Vlieënier sterf in vliegongeluk

Die wrak. (Foto: Verskaf)

ʼn Vlieënier is Dinsdag dood nadat sy vliegtuig in die Bronkhorstspruit-natuurreservaat neergestort het.

Shawn Herbst, woordvoerder van Netcare 911, sê paramedici is om 17:23 na Bronkhorstspruit ontbied ná gerugte dat ʼn klein vliegtuig in die gebied neergestort het.

“Toe paramedici op die toneel aankom, het hulle stukke van ʼn ligte tweesitplekvliegtuig wat uitmekaar geskeur is, aangetref,” sê hy.

ʼn Volwasse man, wat glo die enigste insittende aan boord die vliegtuig was, is deur paramedici ondersoek. Hy het egter geen tekens van lewe getoon nie en is op die toneel dood verklaar.

Dit is nog nie bekend hoe die vliegtuig neergestort het nie, maar owerhede was op die toneel en ondersoek die saak verder.

Die Burgerlugvaartowerheid het vroeër vanjaar gesê dat altesaam 32 mense die afgelope drie jaar in kommersiële vliegongelukke dood is. Dit sluit vlieëniers en leerdervlieëniers in.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

Shakespeare ·

Soooo onnodig. Bitter hartseer en baie keer onverwerkbaar deur die wat agtergelaat word. Innige simpatie.

Tipper ·

So dikwels lees mens dat die klein vliegtuie val en die vlieënier is oorlede,wat is dan die rede dat die vliegtuig neerstort,die pilots gaan mos hulle Checklist deur.

Cherokee ·

Tipper, vliegongelukke is niè altyd meganies gebonde nie. Daar is vele ander faktore soos bv omgewing, weer asook vlieëniersfout.
As voorbeeld, wanneer ‘n rompstaking plaasvind, het dit met spoed te doen, en nie enjin nie.
Besef jy dat een vlerk vinniger as die ander kan vlieg? Klink vreemd nê! Strek jou arms uit na die kante en tol in die rondte. Die buitenste arm beweeg báie vinniger as die binneste… In so ‘n geval hou die binneste vlerk op met vlieg terwyl die buitenste aanhou vlieg, en selfs kan spoed optel. Dit word ‘n ‘ spin’ of tolvlug genoem. Te naby aan die grond is daar geen kans op herstelling.
So, alles mag meganies reg wees, maar daar is ander faktore ook wat aandag verg.

KB ·

Daar is altyd ‘n magdom moontlikhede – “Act of God”, vlieëniersfout, meganiese fout, elektriese-/elektroniese fout… – waarna gekyk/ondersoek moet word. Dis nie altyd so eenvoudig nie. Hê liefs begrip.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.