Vlieënier ongedeerd ná noodlanding

Argieffoto

Argieffoto

ʼn Vlieënier het Saterdagmiddag ʼn noue ontkoming gehad nadat hy skynbaar ʼn noodlanding by ʼn vliegveld in Kromdraai, noord van Pretoria, gemaak het, en die vliegtuig etlike oomblikke daarna aan die brand geslaan het.

Peet Dorfling, voorsitter van die Apiesrivier Landelike Brandbeskermingsvereniging, het aan Maroela Media gesê die voorval het omstreeks 15:30 plaasgevind.

“Ons kan nog nie met sekerheid sê of die vlieënier wel ʼn noodlanding gemaak het nie, maar die vliegtuig het ʼn entjie van die landingsbaan in die veld tot stilstand gekom,” het Dorfling gesê. Die vlieënier kon uit die vliegtuig klim voor dit aan die brand geslaan het. Die veld het daarna ook aan die brand geslaan.

Die vlieënier was die enigste insittende in die Bushbaby-vliegtuig. Die vliegtuig het heeltemal uitgebrand.

Die oorsaak van die voorval is onbekend en sal deur die Burgerlike Lugvaartowerheid ondersoek word.

Die veldbrand is omstreeks 17:00 onder beheer gebring.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.