Vlieënier sterf tydens ligtevliegtuig-ongeluk

‘n Vlieënier is dood toe sy ligte vliegtuig Sondag naby die R59 in die rigting van Vereeniging neergestort het (21 Mei 2017) Foto: Stad Ekurhuleni

ʼn Vlieënier is Sondagoggend dood toe sy ligte vliegtuig naby die R59 in die rigting van Vereeniging neergestort het.

“Reddingspanne van Tokoza en Palm Ridge-brandweer het dadelik reageer,” het William Ntladi, woordvoerder van Ekurhuleni se ramp- en nooddienste, gesê. “Die man was steeds binne die wrak van die vliegtuig vasgekeer. Hy het ongelukkig nie reageer op enige behandeling nie en is op die toneel dood verklaar.”

Die polisie en burgerlike lugvaartowerheid stel ondersoek in.

“Die enigste inligting wat tans beskikbaar is, is dat die man by Rand-lughawe in Germiston opgestyg het. Sy bestemming is nog onbekend.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Jacques ·

Wat ek julle wel kan se van daai vlietuig is dat dit n Yak 52 semi aerobatic vliegtuig is

Tiger ·

Dankie Jaques ek het gewonder watse vliegtuig dit kon wees.Ons harte gaan uit na die vlieenier se naas bestaandes.

madels ·

Ek is verbaas hoeveel mense die afgelope paar maande in vliegongelukke dood is. Ek wonder of die polisie ooit ondersoek instel of die vliegtuie gevalle van sobatasie is nie?? Ek meen, hoe maklik is die net nie om te peuter aan die vliegtuie om seker te maak die “wit man/vrou of kinders, gaan hul dood val nie… dis mos nou baie maklike manier om van wittes ontslae te raak….
Dis verskriklik dat mense so moet sterf, ek kan net dink die angs en vrees wanneer almal besef daar is iets fout en hul gaan na hul dood val… Dis verskriklik, verskriklik :-(

Frikkie ·

Hi Mandels, waarom ‘n ras gedrewe kommentaar te lewer het ons nie reeds genoeg van rasse kritiek gehoor nie en hoe dink jy voel die familie oor jou uitlatings. Daar was mense wat hulle lewe verloor het dit kon dalk een van onsse broers of susters gewees het, miskien onse ma en pa ook dalk.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.