Vlieërplank-instrukteur verdrink in see by Langebaan

Argieffoto: NSRI

Argieffoto: NSRI

ʼn 39-jarige vlieërplankinstrukteur van Nederland het glo Dinsdagmiddag in die see by Langebaan in die Wes-Kaap verdrink.

“Die bemanning van NSRI Mykonos is ontbied nadat berigte ontvang is dat ʼn vlieërplankryer in die moeilikheid beland het in die see tussen Mykonos en die mond van die strandmeer in Langebaan,” het Casper Frylink, stasiebevelvoerder van die Nasionale Seereddingsinstituut (NSRI), Woensdag in ʼn verklaring gesê.

Die man het met sy gesig na onder in die water gedryf toe hy gevind is. Hy het nie asemgehaal of ʼn pols gehad nie. Alle pogings om die man se lewe te red was onsuksesvol.

“Die man se liggaam is aan die polisie oorhandig. Die polisie doen ʼn geregtelike doodsondersoek om die oorsaak van sy dood te bepaal,” het Frylink bygevoeg.

Die man, van Rijssen in Nederland, was die afgelope twee jaar ʼn instrukteur in Langebaan tydens sy jaarlikse besoeke aan Suid-Afrika.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.