Vliegtuig doen noodlanding in soutpan

Foto: ANA (Verskaf deur SAPD)

Twee jong mans het Dinsdag ʼn noue ontkoming gehad nadat hulle noodgedwonge ʼn noodlanding met hul ligte vliegtuig moes uitvoer in ʼn soutpan naby Colchester in die Oos-Kaap.

Kapt. Andre Beetge, woordvoerder van die polisie, het gesê die mans is nie in die voorval beseer nie.

Die 19-jarige vlieënier van die Sling 2-vliegtuig het turbulensie in die lug ervaar en moes in die soutpan wat aan Tankatara Salt Works behoort ʼn noodlanding doen. “Hy en sy 21-jarige passasier het gelukkig geen beserings opgedoen nie,” het Beetge gesê.

Volgens Beetge behoort die ligte vliegtuig aan ʼn vliegskool in Port Elizabeth en staan dit steeds in die soutpan. Die vliegtuig se eienaars onderneem tans die proses om die vliegtuig uit die pan en terug na die skool te bring.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

11 Kommentare

Opskrif ·

Opskrif kan dalk lees: ‘Gesoute vlieënier land in soutpan’. Vat dit maar met ‘n tikkie sout wat ek sê. Goed om te verneem dit het goed afgeloop. Hoop nie hulle is nou in die sop hieroor.

Cherokee ·

Opskrif moes dalk lees ‘ongesoute vlieënier land in soutpan’ want die rede vir noodlanding spreek vanself.

Justice ·

Hy sal in elk geval maak asof hy van geen sout of water weet nie.

JWC ·

Moet nou nie SOUT in die wonde vryf nie!! :-) Bly insittendes is OK!

jennefer ·

Jul is darem lekker laf ne!! :-) kos sonder sout is ook mos laf?? :-0

Christa ·

Oulik mense, oulik! Hoog tyd dat ons onsself nie so ernstig opmeem nie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.