Vlieg was SA’ner in Namibië se passie

Nicole Mienie (Foto: Facebook)

Om te vlieg was Nicole Mienie se passie terwyl Namibië dié jong vlieënier van die Klein-Karoo na aan die hart gelê het.

Só lui ’n inskrywing oor Mienie op Scenic Air se webblad, enkele dae nadat een van dié Namibiese toeroperateur se vliegtuie met haar en ’n Duitse gesin van vier in Namibië neergestort het.

Mienie was Dinsdag met die Duitse egpaar Thomas en Evelyn Rings en hul dogters, Alicia (19) en Paulina (17), na Rundu onderweg, toe die Cessna Centurion C210, V5-LMK kort ná 12:00 in die Zambezirivier neergestort het.

Die oorsaak van die ongeluk is in dié stadium nog onbekend en word tans deur die direktoraat van lugvaartongelukondersoeke ondersoek, sê Scenic Air in ’n verklaring.

Internasionale media berig die Rings-gesin het die afgelope paar weke in Namibië vakansie gehou en sou binnekort na Duitsland terugkeer.

Die Britse publikasie The Mirror berig die gesin het drie dae lank by ’n lodge op die oewer van die Choberivier tuisgegaan voordat hulle vermoedelik Dinsdag ’n riviertaxi tot by Impalila-eiland geneem het, waar die vlug opgestyg het. Die vliegtuig het minute later neergestort.

Mienie het enkele maande voor haar dood na Windhoek in Namibië verhuis en het by Scenic Air as vlieënier gewerk.

“Jou tyd in Namibië was te kort gewees. Rus in vrede Nicole,” lui ’n inskrywing op haar Facebook-blad. “Vlieg hoog,” lui ’n ander.

“Almal by Scenic Air is verpletter deur hierdie tragiese gebeurtenis en ons innige meegevoel gaan uit aan die families en vriende wat geliefdes verloor het,” sê Michael Böttger, uitvoerende direkteur van Scenic Air.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

Prikkie ·

Hennie, kan jy vir ons verduidelik waarom jy sê dat sy onervare was?

Het die drie strepe op haar skouer enige betekenis of kry elke vlieënier dit saam met hul vlieglisensie?

Swerwer ·

Sò hartseer dat so ‘n pragtige jong dame haar lewe moes verloor op so ‘n jong ouderdom

Prikkie ·

Maroela lesers lewer kommentaar oor hoe jonk die vlieëner was en dat sy te min ondervinding het.

Mag ek vra hoe weet julle hoeveel ondervinding sy gehad het? As ek my nie misgis nie, kan jy jou vlieglisensie op 16 jarige ouderdom kry.

En ek vra weer, ek weet nie, beteken die drie strepies op haar skouer niks? Kry jy dit saam met jou vlieglisensie?

piet ·

Aan die ander kant, toe ek haar ondervinding bevraagteken het na die eerste berig, is my kommentaar nie geplaas nie. Sy het ‘n lisense gehad om ligte vliegtuie te vlieg, daai strepies kan nie vergelyk word met ervare vlieeniers van groot passasiersvliegtuie nie.

Prikkie ·

Piet, dit verstaan ek (ek was in die SA Lugmag).

Ek wil egter nog steeds graag weet of ‘n vlieënier soos sy, vanaf die oomblik wat ‘n vlieglisensie toegeken word die drie strepies op die epoulette kry, of het dit dalk te doene met sekere aantal vliegure, of dalk graderings (grootte vliegtuig of soort vliegtuig).

Ek is net nuuskierig – geen verskuilde agenda nie.

piet ·

O, nee Prikkie ek weet nie. Miskien kan iemand ons help. Ek weet wel dat by die groot lugreederye die aantal strepies mag verskil van redery tot redery. Gewoonlik het die vlugingenieur 2 strepe, die eerste offisier 3 strepe en die kaptein 4 strepe. So by paasasiersvliegtuie lyk dit asof senioriteit die aantal strepe bepaal. Baie vlugingenieurs het byvoorbeeld ook hul vlieenierslisensies so hulle kan die vliegtuig vlieg as dit moet.

Hennie Biebouw ·

Die drie strepies beteken sy het haar CPL geslaag. (Commercial Pilot Licence) Die tipe vliegtuig is irrelevant teenoor dié kwalifikasie. Een jy kan verseker wees, om ‘n CPL te slaag is geensins maklik nie.

Vlieëniers begin gewoonlik hul kommersiële loopbaan op kleiner vliegtuie en bou ure wyle hul hul “type rating” uitbrei na twee metorige vliegtuie turbo props (soos die Cessna 208 en op die oue einde ook die Piltaus). Dis harde werk en kos baie geld om op die ou einde by rederye se twin turbo props en straalvliegtuie soos die 737 uit te kom.

Dis ‘n hartseer ongeluk hierdie. Katestrofiese engine probleme is raar, maar dit gebeur, en wanneer dit so laag gebeur, in so ‘n onherbergsame gebied, dan is die uitkoms gewoonlik nie ‘n goeie een nie.

Oosieoos ·

Baie tragies en hartseer. Wonder wat sou die klomp hoogs intelegente mense wat altyd beter weet gesê het as dit hul dogter was.

Oosieoos ·

Sy was a “Kaptein airline pilot” ook genoem “Master pilot” so baie ondervinding gehad

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.