Volgens die polisie het die ongeluk Maandag omstreeks 13:00 gebeur. Paramedici van EMR, ʼn private ambulansdiens in Hermanus, het bevestig die vlieënier is in die ongeluk dood en daar was geen passasiers in die vliegtuig nie.
Die SAUK het berig dat dit ʼn Eclipse 500-sakestraler is wat neergestort het naby die N2 tussen Swellendam en Caledon. Volgens die lugmag was die straler van Lanseria na Kaapstad onderweg en het dit radioverbinding verloor.
Executive suicide?