Vlieënier dood toe ligte vliegtuig neerstort

Omstanders op die toneel ná die ongeluk. (Foto: BesMed Emergency Medical Service/Twitter)

’n Vlieënier is Saterdag vroegoggend dood toe die ligte vliegtuig waarmee hy gewasse in die omgewing van Kirkwood in die Oos-Kaap gespuit het, neergestort het.

Kabelo Ledwaba, woordvoerder van die Burgerlugvaartowerheid (BLO), het aan Maroela Media gesê die vlieënier van ’n Piper 25 Pawnee het gewasse gespuit toe dit neergestort het.

Die vlieënier was die enigste insittende ten tyde van die voorval.

Sers. Majola Nkohli, woordvoerder van die polisie, het die vlieënier as Andries Duffy (50) geïdentifiseer.

Volgens Nkohli het die vliegtuig omstreeks 06:20 by Sunny Bank neergestort. “Die vliegtuig het na bewering die grond getref en in vlamme uitgebars.”

Die polisie is besig met ’n geregtelike doodsondersoek.

Ondersoekers van die BLO se afdeling wat ongelukke en voorvalle ondersoek, is onderweg na die toneel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Mad Mike die Rhodesiër ·

Daar laag-vlieg-toertjies om gewasse te bespuit het ek een keer probeer. Nooit weer nie. Dis gespesialiseerde vliegkuns daardie. Tog het ons spesialiste soos hierdie nodig om seker te maak dat pestilensies nie ons oeste verniel en die land honger laat nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.