Vlieënier sterf in Swellendam-ongeluk

Die ongelukstoneel. Foto: ERM Private Ambulance/Facebook

Die ongelukstoneel. Foto: ERM Private Ambulance/Facebook

ʼn Vlieënier is dood nadat sy straalvliegtuig naby Swellendam in die Wes-Kaap neergestort het.

Volgens die polisie het die ongeluk Maandag omstreeks 13:00 gebeur. Paramedici van EMR, ʼn private ambulansdiens in Hermanus, het bevestig die vlieënier is in die ongeluk dood en daar was geen passasiers in die vliegtuig nie.

Die SAUK het berig dat dit ʼn Eclipse 500-sakestraler is wat neergestort het naby die N2 tussen Swellendam en Caledon. Volgens die lugmag was die straler van Lanseria na Kaapstad onderweg en het dit radioverbinding verloor.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.