Vlakfontein-moordsaak uitgestel weens kragonderbreking

Fifita Khupe. Foto: ANA

Die borgtogverhoor van die twee mans wat beskuldig word van die moord op sewe lede van ʼn familie in Vlakfontein, suid van Johannesburg, is Dinsdag weens ʼn kragonderbreking in die Lenasia-landdroshof uitgestel.

Landdros Maggie van der Merwe het ná enkele ure sonder krag gesê sy stel die saak tot Woensdag uit.

Ernest Mabaso (27) en Fifita Khupe (61) staan tereg op sewe aanklagte van moord en diefstal. Daarbenewens word Mabaso deur drie aanklagte van verkragting in die gesig gestaar.

“Ek kan nie almal laat wag nie omdat ons nie weet wat met die krag gebeur nie aangesien dit nie ʼn geval van beurtkrag is nie; dus sal ʼn elektrisiën dit moet kom regmaak,” het Van der Merwe gesê.

Niks werk sonder krag nie; daarom moet ons tot môre uitstel

“Niks werk sonder krag nie; daarom moet ons tot môre uitstel, want die elektrisiteit sal nie vandag al reggemaak word nie.”

Bure het op 29 Oktober by die polisie oor ʼn onaangename reuk gekla wat van die Khoza-familie se huis in Vlakfontein gekom het. Nadat beamptes ʼn deur afgebreek het, het hulle op ʼn gruvonds afgekom. Sewe liggame is onder hopies sand in die huis en in ʼn buitekamer gevind. Daar was bloedspatsels teen die mure.

Tydens die twee verdagtes se vorige hofverskyning het Mabaso die hof gevra of hy uit Johannesburg-Sentraal se polisieselle verskuif kon word omdat sy medebeskuldigde hom uit die Johannesburgse gevangenis, ook bekend as Sun City, gedreig het. Hy is toe na die Krugersdorp-gevangenis verskuif.

Mabaso het vroeër gesê hy wou sy borgtogaansoek laat vaar, maar het intussen van plan verander, wat daartoe gelei het dat die saak voorheen uitgestel is.

Inwoners van Vlakfontein het Dinsdag buite die hof saamgekom om teen sy borgtogaansoek te betoog. “Ons het ʼn versoekskrif met 1 300 handtekeninge ingedien omdat ons nie wil hê dat hierdie mense in die gemeenskap vrygelaat moet word nie,” het Ace Mokoenyane, ʼn raadslid van Vlakfontein, gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Alida ·

Die Regter sal nie borg toestaan nie. Laat hulle vir ewig sit. Dit is nie mense wat sulke goed doen nie.

Gemaskerde Sopbeen ·

Ek verstaan nie. As jy dit wat jy gedoen het aan een van my familielede gedoen het, sou ek jou borgtog aansoek ondersteun het, en dit sommer nog betaal het ook….Dan is jy in my verantwoordelikheid vrygelaat…….en sou daar nie ‘n verder mors van tyd met hofsake en lang vonnisse wat die belastingbetaler miljoene kos gewees het nie? Hierdie is ‘n DIY land…..as jy die regte vonnis wil sien gebeur, doen dit jouself!!!

Cherokee ·

Die roekelose manier waarop die woord ‘ewig’ dikwels in kommentare met dieselfde strekking gebruik word, maak dit duidelik dat die woord te groot is vir die menslike verstand om te begryp.

Alida ·

Wonder waar is my ander kommentare op die ander artikels? Stel vas asb MM

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.