Vlakfontein-moorde: Verdagte dood aangetref  

Vusi Ernest Mabaso (Foto: Simphiwe Mbokazi/ANA Photo)

Een van die verdagtes wat verdink word van die moord op sewe lede van die Khoza-familie van Gauteng, het glo sy eie lewe geneem.

Ernest Vusi Mabaso (27) is dood aangetref in ʼn polisiesel. Hy en sy medebeskuldigde, Fita Khupe (60), was veronderstel om vandag weer in die hof te verskyn in verband met die moorde.

Khupe en Mabaso is in hegtenis geneem nadat die polisie in Oktober 2018 op die liggame van vier kinders en drie volwassenes afgekom het by hul huis in Vlakfontein in die suide van Johannesburg.

Mabaso het ook tereggestaan op drie bykomende aanklagte van verkragting. Mabaso het aangevoer die moorde was ʼn wraakaanval op die familie deur Khupe.

Die huis waar die sewe gesinslede vermoor is. Foto: Itumeleng English/ANA

Hy het tydens ʼn vorige hofverskyning gesê hy is deur sy medebeskuldigde gedwing om die moorde te pleeg en het dit gedoen omdat hy vir sy lewe gevrees het. Volgens Mabaso het Khupe hom gedwing om een van die kinders te verkrag voordat hy hulle vermoor het.

Mabaso is in Nelspruit, Mpumalanga, gebore en het in 2012 ʼn onderwysdiploma aan die Noordwes-Universiteit verwerf. Hy was werkloos ten tyde van sy inhegtenisneming.

Maroela Media het vroeër berig bure het op 29 Oktober by die polisie oor ʼn onaangename reuk gekla wat van die Khoza-familie se huis in Vlakfontein gekom het.

Nadat beamptes ʼn deur afgebreek het, het hulle op sewe liggame onder hopies sand in die huis en in ʼn buitekamer afgekom. Daar was bloedspatsels teen die mure.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

Koos de Meyer. ·

Nog een minder wat ons voor moet sorg in die tronk.

Colleen ·

O blye dag!!!! Geen belasting geld wat gemors gaan word nie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.