Vlieënier sterf toe ligte vliegtuig neerstort

Die nooddienste vanmiddag op die toneel. (Foto: Verskaf)

Die vlieënier van ’n ligte vliegtuig is dood toe sy tuig Donderdagmiddag in ’n veld oos van Pretoria neergestort het.

Min inligting oor die voorval is in hierdie stadium bekend.

Kyle van Reenen, woordvoerder van Emer-G-Med, sê paramedici is net ná 14:00 na die toneel naby Boschkopweg ontbied.

Die polisie was vanmiddag op die toneel. (Foto: Verskaf)

Die vlieënier was alleen aan boord en het ernstige beserings tydens die voorval opgedoen. Hy is op die toneel dood verklaar.

Die polisie is op die toneel om ondersoek in te stel.

Maroela Media het ’n navraag aan die Burgerlugvaartowerheid (BLO) gerig en wag op terugvoer.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

Cherokee ·

Die polisie kan g’n ondersoek instel nie.
Hulle weet niks daarvan nie.
Dit is Departement Burgerlugvaart se werk.

Hennie Biebouw ·

Jou kommentaar impliseer dat die “South African Civil Aviation Authority” iets sou weet van lugvaart…( daar bestaan nie so iets soos “Departement Burgerlugvaart” nie ) Terloops, hierdie ongeluk was na alle waarskynlikheid die gevolg van ‘n strukturele fout. Een van die vlerke is meer as 800 m van die ongeluks toneel gevind.
Hoe dit ookal sy, RIV Neville en ZU-UKU

Cherokee ·

Jy;s nogal reg Jan. Ek dink ook nie hulle het meer die bevoegdheid van toeka se jare nie.

Cherokee ·

‘Bitter ervare’ sê jy. Party mense praat selfs van ‘bitter lief’. Die verskriklikste plekke waar ‘bitter’ ingepas word. As die koffie baie soet is, sal iemand dalk nog sê dit is ‘bitter soet’.

Hennie Biebouw ·

En jou punt? Aaah , mea culpa. Ek let nou jy is skynbaar die selfaangestelde “resident” taal Nazi op die platform. Dis tog so belangrik dat daar ‘n taal Nazi op elke openbare Afrikaanse platform moét wees.

Corne123 ·

Wat hoe kan die poliesie ondersoek instel dit is burgerligvaat wat ondersoek moet instel hoe ookal te se nie een van hulle sal iets gedoen kry nie alby ewe sleg

Cherokee ·

Lees hoër en sien hoe word polisie en lugvaart geskryf.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.