Vlakfontein-moorde: ‘Dít is hoekom ek dit gedoen het’

[WAARSKUWING] Van die inligting in die berig is grafies en kan sensitiewe lesers ontstel.

Vusi Ernest Mabaso (27) tydens ʼn vorige verskyning in die Lenasia-landdroshof. Foto: Simphiwe Mbokazi/ANA

Een van die mans wat aangekla word van die moord op sewe lede van ʼn familie in Vlakfontein, suid van Johannesburg, het Woensdag in die Protea-landdroshof beweer hy is deur sy medebeskuldigde gedwing om die moorde te pleeg en het dit gedoen omdat hy vir sy lewe gevrees het.

Ernest Mabaso (27) het aan die hof gesê Fifita Khupe het hom gedwing om een van die kinders te verkrag voordat hy hulle vermoor het.

Mabaso en Khupe (61) staan tereg op sewe aanklagte van moord en diefstal. Mabaso word ook deur drie aanklagte van verkragting in die gesig gestaar. Hy het skuld op die aanklagte teen hom ontken en aan die hof gesê sy familie kan borgtog van R5 000 bekostig.

Mabaso is in Nelspruit, Mpumalanga, gebore en het in 2012 ʼn onderwysdiploma aan die Noordwes-Universiteit verwerf. Hy was werkloos ten tyde van sy inhegtenisneming.

Mabaso het as deel van sy beëdigde verklaring vir sy borgtogaansoek gesê hy wil graag kortliks die omstandighede bekendmaak wat daartoe gelei het dat die moorde uitgevoer is.

In die verklaring beweer hy toe hy in 2015 sy praktiese opleiding by Rawana Secondary School in Hlabane gedoen het, hy ʼn kamer naby die skool gehuur het. “Die verhuurder en ander onbekende mense het my bedwelm en ontvoer en ek het in Kaapstad wakker geword. Twee mans het my in ʼn donker kamer besoek en ek is ingelig daar is ʼn taak wat hulle wil hê ek moet in Johannesburg gaan uitvoer,” het Mabaso gesê.

Hy beweer hy het daarna vir die onbekende mans begin werk en gehelp om dwelms vir hulle te verpak. Ná ʼn tydperk het die mans glo vir hom gesê hulle het al die inligting bekom wat hulle nodig gehad het oor die werk wat in Johannesburg gedoen moes word.

Ernest Mabaso en Fifita Khupe tydens ʼn vorige verskyning in die Lenasia-landdroshof toe daar ʼn kragonderbreking by die hof was. Foto: Itumeleng English/ANA

Mabaso sê dit is vir hom gesê as hy polisie toe sou gaan, hulle hom sou doodmaak en niks sou met hulle gebeur nie aangesien hulle saam met die polisie werk.

“Hulle het my gedwing om die naam Sibusiso Ernest Khoza te gebruik vir die doel van die werk en het my vertel wat ek moes doen. Ek het ʼn Facebook-profiel opgestel onder die naam Sibusiso en vir Sne en Nomfundo Khoza vriendskapversoeke gestuur. Net Sne het my vriendskapversoek aanvaar.”

Mabaso sê hy het voorgegee om ʼn lid van die Khoza-familie te wees en het later met Sne op WhatsApp begin gesels. Sy het hom mettertyd by die familie se WhatsApp-groep bygevoeg en hulle het vir hom gesê hy moet kom kuier.

“Die mense in Kaapstad het my toe ingelig dat ek Johannesburg toe moet gaan en hulle doodmaak. Ek het geweier om dit te doen en hulle het my gedreig. Ek het vir hulle gesê ek is net ʼn onderwyser, ek het nog nooit iemand doodgemaak nie. Ek het besluit om ʼn motor te steel sodat ek kan huis toe ry, maar die voertuig is as gesteel aangemeld en ek is in King Williams Town in die Oos-Kaap in hegtenis geneem.”

Mabaso sê nadat hy uit die tronk vrygelaat is, het dieselfde mense hom opgespoor en gesê hy het nog die werk in Johannesburg om klaar te maak. Hy sê hulle het weer gedreig dat hulle hom sou vermoor indien hy hulle verraai.

Volgens Mabaso het hy daarna Johannesburg toe gereis waar hy vir Khupe ontmoet het. Khupe het hom opdrag gegee om die Khoza-familie se vertroue te wen en nie uit die oog te verloor nie dat hy veronderstel is om hulle te vermoor.

Enerst Mabaso en Fifita Khupe tydens ‘n vorige verskyning in die landdroshof in Atteridgeville. Foto: ANA

Mabaso sê ná ʼn paar maande het Khupe hom opdrag gegee om die familie nou te vermoor. Mabaso sê Khupe het ook vir hom ʼn hamer gegee. “Hy het gesê ek moet hulle twee keer met die hamer slaan sodat hulle nie enige geluid sou maak nie.”

Hy sê hy het aanvanklik vier lede van die familie vermoor en daarna het Khupe hom gebel en gevra of hy dit gedoen het. Hy beweer Khupe het hom gevra of hy die drie vroue verkrag het voordat hy hulle vermoor het en hy het gesê hy het, hoewel hy dit nie gedoen het nie.

“Ek het aan die vier familielede gedoen wat hy gesê het ek moet en daarna het hy gesê ek moet die kinders in Palm Springs gaan haal. Ek het hulle gaan haal en daarna vir Karabo in sy [Khupe] teenwoordigheid verkrag. Daarna het hy gekyk hoe ek die kinders versmoor en hulle in ʼn agterkamer gaan sit,” het Mabaso gesê.

Hy beweer hy het daarna ʼn bankkaart gesteel en geld getrek sodat hy Nelspruit toe kon vlug. Hy is by sy ouma se huis in hegtenis geneem.

“Ek erken het ek die geweld teen die oorledenes gepleeg, maar ek ontken dat ek die bedoeling gehad het. Ek is deur Khupe gedreig en gedwing en ek het vir my lewe gevrees,” het Mabaso gesê.

Maroela Media het vroeër berig bure het op 29 Oktober vanjaar by die polisie oor ʼn onaangename reuk gekla wat van die Khoza-familie se huis in Vlakfontein gekom het. Nadat beamptes ʼn deur afgebreek het, het hulle op ʼn gruvonds afgekom. Sewe liggame is onder hopies sand in die huis en in ʼn buitekamer gevind. Daar was bloedspatsels teen die mure.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

36 Kommentare

Johan H. ·

Onmoontlik dat die polisie betrokke was,glo dit nie! Hang die hele lot, of nog beter gee hulle bail.. dink nie hy sal weer moor nie, goeie seun,dink hy kan gereabiliteer word….

legens ·

Sy weergawe is redelik moontlik waar , sal deur die hof aanvaar word en hy ontslaan word .

Jan Nel ·

Ek is nou baie jammer, ek weet dis ‘n ernstige berig en ek probeer nie ligsinnig oor die gebeure wees nie – maar –

Daai polisieman in die foto, hy’t nie ‘n kop nie!

C ·

@Jan Nel. Hoekom dink jy is hy so lekker rond, hy het sy eie kom ingesluk. Ek weet darem nie so mooi of ek hierdie mannetjie se weergawe glo nie.

@Jan nel ·

Ek’s baie bly ek’s nie die enigste een wat die koplose polisie man gesien het nie.

Francois le Cochon ·

Ook so opgemerk. Nou weet ons darem African News Agency se joernalis het ‘n goeie sin vir humor.

Regtig! ·

C. Ek stem nogal met jou saam. Ek kan net nie hierdie weergawe glo nie. Hy het geswot, is veronderstel om bietjie meer tussen die ore te hê, waarhom het hy dan nie na enige ander polisie stasie toe gegaan nie. Of iewers anders probeer hulp kry nie. Hoe vermoor mens soveel mense en beweer dan dit was nie jou intensies nie. Belaglik as jy my vra. Die een lyk net so slinks soos die ander een.

Swanna ·

Stem Helen stem. Altyd die ander die skuld gee en oorsaak van sy eie lafhartigheis en swakheid. Maar toe ons moor was dit lekka want toe voel ons goed en magtig. Nou dat ons in die moelikheid is en jammer dat die doodstraf nie daar is nie is ons baie benoud.

Anoniem ·

Wanneer hy 7x lewenslank uitdien, kan hy sy baie vrye tyd gebruik om fiksie skryf. Lyk my die man het ‘n woelige verbeelding.

Sus ·

Nog nooit so spul nonsens in my lewe gehoor nie …. hy probeer om die skuld op die ander beskuldiges te pak ….

AW ·

“Is evil something you are?
Or is it something you do ?
– Brett Easton Ellis, American Psycho

“Son, the greatest trick
the Devil pulled
was convincing the world
there was only one of him.”
– David Wong, John dies at the end.

Hansgat ·

Met so ‘n verbeelding kan hy verder skryf aan die verhaal sneeuweidjie…

Jacques ·

As sy lewe dan nou so in gevaar was , hoekom het hy nie na die polisie toe gegaan nie ? As hy nie gehelp is nie was dit tenminste op rekort gewees dat hy by die polisie was . Hy lieg en dit vat nie iemand met n regsgraad om dit raak te sien nie .

SDB ·

Hy was dan toegesluit vir motor diefstal, veilig agter tralies. Hoekom het hy nie toe vir die polisie vertel van die persoon wat hom dreig en die plan om ‘n hele gesin te vermoor nie. … Sy sop storie maak nie sin nie.

Mel ·

Ek moet die vraag vra. Hoe dwing jy iemand om ‘n kind te verkrag? Jy het tog ‘gereedskap in ‘n sekere status’ nodig daarvoor? As jy bang, geintimideer en vol vrees is – gaan jy dit sowaar nie regkry nie?

Ek is jammer, ek koop dit nie.

IK ·

Iemand(e) praat hier kaf en lieg soos ‘n tandetrekker met iewers ook wolhaarstories. Lees ek sy storie dan kom dit by my op dat dit moeilik blyk te wees om die kaf vd koring te skei. Sterkte aan die magistraat om in hierdie ontstellende saak die kloutjie by die oor te bring en agter die kap vd byl te kom wie agter slot en grendel geplaas moet word.

Piet Pompies ·

Die polisie is besig om kop te verloor oor al die misdaad. As bewyse handig ek in, foto een van ‘n koplose polisieman.

Stan ·

Hy en sy makker is boos!!! Kan nie glo dat ‘n voormalige onderwyser ‘n kind verkrag en dan met plastiek sakke versmoor nie. As jy vir jou lewe gevrees het pleeg dan eerder self moord as om onskuldige kinders dood te maak!! Siek verby!!!!!!! Mag God julle straf. Walglik verby!

RHG ·

Onderwyser sê hy? So willoos soos klei in vreemdes se hande? Hulle sê maak dood, dan doen hy dit? Mense wat hy nie eens ken nie. Groot geld belowe?
Nee, sjoe, ek weet darem nie.

leser ·

op 21 ‘n onderwys diploma, is dit nie bietjie onmoontlik nie, en met al sy wedervaringe ?????????????

'n Koplose Polisieman ·

Hierdie klink na gevaarlike mense. Hoekom lyk dit in die foto of die polisman koploos is?

ES ·

Ek weet darem nie – as iemand my dwing om ‘n vreemdeling dood te maak, sal ek als in my wese probeer om daardie man by die polisie te gaan verkla en seker maak ek verdwyn as die polisie my nie beskerm nie… ek sluk swaar aan die storie. Hoekom dan daardie spesifieke familie vermoor? Vir watter rede? Hoekom die kinders? Maak niks sin nie.

GM ·

Waar is die ANC se dames nou wat betoog teen kinderverkragtings en geweld teen vroue? Hulleself te moeg gedans by die ander saak waarvan vroeër berig is?
Die dubbele standaarde darem.

Ek wil graag weet hoe mens iemand anders dwing om iemand te vermoor of te verkrag. Nêrens staan daar dat daar ‘n geweer teen sy kop gedruk is nie. Hy is alleen gestuur om die moorde te pleeg, so daar was meer as genoeg tyd om te vlug. Dat mens so bloeddorstig kan wees. En dan is hy nog so jonk ook.

Jeremia ·

Stem saam. Hy kon eerder gevlug het as om na polisie te gaan. En kan daar gevlug word – sommer oor die landsgrense sonder enige probleme. Vir jare voortvlugtig.

Olly ·

As hy dan bereid was (onder die omstandighede) om die moord daad te pleeg, hoekom nie die makker van hom (wat hom dreig…teen sy wil) vermoor en die onskuldiges los…? Neewat … mees verbeeldinglose verskoning wat ek ooit gehoor het.

Tokkolos ·

Genade die ou behoort in die parliment
So van lieg en sonder om te blik of te bloos
O ja hy kan nie bloos nie

Maar hier was n paar kommetare wat my so laat lag het ek kon myself nie sover bring om te besef hoe erinstig dit is nie
Afkop,kop ,kom
Stoppit
?

Liendempers ·

Ai, eers lekker gelag terwyl ek die faux pas lees, en nou weer vir jou kommentaar? nou wonder ek maar so in my enigheid……is dit nie dalk die probleem wat party poliesmanne sulke simpel dinge laat doen waarvan ons tydig en ontydig lees nie???!

LHS ·

Net so min n onderwyser as n man in die maan. Waar is die klomp wat so graag by die howe uithang omdat hulle te lui is om te gaan werk. Hoekom gooi hulle nie nou hier ook n tantrum soos met ander kinder verkragters nie. O ja hy is mos nie blank nie.

Chris Ws ·

Gee hom borg.Die boendoe hof werk beter as ons wettige howe.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.