Vliegtuig stort in landgoed neer

Foto: Emer-G-MED

Foto: Emer-G-MED

ʼn Ligte vliegtuig met drie mense aan boord het Woensdagaand in ʼn landgoed in Midrand neergestort en aan die brand geslaan.

Max Cohen, woordvoerder van Emer-G-MED, het gesê die vliegtuig het omstreeks 19:14 in die Randjiesfontein-landgoed neergestort, kort nadat dit van ʼn nabygeleë lughawe opgestyg het.

Die vliegtuig het vermoedelik by Grand Central-lughawe opgestyg voor dit neergestort, teen ʼn skuur gebots en aan die brand geslaan het.

Emer-G-MED se traumadokter en paramedici van Netcare 911 is na die toneel ontbied.

“Met paramedici se aankoms is al drie mense, die vlieënier, ʼn studentvlieënier en ʼn passasier, met erge derdegraadse brandwonde buite die vliegtuig aangetref,” het Cohen gesê.

“Al drie insittendes het ʼn kort afstand van vliegtuig gelê nadat inwoners van die landgoed die mense uit die brandende wrak gered en na veiligheid getrek het.”

Paramedici het onverpoos gewerk om die drie kritiek beseerde mense te stabiliseer. Die mens met die ergste beserings is met ʼn helikopter van Netcare 911 na ʼn nabygeleë hospitaal geneem en die ander pasiënte met ambulanse.

Die oorsaak van die ongeluk is onbekend en word deur owerhede ondersoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Erica Albertse ·

Ai dit is so hartseer. Ek Bid en vertrou dat almal volkome sal herstel. Jul is in my en Alwyn se gebede. Sterkte

Skim ·

Ons sê al lankal daar is iets fout met burgerlugvaart in SA, dan word ons uitgeskel deur mense wat dink hulle weet alles en het al die antwoorde, daar is leemtes, sommige vliegtuie word nie onderhou nie, minderwaardige parte word gekoop, instrumente werk nie, dan word ons vertel watter STRENG reëls daar is .. wel duidelik word dit nie nagekom nie, nog lewens, nog beseerdes omdat mense in DENIAL is en nie iets daaraan wil doen nie.

liza ·

Wat de hel gaan aan dat die vliegtuie so val…….iets is nie lekker nie……Sterkte aan julle……

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.