is net ‘n grappie!
Die jongste gepubliseerde inligting wys dat ses uit tien lewens gered kan word deur ivermektien te gebruik . . .
“Dit is ’n welbekende, goedkoop medisyne. Dit is ’n veilige medisyne – presies waarna ons op soek is,” sê dr. Naseeba Kathrada, stigter van die I Can Make a Difference-doktersgroep in die verklaring.
• Die nasionale departement van gesondheid kon nie vir kommentaar bereik word nie.
Nee kyk, ek hoop die ekspert “quockerwodger” se toutjie word nie gelos nie.
Gaan sit en dink mooi. Kry die gedagtes agtermekaar, skryf dit op papier, tik dan die presies woorde in die wit blokkie. Geen mens verstaan die onsamehangende spul gebrabbel nie…….
Dis agterlik om te dink die hele wêreld is verkeerd maar middeleeuse “conspiracy theory” en kwaksalwer rate sal werk……die volstruis se kop is in die grond maar
‘n paar ander s’n op ‘n donkerder plek….
SOLIDARITY FUND moet nie verwar wotd met
Solidariteit nie.
Niks omtrdnt Mediese Studente wat nog nie geplaas is nie
En tog word hulle benodig
Deur due verbod op Alkohol verkope dtap hulle weg vsn die werklike probleem; 1- Swak bestuur vzn Hodpitale en ander Mediese Hulpbronne
Drankverkope nie grootste ptobleem…ongrorganiseerde
Staatshospitale wat swak besttuur word groter probleem.
Jan….mense luister nie en tree nie verantwoordelik op nie
Dan moet fie Staat maar ingryp…ek stem egter nie met alles saam nie.
Geen beperking op Taxis nie ?????
Sjibeens doen besigheid soos gewoonlik
Ens ens
Korrek .
As Ramp en Hoed vinniger iets gedoen het ivm mense wat oorvol kroee besoek, as daar nie genoeg plek binne is nie, spoel dit uit tot in die straat in waar verder gedrink en gedans word. Waarom is daar nie eerder iets omtrent die mense se onverantwoordelike gedrag gedoen nie? Nee hulle kan maak wat hulle wil, net soos die EFF maak wat hulle wil. Dit is een van die groot redes waarom Gauteng in so ‘n toestand is. Nou moet gehoorsame publiek gestraf word, en nog meer mense op die straat gaan land omdat hulle nie meer werk het nie.
Gelukkig draai my lewe nie om alkohol nie, so dit pla my nie..