Vliegtuig met kontantvrag in SA, sê SARB

Zimbabwiese magte hou wag oor die vliegtuig op Harare Internasionale Lughawe (15 Februarie 2016) Foto: AP Photo/Tsvangirayi Mukwazhi

Zimbabwiese magte hou wag oor die vliegtuig op Harare Internasionale Lughawe (15 Februarie 2016) Foto: AP Photo/Tsvangirayi Mukwazhi

Die Suid-Afrikaanse Reserwebank (SARB) het Saterdag bevestig dat die vragvliegtuig met ʼn besending van Suid-Afrikaanse note, wat in Harare, Zimbabwe, vertraag is, het in Suid-Afrika aangekom.

Pradeep Maharaj van die SARB het bevestig die bank is nou in besit van die besending kontant. “Die SARB het saam met die Zimbabwiese en Suid-Afrikaanse owerhede gewerk om die vrystelling van die besending te verseker,” het Maharaj gesê. “Die SARB wil dit graag benadruk dat die proses, om Suid-Afrikaanse note oorsee te druk en dit dan te vervoer, is deel van die normale bedrywighede en gebeurlikheidsbeplanning.”

Hy het gesê om seker te maak dat gebeurlikheidsplanne sterk is en gereeld getoets word, word ʼn klein persentasie van die SARB se jaarlikse bestelling van banknote uitgekontrakteer aan geloofwaardige en goedgekeurde internasionale drukkersmaatskappye.

“Die grootste deel van Suid-Afrika se banknote word by die Suid-Afrikaanse Banknotemaatskappy (SABN) gedruk.

Maroela Media het vroeër berig die McDonnell-Douglas MD-11-vliegtuig is op 14 Februarie geskut toe dit op Harare Internasionale Lughawe geland het om brandstof te hervul. Die vliegtuig was van München, Duitsland, onderweg na Durban, KwaZulu-Natal. Werknemers van die lughawe het bloed uit die vliegtuig sien drup.

Die ten volle geklede liggaam van ʼn swart man is in ʼn kompartement gevind, maar weens gevorderde ontbinding, kon ʼn forensiese patoloog nie bepaal hoe en wanneer die man dood is nie. Die nadoodse ondersoek het bevestig die man het versmoor. Die polisie vermoed nie vuilspel nie en die man het glo sonder enige inwendige beserings op die vliegtuig geklim.

Die internasionale polisie-organisasie, Interpol, het intussen ʼn verklaring uitgereik aan polisiemagte in Duitsland, België, Uganda, die Ivoorkus en Nigerië om hulle te help om die man se identiteit en nasionaliteit te bepaal.

Die vliegtuig van die Amerikaanse lugredery, Western Global Airlines, het Vrydagaand uiteindelik uit Harare opgestyg onderweg na Suid-Afrika. Die geld, wat in Münich gedruk is en bestem was vir Durban, behoort aan die Suid-Afrikaanse Reserwebank (SARB).

Lees alle vorige berigte oor die SARB-vliegtuig op Maroela Media.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

17 Kommentare

Andre ·

Die grootste deel van ons banknote word by die Suid Afrikaanse Banknoot Maatskappy(SABN) gedruk

Stormrider ·

Ja nee….die owerhede verkondig vir die hele planeet dat daar biljoene in ‘n vliegtuig hier is, dit gaan nou daarnatoe geskuif word, en daar’s net ‘n paar ouens aan boord. Zimbabwe het nie meer ‘n lugmag nie – hulle invite die moeder van alle transito rooftogte! Mens hou dit mos maar redelik stil as jy soveel kontant rondskuif?

Pieter van Blommestein ·

Ek ruik iets hier en dis nie die liggaam. Daardie vliegtuie kan direkte vlugte maak SA toe, hulle kon OR toe vlieg en dan Durban toe……. Hier is iets aan die gang met die Zim regering en daar is ‘n slang in die gras hier

Pieter van Blommestein ·

Terloops, die McDonnell Douglas MD-11 kan tussen 12000 km en 13000 km vlieg. Munich en Johannesburg is volgens vlug afstand 8700 km. Hier is skelmstreke aan die gang..

Pieter van Blommestein ·

Terloops, die McDonnell Douglas MD-11 kan tussen 12000 km en 13000 km vlieg. Munich en Johannesburg is volgens vlug afstand 8700 km. Hier is skelmstreke aan die gang…..

Theo ·

Maharaj van SARB? Iewers lui die van “Maharaj” n duistere klokkie.

KP ·

Van wanneer af is die SARB in Durban. Die geld word dalk gestoor in Nkandla se bunkers.

Josef Jansen ·

Daar is nie ‘n plek soos Münich nie.
Dit is Munich in Engels en München in Duits.

DPJ ·

Ons het SA Note in Pretoria maar Reguim maak soos hulle wil. Dankie,

Grotman ·

Kom nou ouens! Wees Zoo-ma genadig. Daai geld was bestem om Nkandla te vergroot. Julle verwag tog nie ons presedentjie moet in so klein plekkie woon nie? Sies man! En hy het sy eie geld oorsee laat druk en dit met sy eie geld betaal so los hom nou uit okay! Eish

Akram ·

Genugtig, Die liggaam was in n staduim van ontbinding. Dit laat mens wonder hoe word die vliegtuie gediens en wanneer? Die persoon was al geruime tyd in die kompartement gewees. Iemand moes dalk snuf in die neus gekry het. wat die note aanbetref, ek weet dat die papier wat die note opgedruk word van europa afkom, Dit het reeds die watermerk en security futures goed in. SA deruk net die prentjie op die papier. Op n ander foto word gewys dat bloed uitgesypel het. Dit laat my dink hoe dig daai luike kan sluit.

Andre ·

Meeste van security features word by SABN gedruk. Die watermerk en silwer draad is al wat daarop is wanneer dit van Europa kom

Jan maak n Plan ·

Hoekom kry ek ewe skielik die gevoel dat die geld gekom het om te help dat nr1 weer die verkiesing kan wen. Ek vrae maar net?????

m ·

Enige iets wat met Zimbabwe te doen het is maar verdag. Eintlik snaaks dat Mugabe nie die geld vir homself toegeein het nie……….

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.