Vlamme, skote toe rowers op geldwa toeslaan

(Argieffoto: Hansie Linde)

Vier mense is Dinsdagaand tydens ’n transitorooftog by die N7-afrit (langs die N1-snelweg) in Goodwood in die Wes-Kaap beseer.

Die polisie het vier verdagtes op die toneel in hegtenis geneem en is na nog verdagtes op soek wat met ʼn onbekende bedrag geld gevlug het.

Lt.kol. Robert Netshiunda, polisiewoordvoerder, sê ’n Jeep wat op die N7 gery het, het na bewering skielik in die middel van die pad stilgehou en veroorsaak dat ’n ligte afleweringsvoertuig teen die geldwa bots.

Die verdagtes het vandaar op die geldwa toegesak en glo springstof gebruik om die kluis oop te blaas.

Een van die verdagtes is tydens dié ontploffing beseer. Russel Meiring, woordvoerder van ER24, het gesê met paramedici se aankoms om 18:30, was twee van die voertuie aan die brand.

Nog ’n verdagte is beseer toe ’n skietery uitgebreek het nadat lede van die polisie se nasionale intervensie-eenheid op die rooftog gereageer het. Die bestuurder van die geldwa en ’n veiligheidswag het ook skietwonde opgedoen.

Volgens Meiring was een van die beseerdes in ʼn ernstige toestand nadat hy ʼn skietwond aan sy regterdy opgedoen het. Twee van die beseerdes, van wie een in die boud geskiet is, is na ʼn nabygeleë hospitaal geneem.

“’n 9 mm-pistool is met ammunisie op die toneel gevind. Die vier verdagtes wat in hegtenis geneem is, almal tussen 21 en 42 jaar oud, sal binnekort in die Goodwood-landdroshof op aanklagte van transitoroof, poging tot moord, die onwettige besit van ’n vuurwapen, ammunisie en springstof verskyn.”

Dit is nie duidelik hoeveel verdagtes die polisie ontwyk het nie. Die polisie het hul 72-uur-aktiveringsplan in werking gestel om dié verdagtes op te spoor.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

Kokerboom ·

Vrye toegang van plofstof uit Zim!!!”ALL of Africa are Our People. SA’s borders are open for you!!”

minnie muis ·

inside job…. roetes word eers laat bekend gemaak …. track almal se selfoon oproepe, iemand het getip

Marius ·

Hoekom word die rowers hospitaal toe gevat ? Nou moet die belasting betalers nog vir hul mediese kostes ook betaal.

Jaco ·

Vervoer die geld in ‘n gewone motor en pak die geld in swart tuinvuillis sakke. Dis omdat geldwaens lyk soos wat hulle lyk dat hulle uitstaan en maklike teikens is.

Pierre ·

so niemand gaan sien dat hulle met swart sakke by n winkel uitloop nie.

Jacobus ·

Met inside information gaan dit nie eers help om n helikopter te gebruik nie.

Blikkies ·

Al hierdie CIT rowe is inside information. Daar moet regtigwaar nou van tegnologie gebruik maak om die insiders te vang. Dit is beskikbaar, Gebruik dit? of is daar ook nie ‘n gewilligheid te bespeur nie.

Tienie ·

Ons almal weet wie het die geld nodig en waar gaan dit heen.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.