Paramedici is Saterdag omstreeks 12:00 ontbied na ʼn vliegtuigongelukstoneel in Syferfontein in Westonaria aan die Wes-Rand.
Shawn Herbst, woordvoerder van Netcare 911, sê die ongeluk met ʼn ligte vliegtuig het naby ʼn nabygeleë vliegveld plaasgevind.
“Daar was slegs een persoon, ʼn volwasse man, aan boord. Hy het nie enige tekens van lewe getoon nie en is op die toneel dood verklaar.”
Die oorsaak van die ongeluk word ondersoek.
O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.
7 Kommentare
Is dit nie n bewys dat daar beter opleiding gegee word aan die vlieeniers nie want daar is die afgelope jaar soveel vlieg ongelukke ek se maar net
Tragies. In die foto lyk dit na donderweer wolke. Baie gevaarlik vir n ligte vliegtuig in donderweer. Het self in my jong dae gevlieg
Nee Kobus, in die geval het jy dit verkeerd. As jy weet wie dit was, sal jy weet daar moes ander fout wees. Die man was ‘n lt kolonel en het vlieëniers opgelei. Het mirages gevlieg ens ens Hy het baie baie jare se ondervinding gehad. Daar was min vlieeniers so bekwaam soos hy.