ʼn Vlieënier is in ʼn kritieke toestand nadat sy vliegtuig Vrydag naby Witsand in die Wes-Kaap neergestort het.
“Die vlieënier se lugbespuitingsvliegtuig het omstreeks 11:00 op die Plaas Waterkloof in Heidelberg, 15 km wes van Witsand, neergestort,” het Robert Daniels, woordvoerder vir die provinsiale nooddienste, in ʼn verklaring gesê.
Die vlieënier is in ʼn kritieke, maar stabiele toestand, per helikopter na die provinsiale hospitaal in George geneem.
Aaag laat ek tog ietse skryf. Julle nuus is baie puik, en ek hou van die regter kant se kies van onderwerpe. Groete