Twee verdagtes wat van die moord op sewe lede van die Khoza-familie van Vlakfontein beskuldig word, bring dié week agter tralies deur nadat hul verhoor Maandag uitgestel is.
Enerst Mabaso (27) en Fita Khupe (61) word daarvan beskuldig dat hulle die sewe familielede in die township suid van Johannesburg vermoor en daarna hul oorskot onder hopies grond in die huis en in ʼn buitekamer weggesteek het.
Mabaso, wat hom na bewering as Sibusiso Khoza voorgedoen het om die familie se vertroue te wen, het sy borgtogaansoek laat vaar. Khupe sal na verwagting volgende Maandag om borgtog aansoek doen.
Die polisie het verlede week die gruvonds in die huis ontdek nadat bure gekla het oor ʼn reuk wat van die huis af gekom het. Die oorledenes se liggame is nie begrawe nie, maar net met grond bedek waar hulle in twee vertrekke gelos is.
Aanklagte van verkragting, roof en moord staar Mabaso en Khupe in die gesig.
Hulle is die naweek aangekeer en sal in polisieaanhouding bly tot volgende Maandag, het landdros Maggie van der Merwe gelas.
En so lyk die gesig van ‘n wreedaard!! Hoe kry mense dit reg om lewens te neem…wat het die kinders aan hulle gedoen???
En kyk hoe leeg is daardie hof. Niemand daar eers nie… Wys net weereens waar hulle prioriteite le…