Vlieënier se dood ruk lugvaartgemeenskap

Kapt. Keith Patterson. Foto: Facebook

Kapt. Keith Paterson. Foto: Facebook

Kapt. Keith Paterson (51) wat Woensdag dood is nadat sy ligte vliegtuig in ʼn wildreservaat in die Herbertsdale-gebied, naby Mosselbaai in die Wes-Kaap neergestort het, was ʼn hoogs ervare vlieënier wat as ʼn instrukteur by ʼn vliegskool gewerk het.

Maroela Media het vroeër berig Paterson is dood nadat sy vliegtuig in ʼn beboste gedeelte van die reservaat neergestort het. Kapt. Malcolm Pojie, woordvoerder van die polisie, het aan Maroela Media gesê die voorval en oorsaak van die ongeluk sal deur die Burgerlike Lugvaartowerheid ondersoek word. ʼn Geregtelike doodsondersoek sal ook deur die polisie gedoen word.

Attie Niemann, die uitvoerende hoof van 43 Air School in Port Alfred, het gesê as mens in ag neem hoe ervare en professioneel Paterson was, vermoed hy ʼn ernstige tegniese fout of probleem het die ongeluk veroorsaak. Niemann het gesê Paterson was ʼn senior lugvaartopleidingskaptein vir SAL en ʼn direkteur van PTC Aviation in Port Elizabeth.

“Keith was een van die mees professionele vlieëniers wat ek al ooit die voorreg gehad het om mee te vlieg en hy sal ʼn groot leemte in ons harte en lugvaart laat,” het hy gesê.

Volgens Niemann was Paterson na Kaapstad onderweg om die vliegtuig vir ʼn vriend te neem, wat dit by hom gekoop het, toe die ongeluk gebeur het. Hy het Paterson beskryf as iemand wat sy lewe voluit geleef het en altyd ʼn positiewe uitkyk op die lewe gehad het. “Hy het ʼn glimlag vir almal gehad en is hoog geag deur almal wat hom ontmoet het,” het hy gesê.

“Sy dood is ʼn reuseverlies vir ons maatskappy en organisasie, asook die hele lugvaartgemeenskap. Hy sal gemis word deur almal wie se lewens hy aangeraak het. Ons sal Keith egter altyd onthou met ʼn glimlag op ons gesigte.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Rus in vrede Kaptein ·

Rus in vrede Kaptein, sjoe wat ‘n mooi getuigskrif.

Gesiggie ·

Dit is wat als soveel erger maak, n ervare mens wat geweet het hoe om te vlieg… soveel ondervinding agter sy naam, en dan gebeur so iets”’ dit gaan my verstand ten bowe” dat iemand wat doen waarvoor hy die liefste is… sy lewe daar deur moet verloor… n mens mag nooit vrae.. hoekom so? en hoekom dit… die enigste een wat al die antwoorde sou kon gee, is die persoon hom self…Sterkte aan Kapt Keith Paterson se Familie. RIP Kaptein

Bob ·

Dis vir my baie sleg om te hoor. Wat my egter grief is dat die oorsaak tegnies van aard was. As dit n egter n gesertifiseerde ligte vliegtuig was maak dit my nog meer ongelukkig. Mens betaal n arm en n been om die goed by n geakkrediteerde plek te laat diens en dan gebeur n “tegniese” fout. Waar is die diens rekords? Dis so duur omdat die vakmanskap bedoel is om beter te wees. Hoeveel vliegtuig onlukke was veroorsaak deur tegniese foute die afgelope ruk wat maar net swak vakmanskap en swak kwaliteitskontole is. Dit gee n swak naam vir vlieg en die goeie vakmanne daarbuite. N vliegtuig enjin breek nie net sommer nie.

Poplap ·

Kon jy nie maar wag met al die verwyte en beskuldigings tot tyd en wyl die ondersoek na die voorval afgehandel is nie?

Cherokee ·

Jy is reg Poplap. Hy weet nou blykbaar wat die fout was selfs voor Departement Burger Lugvaart.

Tiger ·

Ai so tragies.Ons medelye en simpatie is met die familie van Kaptein Paterson.Vir iemand met soveel ervaring om NIE ‘n noodlandig suksesvol te kon uitvoer nie is snaaks.Daar het beslis iets drasties fout gegaan.’n Enjin wat gaan staan sal nie maak dat die vliegtuig sommer grond toe duik nie.Of ‘n deel van die vliegtuig het in vlug afgebreek wat beheer vir ‘n noodlanding onmoontlik gemaak het OF Kapt.Paterson het dalk ‘n dodelike hartaanval gehad wat hom buite aksie gestel het.Laasgenoemde is dalk meer waarskynlik aangesien hy die vliegtuig gaan aflewer het en mens lewer nie ‘n vliegtuig af as hy nie in 110% lugwaardige toestand is nie.Die ondersoeke sal egter die waarheid ontbloot.RIV Kaptein Paterson.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.