Vlieënier weer in PE-hof oor dodelike ongeluk

Kelvin Zirema, ‘n Zimbabwiese vlieënier, word in Port Elizabeth van onder meer strafbare manslag aangekla. (Foto: Facebook)

Kelvin Zirema, die vlieënier van Port Elizabeth wat aangekla word vir die dood van ʼn Nigeriër, het Vrydag weer in die landdroshof in die stad verskyn. Die saak teen hom is uitgestel.

Zirema, ʼn Zimbabwiese burger, is vroeër vanjaar in hegtenis geneem en aangekla van onder meer dronkbestuur, strafbare manslag, roekelose en nalatige bestuur en die oortreding van immigrasiewetgewing.

Hy het sedertdien ʼn nuwe prokureur aangestel: die bekende Baaise prokureur Alwyn Griebenow. Griebenow was nie vandag in die hof nie en adv. Terry Price het die hofverskyning behartig.

Zirema het glo op 12 Mei vanjaar in sy Audi A4 in die regterbaan op pad na Kings Beach gery, toe hy twee voetgangers getref het. Anthony Agbo (36), ʼn Nigeriër, is op die toneel dood. Hy was glo nog net ʼn paar dae lank in Suid-Afrika.

ʼn 26-jarige vrou van Zwide is ook ernstig beseer en haar een been is ná die ongeluk geamputeer. Haar naam is nie bekend gemaak nie.

Zirema het na bewering beheer oor die motor verloor en ook in vier stilstaande voertuie naby die Humewood Hotel ingeploeg. Hy het van die toneel gevlug, maar is kort daarna in hegtenis geneem.

Tydens sy borgtogaansoek het sy regspan aangevoer Zirema het drie whiskies en ʼn shooter-drankie by ʼn braai gedrink in die ure voor die dodelike ongeluk, het The Herald berig.

Zirema se aansoek om borgtog is verlede maand van die hand gewys omdat hy onwettig in die land is. Hy het geappelleer teen die bevinding en is sedertdien vrygelaat.

Die saak is tot 14 Oktober uitgestel vir verdere ondersoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

22 Kommentare

Arno Scheepers ·

Mr Zirema, you are guilty…..your surname is not zuma.

Cherokee ·

Waarom word na hom verwys as ‘n vlieënier terwyl dit ‘n karongeluk was? En waarom ‘van PE’ as hy onwettig in die land is? Onverstaanbare berig-titel en beskrywing.

MT ·

Hoekom mors hulle ons land se geld so? Laai hom in ‘n wa en pos hom terug na sy land! Hy is dan onwettig is SA en oortree ons wette. Dis hoekom die misdaadsyfer so hoog is! Onwettige immigrante en kriminele het meer regte as ons wetgehoorsame landsburgers!

Skaap ·

Daar is baie onwettige sg. dokters, vlieeniers, etc wat in die pragtige land rond hardloop.

Maljan ·

Daar is “Immigrasie wetgewing in dié land? In Suid Afrika? Wel, slaat my plat met n dronk vis.

Gerhard ·

Glo nie hierdie ou gaan terugkom na sy borg toegestaan is nie, Hy is dan onwettig in die land. Hulle gaan hom nie weer sien nie. Dankie Dept van Justisie.

leser ·

kry solank sy lasbrief vir inhegtenisneming gereed vir die versuiming om in die hof op 14 Oktober (watter jaar ookal) te verskyn

Skoolgeld ·

Dis nou om op die verkeerde plek op die regte te tyd te wees vir die onwettiges

Wouter Botes ·

Indien daardie foto van hom met twee strepe op sy skouer sy hoogste kwalifikasie in lugvaart is, is hy nie ‘n indiensneembare vlieënier nie en kan ook nie so genoem word nie. Dit kan m.a.w. nie sy beroep wees nie, want hy mag nie met 2 strepe ‘n salaris verdien as vlieënier nie. Sê maar net.

Asmain ·

Hoe op dees aarde kry n persoon wat onwettig in die land is, borg?
Moes hy nie ook aangekla word itv die Immigrasie wetgewing nie?

Kobus ·

Is twee strepe nie ‘n tweede offisier nie? Met ander woorde, wel gekwalifiseerd maar besig met verdere opleiding. Ek het van hulle gesien by SA Express waar hulle mede-vlieëners is op kleiner twin props.

Gert van Wierdapark ·

Hoop nie sy verweer gaan wees dat hy in ‘n plassie gegly het nie! Die verskoning het reeds een keer water gehou!!!

Stebastiaan ·

En die een wat met sy lewe geboet het, was hy en sy vriendin wettig in die land? Vra maar net!!!

Pêl ·

Interessante karakter. As hy jou pêl is sal jy nooit n dull moment in jou lewe hê nie. Lol

Piet ·

Hy kan duidelik nie sy drank hanteer nie, ek drink 3 wiskeys en ‘n shooter drankie voor breakfast!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.