Vliegtuig doen noodlanding op strand

Die vliegtuig ná die noodlanding. Foto: NSRI

Die vliegtuig ná die noodlanding. Foto: NSRI

ʼn Ligte vliegtuig moes Donderdagmiddag ʼn noodlanding op die strand by Kogelbaai, suid van Gordonsbaai, uitvoer.

Craig Lambinon, woordvoerder van die Nasionale Seereddingsinstituut (NSRI), het gesê bemanning van die NSRI-stasie in Gordonsbaai is omstreeks 14:40 na die Kogelbaai-vakansieoord ontbied.

“Die 54-jarige vlieënier en ʼn 50-jarige passasier van Kalifornië in die VSA is kort na die noodlanding met ʼn private voertuig vir mediese behandeling geneem,” het Lambinon gesê.

Die vliegtuig het vermoedelik by die Stellenbosch-vliegveld opgestyg toe dit ʼn noodlanding, vermoedelik weens enjinprobleme, moes uitvoer. Die vliegtuig het tussen die laagwater- en hoogmatermerk tot stilstand gekom.

Die NSRI-bemanning, polisie en reddingswerkers het op versoek van die vliegveld die vliegtuig tot bo die hoogwatermerk getrek sodat beamptes van die Burgerlike Lugvaarowerheid ongehinderd ondersoek kan instel.

Na wat verneem word, het die mans slegs geringe besering opgedoen.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

Ronel ·

Jare terug het my swaer ook by Gordansbaai ‘n noodlanding gedoen, ook weens enjin probleme.

Johann ·

Baie eienaardige verskynsel die vliegtuie so baie buite beheer, is die goed ooit lugwaardig

Andre ·

Dit lyk soos n replika van n Mustang P51D. Enige landing waarvan af jy kan wegstap is n goeie landing , party is net beter as die ander.

simon ·

Johan,
As jy niks van vliegtuie af weet is dit.beter om stil te bly.
Vliegtuie is oor algemeen baie meer lugwaardig as wat jou eie kar padwaardig is.
Hulle word baie meer gereeld as jou kar nagegaan vir lugwaardigheid as wat jy jou kar ooit inspekteer.

Zee ·

Johan ek stem met jou saam en asof die mense se motors nou nooit problem gee nie….ai die mensdom…..

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.