‘Vliegtuig’ op hoofweg veroorsaak oponthoud

Die vrag beweeg tans teen ’n slakkepas op die R81 digby Munnik (Foto: Limpopo departement van vervoer en gemeenskapsveiligheid)

Die departement van verkeer in Limpopo waarsku motoriste om op die uitkyk te wees vir ’n abnormale vrag wat ’n kommersiële vliegtuig vanaf die OR Tambo-lughawe in Johannesburg na Hoedspruit vervoer.

Die kommersiële vliegtuig, genaamd Aerotel, is Maandagoggend by die OR Tambo-lughawe op die vragmotor gelaai en het Woensdagaand by ’n weegbrug in Polokwane aangedoen. Mike Maringa, woordvoerder van die departement, sê dié vrag behoot Vrydag in Hoedspruit aan te kom.

Volgens Maringa beweeg die vrag tans teen ’n slakkepas op die R81 digby Munnik.

Verkeersvertraging kan tussen Woensdag en Vrydag op die R81, asook die R36 en R71 digby Tzaneen, R526 by Gravelotte en R71 by Hoedspruit verwag word.

“Die toesighouer van die projek sê alles is in orde en hy is tevrede met die samewerking van die wetstoepassers wat die abnormale voertuig begelei,” sê Maringa.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.

9 Kommentare

jongste oudste gewildste
Anthony

Hoekom gaan dit soonote ?

Aai

Seker ‘n SAL vlug se vlerke wat geknip is maar anderste gespuit.Ha Ha

Johann

Dis blykbaar die eerste vlug van die nuwe SAL.

marius

Die nuutste diens van SAL vir diegene wat te bang is om te vlieg ?

Michal

n vliegtuig wat gegaps is, deur n tenderpreneur