ʼn Vlieënier is Dinsdag dood nadat sy vliegtuig in die Bronkhorstspruit-natuurreservaat neergestort het.
Shawn Herbst, woordvoerder van Netcare 911, sê paramedici is om 17:23 na Bronkhorstspruit ontbied ná gerugte dat ʼn klein vliegtuig in die gebied neergestort het.
“Toe paramedici op die toneel aankom, het hulle stukke van ʼn ligte tweesitplekvliegtuig wat uitmekaar geskeur is, aangetref,” sê hy.
ʼn Volwasse man, wat glo die enigste insittende aan boord die vliegtuig was, is deur paramedici ondersoek. Hy het egter geen tekens van lewe getoon nie en is op die toneel dood verklaar.
Dit is nog nie bekend hoe die vliegtuig neergestort het nie, maar owerhede was op die toneel en ondersoek die saak verder.
Die Burgerlugvaartowerheid het vroeër vanjaar gesê dat altesaam 32 mense die afgelope drie jaar in kommersiële vliegongelukke dood is. Dit sluit vlieëniers en leerdervlieëniers in.
- (Foto: Verskaf)
- (Foto: Verskaf)
O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.
10 Kommentare
Soooo onnodig. Bitter hartseer en baie keer onverwerkbaar deur die wat agtergelaat word. Innige simpatie.
So dikwels lees mens dat die klein vliegtuie val en die vlieënier is oorlede,wat is dan die rede dat die vliegtuig neerstort,die pilots gaan mos hulle Checklist deur.
Nie leerder-vlieëniers nie, maar leerling-vlieëniers, asb.
Sterk wind het vlerk afgebreek