Vlieënier doen noodlanding langs pad

Argieffoto

Argieffoto

ʼn Vlieënier in sy 30’s is ongedeerd nadat hy Saterdag ʼn noodlanding in ʼn veld naby Witbank in Mpumalanga gedoen het.

Volgens Russel Meiring, woordvoerder van ER24, is paramedici na die toneel ontbied nadat die man in ʼn ligte vliegtuig ʼn noodlanding in die veld langs die R554 uitgevoer het.

“Die vlieënier is op die toneel ondersoek en het gelukkig geen beserings opgedoen nie,” het Meiring gesê.

Die oorsaak vir die noodlanding is nie bekend nie en word deur plaaslike owerhede ondersoek.

Dit was die tweede voorval oor die naweek waartydens paramedici reageer het op ʼn toneel waar ʼn ligte vliegtuig by betrokke was.

ʼn Direkteur van die Irene-melkplaas in Centurion is glo Vrydagaand ernstig beseer nadat ʼn mikrovliegtuig naby Nellmapiusweg neergestort het.

Santi Steinmann, woordvoerder van Netcare 911, het gesê een persoon, glo die vlieënier, is ernstig beseer en is onmiddellik na ʼn nabygeleë hospitaal gehaas vir behandeling. Die passasier is nie beseer nie en is op die toneel ondersoek.

Anthony McKay, hoofbestuurder van die Irene-melkplaas, wou nie kommentaar lewer nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

karel Kraai ·

Deel iemand hierdie vliegtuigies iewers vernuut uit….of kry jy een as jy n Fortuner koop.
Die goed kan lykmy net nie in die lug bly nie…of is dit soos die quadbike hype…almal het een maar wil oormore n fancier een he…mark is oorvol van die 2de handse vliegtuigies.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.