Vlak 4: Verbod op veilings ‘onaanvaarbaar’

Argieffoto bloot ter illustrasie (Foto: DA/Twitter)

Onverstaanbaar en onaanvaarbaar.

Só sê van die land se landbou-organisasies in reaksie op die regering se besluit om veilings tydens vlak 4 van die afsonderingstydperk te verbied.

Nkosazana Dlamini-Zuma, die minister van samewerkende regering en tradisionele sake, het Dinsdag tydens ’n mediakonferensie herhaal dat “ook veilings van lewende hawe” nie vir die volgende twee weke toegelaat sal word nie. Die minister het nie verder hieroor uitgebrei nie en dit blyk in dié stadium of die fisieke bywoning van alle veilings tydens vlak 4 van die baan is.

Dít te midde van al meer pleidooie dat veilings noodsaaklik is vir landbou en behoort toegelaat te word.

“Die president het Sondagaand beklemtoon dat alle ekonomiese aktiwiteite so ver moontlik moet voortgaan en dat mense wel by hulle werkplek mag aanmeld indien dit nie moontlik is om van die huis af te werk nie.

“Dit is dus vir ons onverstaanbaar waarom veilings in hierdie stadium gestaak word,” meen Henry Geldenhuys, die president van TLU SA.

Agri SA beaam dié siening.

“’n Veilingsperseel is ’n sakeperseel,” sê Christo van der Rheede, uitvoerende hoof van Agri SA Dinsdagmiddag aan Maroela Media.

“Landbou is reeds tot noodsaaklike diens verklaar. Alle aktiwiteite wat met landbou verband hou is natuurlik dan ook noodsaaklik. Dis waarom ons nie kan verstaan waarom veilings nie kan voortgaan nie.”

Van der Rheede meen veilings, veral diereveilings, is die lewensaar van die landboubedryf.

Geldenhuys en Van der Rheede sê voorts veilings is baie belangrik is vir die verspreiding van voedsel en voedselsekerheid. “Dit is veral die kleiner boere wat hulle in ʼn baie moeilike situasie bevind wanneer veilings nie voortgaan nie. Hulle het geen ander manier om hulle lewende hawe te verkoop nie,” verduidelik Geldenhuys.

Van der Rheede sê Agri SA het reeds uitgereik na Dlamini-Zuma sowel as die minister van landbou, Thoko Didiza. “Ons hoop en vertrou dat regering tot ander insigte sal kom.”

Gerhard Schutte, uitvoerende hoof van die Rooivleis Produsente-organisasie, sê op sy beurt dié organisasie se dagbestuur en ander rolspelers in die rooivleisbedryf “sal nie ophou om te kyk of ons ’n verskil hieraan kan maak voordat die twee weke uitgeloop het nie”.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Ovelia ·

Julle weet ni wat jul doen nie. Gaan kyk op die blommemark in Jhb

casper ·

Gaan voort met die veilings — dit is ‘n wettige sake bedryf solank die mense die reels na kom — as hulle jou vervolg vat vir Doek hulle hof toe vir ‘n paar miljoen rand !!!r

Michael ·

Hulle is reeds hof toe gevat en het die saak oor die afsondering verloor in die hooggeregshof, maar steur hulle eenvouding nie aan die uitspraak nie. Ek meen nuwe wette word sommer nou afgekondig en die sheeple aanvaar dit gelate. Al hierdie wette oor maskers en byeenkomste is onkonstitusioneel. Vra gerus die regskenners

Mariana ·

Daai vrou het duidelik nie ‘n idee wat sy doen en sê nie. Maar sy gee nie om nie, sit dik in die geld wat daardie einste boere moet opdok vir belasting. Die regering se afsonderings reëls maak geen sin nie. Niks….

Anthony ·

Wel as die EFF besluit die reels tel nie vir hulle nie, asook die Zuma’s, vir wat julle aan die reels steur?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.