Vlak 4: Ramaphosa, regering te blameer, sê opposisiepartye  

Dr. Pieter Groenewald, leier van die VF Plus. (Foto: VF Plus)

Die ANC-regering moet die volle verantwoordelikheid neem vir die nuwe vlaag Covid-19-infeksies en vir die feit dat die gesondheidstelsel ná meer as ’n jaar steeds nie gereed is vir die pandemie nie.

“Die eerste inperkings vroeg verlede jaar was juis om die gesondheidstelsel in gereedheid te bring en om veldhospitale in te rig,” het dr. Pieter Groenewald, VF Plus-leier, gesê en daarop gewys dat veldhospitale wat teen miljoene rande opgerig is, nooit ten volle benut is tydens die eerste en tweede vlaag infeksies nie en in onbruik verval of tot niet gemaak is. “Nou is dit aller noodsaaklik in die huidige krisisuur waar ’n groot tekort aan beddens en noodsorg ondervind word.”

Die regering moet veral verantwoordelikheid neem vir die feit dat baie min Suid-Afrikaners tot nou toe ingeënt is en vir die skrale hoop dat kudde-immuniteit gou bereik sal word. “Die mikpunt was ’n inentingskoers van 70% teen die einde van die huidige jaar wat nou totaal buite bereik is met minder as 4% van die bevolking wat ingeënt is.”

Suid-Afrika en veral sake-ondernemings soos restaurante en hul werknemers ly nou onder die regering se onbevoegdheid. “’n Meer streeksgebonde benadering moet gevolg word om die verspreiding van die virus te verminder met so min as moontlik skade aan die ekonomie wat verdere streng inperkings nie meer kan bekostig nie.”

Die VF Plus meen ook gesondheidsprotokolle moet beter gepolisieer word. “Dit is duidelik dat die publiek toenemend die protokolle verontagsaam en die VF Plus doen ’n dringende beroep op mense om daarop ag te slaan aangesien dit lewens kan red. Hierdie polisiëring moet gelykmatig toegepas word.”

“Die stadium is bereik waar met reg gevra kan word hoeveel mense onnodig gaan sterf omdat die regering die land in die steek gelaat het en nie behoorlik en reg voorberei het vir die pandemie nie,” het Groenewald gesê.

John Steenhuisen, leier van die DA. (Foto: DA/Twitter)

Elke Covid-19-sterfte en elke werk wat verlore gaan weens die “drakoniese” inperkingsmaatreëls wat Sondagaand aangekondig is, is op pres. Cyril Ramaphosa se skouers, het DA-leier John Steenhuisen gesê.

“Hy dwing Suid-Afrikaners nou om die prys te betaal vir die rampspoedige mislukkings van sy regering, of ‘misstappe’ soos hy dit noem.”

Steenhuisen het Ramaphosa en sy regering ook gekap oor die inentingsprogram. “Ramaphosa en sy regering het ʼn jaar gehad om voldoende voorraad entstowwe te verseker om Suid-Afrikaners se lewens en lewensbestaan teen hierdie virus te beskerm. ʼn Jaar om ʼn vinnige, doeltreffende implementeringsprogram te beplan. Al wat hulle egter gelewer het, is powere verskonings en skadelike inperkings.

“As die regering nie aanspreeklik gehou word vir sy mislukking met entstowwe nie, sal Suid-Afrikaners binne ʼn paar maande ʼn vierde vlaag binnegaan met die bevolking wat nog steeds grootliks onbeskermd is, steeds ingeperk is en steeds nie verseker is van lewensreddende behandeling van ons chaotiese gesondheidsorgstelsel nie.”

Pres. Cyril Ramaphosa. (Foto: Elmond Jiyane, GCIS)

Die EFF het ʼn beroep op Suid-Afrikaners gedoen om Ramaphosa uit te daag totdat daar ʼn duidelike inentingsplan vir die hele land is.

“Ondervinding het tot dusver gewys dat inperkings en beperkings nie ‘n maatstaf is om die koronavirus te beheer nie, en dat slegs ‘n massiewe inentingsprogram die pandemie sal beheer. Ramaphosa se maatreëls is nie ‘n versekering dat daar nie ‘n vierde en vyfde golf van die pandemie sal wees nie. Sonder ‘n duidelike inentingsplan wat entstowwe van alle dele van die wêreld insluit, insluitend Rusland, China en Kuba, is Ramaphosa se maatreëls nie die moeite werd om te respekteer nie,” het die party in ‘n verklaring gesê.

Volgens die EFF sal hy nie Ramaphosa se voorskrifte nakom nie en voortgaan met sy politieke programme en mobilisering. “Geen politikus, erger nog ‘n president van ‘n politieke party, moet toegelaat word om politieke byeenkomste van ander politieke partye te verbied en te keer nie. Dit is ongrondwetlik om politieke byeenkomste te verbied.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

46 Kommentare

Charles ·

Hulle gaan aanhou tot alle medium en klein sake ondernemings kapoet is..

Tubac ·

Die EFF is te groot vir hulle skoene en veroorsaak grootliks verspreiding met hulle roekelose houding. Die lafaard kruip in sy huis weg, terwyl die ondersteuners soos skape voort ploeter. Dit is baie dudelik dat hulle die Regering uitdaag.Huule stuur n duidelike boodskap uit dat die Regering n klomp lamsakke is. Sien geen optrede teenoor die lafaard nie. Klink vir my hulle is bang vir n oproer want hulle weet dat daar nie n manier is wat hulle dit gaan beheer nie.

Dirk Mostert ·

Dis die DOEL van die plandemie, asook die totstandkoming van die NWO-diktatuur.

Andries ·

Dr Groenewald
Waarvoor taan die V in VF+? Ek was onder die indruk dit staan vir Vryheid? “Gesondheidsprotokolle moet beter gepolisieer word”? Die klink nie vir my na Vryheid nie, eerder na ‘n polisiestaat.

As Christelike party: Waar is die Voorsienigheid van God in die opmerking “mense wat onnodig gaan sterf”?
Ek sê nie daardeur dat ons nie kritiek teen die regering kan inbring vir hulle hantering van die gesondheidsorg nie, maar as Christene moet ons mooi let op ons woordgebruik dat ons nie ons getuienis skade doen en die vreesfaktor nog verder aanblaas nie, en menslike pogings en planne verhef bo God se soewereine bestuur en beskikking.

Nicolene ·

Mense moet gepolisieer word. Ek mag nie met my motor jaag nie. Ek mag nie my vuurwapen gebruik soos ek wil nie. En ek mag nou ook sekere handelinge nie verrig as gevolg van covid nie. As Christen het ek geen probleem daarmee nie. Ek dink God verwag dat ons ons gesonde verstand moet gebruik. Wat die vreesfator betref: as jy oor ‘n rooi lig jaag is daar ‘n kans dat jy sal sterf. Wees maar bang.

MakersMark ·

Uitstekende comment. Dis die “cowboy” houding van “ek maak wat ek wil” wat helfte van die probleem in SA is. Mense het ore, min luister.

Baardman ·

Kan jy jou indink hoe sal n land lyk sonder polisiëring. Dan neem ek dan ook aan dat daar geen reëls in jou eie huis is nie.

Cheryl ·

Andries jy is 100% korrek. Bietjie vd punt af. Dis baie interessant dat wanneer mens jou geloof in Jesus uitspreek hoe mense reageer soos die 4 afduime duidelik bewys. Jy hoef net die Bybel te lees om te weet dat alles wat tans in die wêreld gebeur demonies is. Misleiding is in turbo rat en vrees en mag is van satan se kragtigste wapens. En hy gebruik dit met groot sukses. God is koning en steeds in beheer en geen demoniese plan kan dit verander nie.

Nie Verbaas ·

Is daar iets wat ANC reg kan doen? Ons betaal die prys vir hulle onbevoegde aksies terwyl werksgeleenthede net skraler word. Nou gaan die ekonomie nog n verdere slag kry. Daar is net verskonings maar geen regstellende aksies nie.

Alex ·

Die regering moes ook soos Australie en New Zealand hulle gense vir Indie toe gemaak het. Nou sit ons met die Delta variant gemors

Francois ·

Hulle sal nie want die gupta broers betaal nog steeds die ANC se rekenings

Kanjynoumeer ·

Ivermektien: Wanneer gaan die gebruik van Ivermektien bevorder word?

Michael ·

Nooit want dan moet “entstof” onttrek word en die groot farma maatskappye sal triljoene dollar verloor. En hulle sal moet erken hulle was verkeerd met boodskap dat daar geen effektiewe behandeling is nie. Gaan oor mag en geld NIE GESONDHEID NIE

Johan ·

Nee wat Dr. Groenewald, “almal moet vasgevat word…”. Lyk my dis net die EFF wat teen die diktatorskap veg.

Tiptol ·

Dink jy regtig die eff gaan nie diktators wees as hul aan bewind kom nie?

Kanjynoumeer ·

GOOGLE:
Dr Shankara Chetty – Port Edward
Gebruik van Ivermektien saam met ander medisyne.
100% suksesvol.
4 000 gevalle van Covid het al herstel.
IVERMEKTIEN

Tanniepetoors ·

Waarmee is die 1,8m mense wat herstel het behandel dink jy? Net met water en vars lug? Daar is effektiewe medikasie wat gebruik word.

melaney ·

Ek bly in Gauteng. Hier is ivermektien al lankal uitverkoop.

Phillip ·

Ja JA ja Maar toe die uitbreek van die siekte hou die grens oop ons is gereed en nou nou moet ons boet vir n grense wat geliut moes word en nie gedoen is nie .. ons daar onder moet ly

Die Boerepompie ·

Watte gemors dink nie die sal werk nie mense beweeg nog te veel rond

Francois ·

Hoekom net die drank toemaak. Hoekom ook nie alle taxis van die pad afhaal vir 14 dae om die ongeluk syfer af te bring dan sal die hospitale ook nie so vol wees

melaney ·

Sover my kennis strek, word die virus oorgedra van mens na mens. Die eerste ‘inperking’ was baie hard en sekere aspekte daarvan (soos bv sigaretverkope) was heeltemal onnodig. Mense het hul werk verloor, ens. Vandag is ons in ‘n absolute wurggreep, danksy ons regering se ondeurdagte reëls. Feit bly staan, indien ons ons weerhou om bymekaar te kom (kroeë, sjebeens, eetplekke, ens), kan ons hierdie virus wen. Daar is tog mense wat volstrek weier, en sak met mening by kuierplekke uit, sonder maskers. Hulle dra dan die virus oor en een/twee weke later is die hospitale oorvol van siekes. Dokters en verpleegsters is oorwerk en doodmoeg, maar die mense gee nie ‘n duit om nie. Messteek gevalle daag ook by die oorvol hospitale, maar al wat jy hoor is die getjank van SAB dat hulle oop kuierplekke en drankwinkeks wil sien. Hoe gouer ons onsself begin gedra, hoe beter.

Pieter J ·

Ek dink die virus kan wel by kuierplekke oorgedra word want maskers word dan nie gedra nie en dit nog in ń beperkte ruimte. Ek kan egter nie sien hoe drankverkope enigiets kan bydra tot die verspreiding van die virus nie want die drank word by mense se huise gedrink. Mense wat in die openbaar drink is wel ń probleem in sommige areas omdat daar geen wetstoepassing is nie.

melaney ·

Presies wat ek probeer sê. Hulle wil drink, by die huis of by openbare plekke. Maar as hulle iets oorkom blameer hulle vir die regering?

MakersMark ·

100% korrek. Ongelukkig blameer mense altyd ander omstandighede. Dis nooit hul eie balhorigheid wat die oorsaak van die probleem is nie. Goed drank verkope is gestop. SA’nrs op alkohol hou die hospitale se ongevalle vol met kar ongelukke, mes steke, bottel slanery en familie geweld. En sit reuse druk op die reeds oorwerkte mediese personeel.

henndrik ·

Ek het ‘n vraag – hoekom word mense nie getoets vir teenligaampies voordat inge-ent word nie. Ek mag heeltemal verkeerd wees maar as jy reedsa teenliggaampies het is die ent mos nie regtig nodig nie en dit kan dalk die getalle wat wel ge-ent moet word afbring en ons kan vinniger by die 75/80% uitkom

piet ·

Hulle het dit vanoggend oor die radio bespreek. Jy gaan nie beskerming geniet teen ‘n ander variant sonder die entstof nie. As jy wel die entstof ontvang gaan jy steeds teen ander variante beskerm wees maar dalk net in ‘n mindere mate.

Santjie van Soendal ·

Hulle dreig met tronkstraf en n kriminele rekord as jy nie n masker opsit nie…hoekom loop MALEMA nog vry rond??? Wat moet nog gebeur voor dié adder agter tralies sal beland? (As hy wit was, was hy lankal weggebêre….)

Renee ·

Net baie snaaks hulle kan n’ verkiesing in 1 dag afhandel maar nie die inenting nie

Magda G ·

Die Regering spring rond met die inenting. Bo 60is nog nie eers ingeent en nou is die ouderdom na 50/55 verlaag. Bo 60 gaan nou nog minder gehelp word
Sekere plekke/apteke wat op die lys vir die inententing is, wys jou weg as jy nie medies het nie. Moet dan glo eees dat hulle jou registreer. Daar is n apteek in Lyttelton wat jou wegwys. Doen wel di covidtoets maar niks meer.

Francois Le Cochon ·

Die balhoriges. liggelowiges, samesweerders en ontkenners, het ons almal nou weer terug na hoofstuk een, en hulle blameer die gehoorsames!

Willem ·

Opposisie partye blaf soos klein brakkies en doen niks!!!!Hoekom is die saak van drank nie vroëer deurgevoer soos met sigarette nie?Ek stem vir geen party meer nie hulle net dieselfde as Anc.Almal soek stemme en sit plakkate op maar niemand vat die korrupte anc aan en doen iets nie?Nee wat ek bly maar n draadsitter!!!!!

Alleen Wolf ·

1000% is die anc sirkus daarvoor verantwoordelik en dan is daar nog mense wat hulle glo en ondersteun. Mal verby!

Andries ·

So sal als ondergaan maar weet net dit als sal weer opstaan en baie moet die prys betaal en hopelik sal die land weer opstaan met bevoegde leiers. Daar word gestem vir leiers wat toelaat dat mense sterf want hulle het reeds hulle inentings ontvang en ek sien nie dat hulle bo 60 is nie maar omdat hulle leiers is moes hulle eerste dit kry basta die re en met komende verkiesing dan word daar maar weer vir hulle gestem. N goeie kaptein van n boot sal bly tot die laste persoon van daai boot af is in ons land spring die kaptein eerste in die redings boot en staan net en kyk hoe die boot met res van mense ondegaan.

VaalDonkie ·

Weet jy, ek dink die regering volg die maatreels redelik. Beter as wat ek verwag het. Die probleem is dat die maatreels onsinnig (of dalk eerder kranksinnig) is. dit help nie jy volg beleid tot die letter toe as die beleid verkeerd is nie. En jy maak ook nie planne gebasseer op hoop en drome nie. Maar ek dink nie die regering doen so sleg as mens hulle meet aan internasionale standaarde vir COVID nie. Die probleem is egter dat die internasionale standaarde onbereikbaar is vir enige land wat nie ryk is nie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.