Vlak 4: Dán mag jy gaan draf, maar steeds geen sigarette nie

Nkosazana Dlamini-Zuma, die minister van samewerkende regering en tradisionele sake (Foto: National Cogta/Twitter)

Nkosazana Dlamini-Zuma, die minister van samewerkende regering en tradisionele sake, het Woensdag meer besonderhede verskaf oor riglyne wat van 1 Mei 2020 op koronavirus-vlak 4 sal geld.

Dlamini-Zuma het gesê sedert die konsepdokument verlede week Saterdag gepubliseer is, het haar departement en die departement van handel en nywerheid meer as 70 000 insette van die publiek ontvang. “Al dié aanbevelings is oorweeg en sommige daarvan is vervat in die finale riglyne,” het sy gesê.

Uit die insette van die publiek was navrae oor oefeninge die gewildste en meer as 22 000 navrae is in dié verband ontvang, het die minister gesê.

“Ons verwag steeds van elke persoon om by die huis te bly. Slegs persone wat, volgens die riglyne vir vlak 4 mag werk toe gaan, word toegelaat om dit te doen. Net soos op vlak 5 mag die publiek natuurlik nog steeds winkel toe gaan om hoofsaaklik kruideniersware, medikasie en ander noodsaaklike produkte te gaan koop, maar meer produkte word op vlak 4 toegelaat.”

Sy het gesê kinders wat tydens die afsonderingsperiode by oumas, oupas en ander familielede gaan kuier het, word toegelaat om nou terug te keer huis toe. Geskeide ouers mag ook steeds toesig deel, kragtens die riglyne van vlak 5.

Die minister het die volgende maatreëls aangekondig:

  • Oefeninge mag slegs onder streng voorwaardes plaasvind. Die publiek mag gaan hardloop, fietsry en stap, maar slegs in jou woonbuurt (nie verder as 5 km van jou huis af nie) en slegs tussen 06:00 en 09:00 in die oggend. Geen georganiseerde groepe mag saam oefeninge doen (byvoorbeeld hardloopklubs) nie.
  • Persone wat onder vlak 4 werk toe gaan, moet ná werk direk terugkeer huis toe. Dié persone mag nie hul toestemming, om werk toe te gaan, misbruik en ná werk by vriende of familielede gaan kuier nie.
  • Geen persoon, tensy jy ʼn spesiale permit het, mag tussen 20:00 en 05:00 buite wees nie.
  • Reis tussen provinsies:
    • Persone wat in een provinsie woon maar in ʼn ander provinsie werk, moet ʼn permit kry om na die betrokke provinsie te reis. Dit geld byvoorbeeld persone wat in Gauteng werk maar in Noordwes of Limpopo bly.
    • Geen pendel tussen provinsies word toegelaat nie – jy mag dus nie oor naweke terugkeer huis toe nie.
    • Wanneer skole oopmaak en kinders tussen provinsies moet pendel, moet ʼn spesiale permit uitgereik word.
    • Persone wat ʼn noodsaaklike diens verrig moet ook ʼn permit bekom om tussen provinsies te reis.
    • Persone wat van een provinsie na ʼn ander moet skuif, kry slegs een kans om dit te doen.
  • Begrafnisse word slegs onder streng voorwaardes toegelaat; dieselfde riglyne geld as wat tydens vlak 5 gegeld het (bv. slegs naby familielede; persoon moet ʼn sterftesertifikaat hê met toestemming van ʼn polisiestasie of magistraat; geen nagwake nie; geen groot byeenkomste by iemand se huis nie).
  • Bedrywe wat weer begin werk moet behoorlik voorberei en gesondheidsprotokol toepas. Persoonlike beskermende toerusting (PPE), gesigmaskers en sosiale distansiëring moet toegepas word. Werkgewers moet seker maak werksruimtes is voorberei voor werknemers terugkeer.
  • Werkers mag slegs in fases terugkeer, veral in bedrywe waar duisende persone terugkeer werk toe.
  • ʼn Behoorlike Covid-19-plan moet opgestel word wat aandui wat die maatskappy gaan doen om seker te maak sy ruimte is voorberei teen die verspreiding van die koronavirus en wat die maatskappy gaan doen om die verspreiding van die virus te voorkom. Alle werknemers moet dié plan ontvang om seker te maak dat hulle kan monitor of die riglyne toegepas word.
  • Grensposte bly gesluit:
    • behalwe vir goedere wat ingevoer of uitgevoer word;
    • buiten wanneer Suid-Afrikaners terugkeer van ander lande, maar dan moet hulle 14 dae lank in kwarantyn bly; en
    • buiten wanneer persone van ander lande van Suid-Afrika wil terugkeer na hul eie land (dit sal deur die departement van internasionale betrekkinge en samewerking en die verskillende ambassades gereël word).
  • Besoeke vir ontspanningsdoeleindes en ʼn oor-en-weer gekuiery word nie toegelaat nie.
  • Persone mag nie in hierdie stadium uit eiendom uitgesit word nie.
    • Persone mag nie dié reël misbruik en geboue, grond of huise onwettig beset nie.
    • Eiendomsagentskappe, verhurings, hotelle mag nog nie oopmaak nie, en daarom mag persone nie nou uitgesit word nie.
    • Hotelle en gastehuise mag nog nie oopmaak nie, buiten vir kwarantyndoeleindes of vir behuising van nooddienstepersoneel.
  • Openbare vervoer:
    • Bestaande riglyne vir taxi’s duur voort.
    • Bestaande riglyne vir e-taxi’s (bv. Uber) duur voort.
    • Bestaande riglyne vir privaat motors duur voort.
    • Busse en spoordienste mag hervat onder streng higiëniese en gesondheidsmaatreëls.
    • Minister van vervoer sal verdere besonderhede hieroor verskaf.
  • Vervoer van vrag:
    • Alle goedere wat kragtens vlak 4 vervaardig mag word, mag vir uitvoere na hawens vervoer word.
    • Alle landbouprodukte mag na hawens vervoer word (insluitend bv. wyn, wol en ander uitvoerprodukte).
    • Invoerprodukte, wat kragtens vlak 4 toegelaat word, mag oor die land heen vervoer word.
  • Algemene byeenkomste en plekke waar mense vergader, word steeds verbied, byvoorbeeld openbare parke, sportgronde, strande, swembaddens, vlooimarkte, casino’s, nagklubs, teaters.
  • Restaurante mag slegs kos aflewer (geen sit-en-eet nie).
  • Wegneemetes word toegelaat, maar slegs vir aflewering.
  • Besoeke aan korrektiewe sentrums, aanhoudingselle, hospitale, ens. mag slegs onder streng beheer plaasvind en slegs wanneer ʼn persoon toestemming het om die betrokke fasiliteit te besoek.
  • Alkohol word steeds nie toegelaat nie.
  • Die verkope van sigarette en ander tabakprodukte (insluitend e-sigarette) word nie toegelaat nie.
  • Versorgers:
    • Persone wat na siek, gestremde persone (insluitend verstandelik gestremde persone) omsien, en persone wat na kinders omsien, mag terugkeer werk toe.
    • Slegs huiswerkers wat inbly, mag terugkeer werk toe.
  • Wat betref algemene riglyne om die verspreiding van Covid-19 te bekamp is dit verpligtend om ‘n gesigmasker te dra wanneer jy jou huis verlaat. Die maskers kan van lap gemaak word of enige huishoudelike item (soos ‘n serp) wees wat jou neus en mond bedek.

Die minister het gesê daar was ook talle navrae oor haarkappers en ander skoonheidsdeskundige dienste (bv. manikuur, pedikuur), maar dit word steeds nie toegelaat nie, omdat sosiale distansiëring nie moontlik is in dié bedrywe nie.

Die minister het ook gesê oor skole en universiteite sal die departement van onderwys terugvoer gee.

Wil jy op die hoogte bly van alle nuus oor Covid-19 op Maroela Media? Klik hier om in te teken op ʼn daaglikse nuusbrief. 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

61 Kommentare

Snowball ·

Oefen net tussen 6 en 9 in die oggend, so die arme siele wat nog wel werk toe moet gaan, mis weer uit, en o ja , kom ons kry sommer almal buite tussen 6 en 9 in die oggend…. hierdie is weer ‘n breinborrel. Hoe dra dit enigsens by tot die voorkoming van die verspreiding van die virus?
Boonop word dit nou winter; so nog lekker koud ook daai tyd…..
Sotlikheid op sy beste.

Jaco ·

Jy mag ook nie jou hond wat saam met jou bly saamvat vir n stap nie, maar dis ok om 40 kinders saam in n klas in te prop wanneer skole weet begin! ONS REGERING IS N GRAP!!!

PieterP ·

Cyril, jy is nie baas nie, almal maak hulle eie reëls soos hulle aangaan. Fine met my, ek het dieselfde smaak sigarette gekry tern minder as die helfte van die regering se pryse. Die swartmark floreer julle bitter slim pensionarisse en julle verloor miljoene per dag. 2000 mense het vir oor die 11miljoen mense besluit oor rook, bedank hulle vir die verlore inkomste en sterker smokkelhandel. Wat ‘n grap!!

Marthie ·

Ja Pieter, jy slaan die spyker op sy kop, net jammer die puppets wat elkeen hulle simpel ‘stempel’ wil afdruk doen meer skade as goed.

PieterP ·

Dit is die grootmark sigarette. Reeds “sin tax” op hulle. Kry van die Mosambiekse of Zim twak soos ek. Geen sin yax so geen kans vir nog korrupsie deur die regering nie

Pieter ·

Gelukkig het ek geen simpatie met rokers nie, so ek is bly die regering skop vas oor die sigarette!!!! Alles ruik darem nou weer vars en nie vrot van sigaretrook nie!!!! Regering kan maar aanhou tot Fase 1 met die besluit!

PieterP ·

Nou staan windop en verder terug, is jy ook een van daai wat binne in ‘n mens se “bubble” moet wees!

Pieter ·

Moet erg wees as ‘n mens se hele lewe, gemoed en geluk beheer en bepaal word deur ‘n bossie blare!!

Deon ·

Dink aan wie jy ondersteun as jy op die Swart mark koop…. Ek verstaan ons wil rook.

PieterP ·

Of ek die onwettige immigrante aan die lewe hou en of ons van die winkel se rak koop en die belasting geld land in politici se sakke.. Potato, PotAto

katerinadiekat ·

Maar die president het gese sigarette kan verkoop word!!!!!! What the hell?!????

Marthie ·

Lyk my die president het GEEN seggenskap nie so waarvoor betaal ons hom dan sy masiewe salaris??? Daai geld kan vir die armes gaan want ander mense maak namens hom besluite en hy moet die ‘wrap’ vat vir hulle idiotiese besluite.

Steady Eddie ·

Ongelooflik !!!
Skielik het die minderheid, magte verkry !!!
2,000 stemme (briewe, ens) het die septer geswaai oor die rook kwesie !!!
Ek kry die gevoel dat die ‘krygsraad’ heelwaarskynlik oor nie-rokers bestaan !!!
Ek rook matig, maar kry gereeld ‘n ‘holkol’ gevoel, wanneer ek minder as 10 sigarette in my pakkie van 20 het !!!
Dié maatreëls veroorsaak angs, spanning en gedragsverandering onder die rokers in Suid Afrika !!!
Ek ROOK maar net …

Pieter ·

Gelukkig het ek geen simpatie met rokers nie, so ek is bly die regering skop vas oor die sigarette!!!! Alles ruik darem nou weer vars en nie vrot van sigaretrook nie!!!! Regering kan maar aanhou tot Fase 1 met die besluit!

MARIKA ·

I’m really trying to be very positive whilst typing this message. Horay for the people that wants to exersize. Looks like the 22 000 of you got what you wanted. Lets hope you keep your social distancing, and don’t share a waterbottle as you run along There must be a new tax levy that will keep the economy going being instituted on excercising, because that will probably pump money back into the economy so that government can give to those who don’t have food on their tables cause they’ve after so many years decided the majority of people only have to eat now, when there’s a dangerous virus. Salute you for giving places Running water at last. The inconsistency of the way the country has been dictated got to me last night. So if we are trusted to run from 6-9, please let us buy tobaco that will solve your cashflow problem as sin taxes on each pack of smokes will make up for the shortfalls in your cash flow problem, millions a week. I’m not a smoker,nor a runner or cyclist.

Jack Russ1 ·

A new tax on exercising. What a great plan, tax people to stay healthy.

Pitbul ·

Hierdie is ‘n spreek woordelike voorbeeld van die stert swaai die hond. naby die stert is daar ‘n paar ysters, ek dink ou Cyril moet dit kry en beheer vat.

Michael 1 ·

Ek is verbaas dat sy hulle president se instruksies oor sigarette verontagsaam en verander of is dit hoe hulle regering dinge doen.

Adam Adriaan ·

Die uitbetaling van sosiale toelaes is uitgestel vanaf die 1ste van die maand na die 4 de van die maand. Wonder maar net of die chaos by uitbetalings punte en OTM’s sal verskil vanaf die 1 ste van die maand na die 4 de van die maand?

PieterP ·

Om hulke kans te gee om die geld wat geleen is in en uit te kry

Kobus ·

Sal net die syfers wil sien van die 103 persone wat agv Corona dood is, hoeveel het gerook?
Ek sit tans in ‘n Land waar daar meer as 7 miljoen mense is, 19 gevalle is hier aangemeld, en nie een van die gevalle het ooit gerook nie.

Eerlik ·

Toemaar waar daar n wil is, is daar n weg. Eintlik n grap, almal het n “connection” en die mense maak lekker geld gedurende die lockdown. Jy is gelukkig om elders te bly, hier deel hulle “vibrators” uit aan die meer ernstige covid-19 gevalle. HA HA, ons regering is n grap.

Anel ·

Ek het iewers gelees dat nikotien blykbaar die linge beskerm daarom kry rokers nie sommer die virus nie. Maar sodra hulle ophou is hulle weer meer vatbaar daarvoor. En niemand kan of wil vir ons sê hoeveel van die amper 100 wat dood is, is suiwer aan die virus dood

Anel ·

Dis reg Wolf. Ek het dit nou die aand op die Franse nuus gehoor en dit toe gaan op lees. Net soos hulle ook gesê het die virus floreer in koue weer. Ons weer is te warm.

Anton ·

Is dit nie sy wat gese het n bergappel of iets dergliks is goed vir miv behandeling?
Dan is daar nog fotos van haar saam met die self erkende sigaret mafia baas. Die einste persoon wat ook Malema se maaitjie is.

Deon ·

Dit is waaroor dit gaan, onthou die sluikhandel skep tot in die belasting pot nou… Die sluikhandel sigarette se pryse het verdubbel so daar die inkomste na die mense het verdubbel, as hulle dit stop nou dan Sny hulle daar die boewe se geld.

Die Wolf ·

Die dagvaarding moet beslis nou teen die regering ingedien word. Laat die hof dan die finale besluit neem. Ek stel voor dat Zuma nou maar met pensioen gaan. Haar spraak word ook nou slegter by die dag. Miskien verbeel ek my maar sy sukkel dalk om suurstof te kry met die masker aan.

Sharnelle ·

Wie gaan nou tussen 6:00 en 9:00 oefen as meerderheid moet terug keer werktoe. En wie is SYYYYYYY om net reëls in te stel? Of doen sy nou namens Cyril die praatwerk. Want wat sy besluit en wat Cyril besluit is nou 2 verskillende poedings met souse.

Hulle wil te veel MAG en BEHEER toepas. Ons soek ons vryheid terug soos dit was voor die lockdown.

Eerlik ·

Die president is beslis nie in beheer nie. Op n sekere ouderdom moet mense besef dis tyd om in die beet en aartappel tuin af te tree.

Corne123 ·

Baie geluk ANC so gooi julle nog nnhelse klomp held in die water deur sigarette te verban en bersterk die ondergronde smokkel handel.Maak julle oe oop jy kan wegneem etes koop esv maar nie sigarette nie dit is uiters belaglik sterkte want ek seker daarvan uit sondebelasting gaan julle meer as 40% veroor aan die swartmark

Die Wolf ·

Dit bevorder dalk die informele sektor se inkomste sonder dat die regering moet uithaal en wys.

BeerKlou ·

Nou wonder ek waarvandaan hierdie sogenaamde “terugvoer van die publiek” gekom het of hoe dit aangevra was? Nonsens man..

MrMagic ·

Sy het seker weer gedroom, of dalk het haar Ouma haar voorgesê.

Boortor ·

Kan iemand hier vir my se wie is die president van hierdie ( sirkus) land? Ek is regtig verlore! Wie is hierdie tannie met die lispel wat cyril se beloftes afmaak nadat hy gese het ons mag maar rook en ander verslappings geniet? Waar kom sy vandaan? Vlak 4!? Hierdie mense kan beslis nie tel nie. Ek dink ons is op vlak 5.2. Hier kom opstande soos die wat hulle oor gedroom het in die apartheids jare en ek oorweeg dit om daaraan deel te neem!

Anel ·

Volgens die vrou met die spraakprobleem gaan die verkoop van sigarette verhoed dat mense sigarette deel. Op watter planeet bly sy! Dit is presies wat nou gaan gebeur. Mense eat het en deel gaan mos nou kyk hoe lank hulle die ou rokie kan uit rek. En verder groei die onwettige handel te lekker. Seker sy kry groot hap daaruit want sy kry seker minder uit die wettige verkope.
Sal sy in die oggend, in die winter gaan oefen? Wat van ou mense wat gewoond is om bietjie later te gaan stap? Stap wat vur hulke van die allermeeste belang is vir hul gesondheid. Duidelik het sy geen mediese kennis nue. Geen wonder die russe, wasr sy haar kasige opleiding gedoen het, weier dat sy daar praktiseer. Red nou ‘n nasie.
Verder sien ek hier kom groot moeilikheid. Moennie hierdie nasie onderskat nie. Ons is nie kinders nie en het nou genoeg van hulle komunistiese bestel gehad.

rico ·

wat n grap 2000 persone het n probleem en wat van die res van RSA,wat is belangriker ?Die skole moet heropen kinders moet terug gaan skool toe (nie dat die regering enigsins idee het om hoe dit te doen nie )hulle is meer bekommerd oor om ‘n pakkie wettig te verkoop (en geld te ontvang) maar kom ons stuur die kinders terug skool toe terwyl daar n kans is dat die kinders die virus kan opdoen en sodoende versprei ek wonder miskien moiet die sogenaamde 2000 die regering inlig oor ander probleme en misdaad soos bv plaasaanvalle en moord en verkragting dalk uister die regering dan ook.Die geld wat die land kan inwin met verkope van sigarette gooi hulle weg die mense gaan nie ophou rook nie hulle koop onwetig maar tipies “kom ons maak n besluit en steek ons kop in die sand en kyk wat gebeur “

IQMaps ·

Eerstens almal praat van permitte word benodig vir reis, nou waar word die permitte uitgereik? As sigarette nie verkoop mag word nie, kan die verkoop van suiker onder andere ook gestop word want dit is net so skadelik soos rook indien nie meer nie. Dit is net ongelooflik hoe besluite vir eie gemak gemaak kan word en toegepas kan word, elkeen van ons het die reg om te besluit wat ons wil gebruik en ironies hoe ons vryheid herdenk maar tog nie het nie. Suiker is “essential” maar tog dodelik.

PieterP ·

IQMaps, nee hokaai my maat ek het die suiker nodig vir my Vodka en pynappel bier!

Boortor ·

Aag hoe lekker slaan sy ou cyril se naam met n plank!! Ek geniet dit terdee! Bwaa ha ha ha!!!

Die Wolf ·

Sal graag wil sien hoe lank sy in haar pos sou wees indien sy in VSA en ander lande was!

Frans ·

Kyk onder alles is daar tog een rede vir dankbaarheid en dit is dat Nkosazana Dlamini-Zuma, nie die President is nie en ek is seker die kollektief stem saam met my en bewys hul steun deur baie ‘hou van’.

Nie Verbaas ·

Ja nee kyk, wie is in beheer en maak finale besluite? Zuma of CR? Ek hoor sy het ook genoem van sigaret deel wat virus kan oordra. Wat van bottels, blikkies, eetgerei, ens wat gedeel word. Manne wat dagga rook wat deel? Mense, dis n grap.

Andre ·

Hoe praat jy dan nou?!
Daar is geen mens in SA wat dagga OF onwettige sigarette rook nie… nooit nie!

Scalla ·

Dit is hoekom dit so gaan, hul praat uit verskillende monde uit.

Willem ·

Waarom laat hul die vrou praat, sy mask glad nie haar mond oop nie. Dan nog die masker ook. Die land stuur op n gemors af. 22000 mense se hul wil oefen, 2000 se hul hou nie van rook nie. Rook word verbied ?????

Jax ·

Ek is al diep in my lewensjaar Reis maar word nou soos n kindjie behandel.
Ons weet almal daar is n dodelik virus, ons weet ons moet hande was en maskers dra – ons is volwasse genoeg om te oor leef met alles wat ons tot nou toe geleer en beleef het. Hierdie “beheer” hê oor alles, laat my koud!
Die enigste reël wat daar moet wees, is: as jy nie n masker dra nie, kan jy nie by n Winkel in nie. Eenvoudig soos dit.
Ek kan my net indink hoe die sekuriteits – komplekse gaan lyk tussen 6 en 9 in die oggend – om nie eens van die townships te praat nie!

Iemand hoor die klik lui maar het geen idee waar die bel hang nie!!

Marisa W ·

According to early estimates by China’s National Health Commission (NHC), about 80% of those who died were over the age of 60 and 75% of them had pre-existing health conditions such as cardiovascular diseases and diabetes.

Gaan ons nou tjoppies en tjoklit ook verban?

Anel ·

Hoeveel mense is suiwer aan die virus dood? Niemand wil sê nie, maak nie saak hoe baie ek dit vra nie.

Warrior ·

Ons moet permitte kry… d polisie wil ni permitte gee vir ons wat in een provinsie bly en in n ander privinsie werk ni… so waar kry ons nou d blerrie permitte? Weet iemand dalk?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.