Een van die verdagtes in die moord op sewe lede van die Khoza-familie van Vlakfontein, suid van Johannesburg, het van plan verander en wil tog om borgtog aansoek doen nadat hy verlede week met sy eerste hofverskyning nie daarin belanggestel het nie.
Die hof het die saak Maandag tot 20 November uitgestel wanneer dit oor twee dae aangehoor sal word nadat dit aan die lig gekom het die 27-jarige Ernest Mabaso het besluit om nou wel om borgtog aan soek te doen.
Fita Khupe (61), sy medebeskuldigde, se borgtogaansoek is uitgestel nadat die hof in kennis gestel is hy het ʼn nuwe regsverteenwoordiger, Gerhard Landman van BDK Prokureurs.
Sewe aanklagte van moord staar die twee verdagtes in die gesig nadat die slagoffers se liggame op 29 Oktober in hul huis in Vlakfontein gekry is waar dit met sand bedek is.
Mabaso staan ook tereg op drie aanklagte van verkragting.
Gemeenskapslede het vanoggend in groot getalle na die hof opgeruk waar hulle liedere uit die struggle gesing het om die slagoffers se naasbestaandes te steun.
Bykomende veiligheidsmaatreëls is in die hofsaal getref en net familie, beamptes en die media is toegelaat om die verrigtinge by te woon.
Die hof het gehoor daar is gerugte dat Mabaso se medebeskuldigde hom dreig. Hulle bly in aanhouding, maar is geskei ter wille van hul veiligheid. Die een sal in Johannesburg se gevangenis aangehou word en die ander in die Krugersdorp-gevangenis.
Borgtog……werklikwaar, dis moord aanklagtes. Nie vee diefstal nie!
Het hy tik gebruik?
Borgtog sodat hy wéér moord kan gaan pleeg!??