Vleis, vrugte maak jou kosmandjie duurder

Vleis is nou gemiddeld 7,2% duurder as ‘n jaar gelede. (Foto: Maroela Media)

Suid-Afrika se inflasiekoers het verlede maand op 3,2% gestaan, ʼn effense styging van die 3,1% in Desember verlede jaar.

Statistieke Suid-Afrika (StatsSA), het Woensdag gesê die grootste aandrywers van die jaarlikse inflasiekoers was kos en nie-alkoholiese drankies, behuising en nutsdienste, asook diverse goedere en dienste.

Kosprysinflasie staan in hierdie stadium op 5,4%, waar dit in Desember 6% was.

Kos en nie-alkoholiese drankies het op ʼn jaargrondslag met 5,4% gestyg, behuising en nutsdienste met 2,6% en diverse goedere en dienste het op ʼn jaargrondslag met 6,5% gestyg.

Verbruikers betaal nou gemiddeld 7,2% meer vir vleisprodukte. Olie en vette is meer as 10% duurder, vrugte jaag jou nou gemiddeld 6% meer uit die sak, terwyl brood en grane gemiddeld 5,1% duurder is as ʼn jaar gelede.

Groente is wel effens goedkoper, maar ook net-net en kos jou nou 0,6% minder as ʼn jaar gelede.

Diegene met ʼn soettand dok vanjaar ook meer op vir suiker, lekkers en nagereg. Dié produkte is nou gemiddeld 7,3% duurder as dieselfde tyd verlede jaar.

Alkoholiese drankies is gemiddeld 2,9% duurder. Spiritualieë is 3,4% duurder as verlede jaar, wyn 4,3% en bier kos jou nou 1,8% meer.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.

13 Kommentare

jongste oudste gewildste
Manie

Loutere snert, my eenvoudige kos se pryse styg maandeliks. Behalwe dat vars groente duurder geword het, het die kwaliteit ook afgeneem. ‘n Dood eenvoudige voorbeeld, skaapvleis het ‘n jaar gelede nog R90-00 – R95-00 per kg gekos indien jy heel skaap gekoop het. Jy kry eenvoudig nie meer vandag skaapvleis onder R 125-00 per kg vir heel skaap nie. Dis 40+ persent verhoging.

Genis

En ons in die privaat sector kry geen verhogings nie…

Eend Bessinger

Alles gaan op, behalwe die reën. En die petrolprys van tyd tot tyd.

Cecilia

Waar het d ou sy navorsing gaan doen?
Week na week as jy in d winkels in stap is d goed duurder. N kombo groente by Foodlovers was 2020 d tyd nog R79 nou is dit skielik R129 vir d selfde hoeveelheid groente maar n swakker gehalte.
Skaap leis in Mbombela is nou al R169 n kg. So Marie as j dit vir R129 p/kg kry is dit goedkoop.

Lindie

Ek verstaan die verhoging in vleis en vrugte gladnie, want die produsent kry dan minder of dalk net soveel as verlede jaar vir sy produk. Van ons produkte het ons nie eens ‘n afset voor nie. Dit hang nog aan die bome. Sappige geelperskes, ons kwota is volgelewer.