Die vlieënier van ’n mikrovliegtuig het Maandagoggend kritieke beserings opgedoen nadat dié vliegtuig in Centurion neergestort het. Sy passasier (18) het matige beserings in die voorval opgedoen.
Ross Campbell, woordvoerder van ER24, sê paramedici is vanoggend na Sunderlandrif ontbied waar hulle omstreeks 07:00 met hul aankoms op die toneel die wrak van ’n mikrovliegtuig in ’n veld aangetref het.
Die 52-jarige vlieënier is op die toneel behandel voordat hy met ’n lugambulans na ’n private hospitaal gevlieg is vir verdere mediese behandeling. Sy passasier is ’n ent van die wrakstukke aangetref en het matige beserings aan sy regterbeen in die voorval opgedoen.
Hy is ook op die toneel behandel voordat hy na ’n hospitaal geneem is.
Die oorsaak van die ongeluk is nie in dié stadium duidelik nie.
Maroela Media het ’n navraag aan die Burgerlugvaartowerheid (BLO) gestuur en wag op terugvoer.
O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.
4 Kommentare
Dis hkm ek maar veilig my 2 voete stewig op moeder aarde hou.
Als van die beste
Beide beseerdes aan my bekend. Baie sterkte aan almal wat hierdeur geraak is. Jullle is in my gebede!