Vliegtuig stort neer by lugmagbasis

Swartkop Lugmagbasis in Valhalla. (Foto: Elaine Krige)

’n Ligte vliegtuig het Woensdagoggend by die Swartkop-lugmagbasis in Centurion neergestort.

Siphiwe Dlamini, woordvoerder van die weermag, het die voorval aan Maroela Media bevestig.

Volgens Dlamini behoort die vliegtuig aan die lugmagmuseum.

Inligting rakende die voorval is in dié stadium skraps.

Dlamini wou nie in dié stadium bewerings van sterftes bevestig nie en het gesê dit is nog te vroeg in die ondersoek om meer inligting bekend te maak.

Volgens onbevestigde berigte is die vlieënier en die medevlieënier in die voorval dood.

Die lugmag se afdeling wat ongelukke ondersoek is nog op die toneel.

Hou Maroela Media dop vir meer inligting.

Swartkop Lugmagbasis in Valhalla. (Foto: Elaine Krige)

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Samuel ·

Ek neem aan dit moet ‘n groot skok vir SALM wees en hopelik is die gerugte van sterftes, bloot dít.

Jaco ·

Die name van die twee is bekend gemaak. Albei afgetree Maj Genl Des Barker asook kolonel Rama Iyer

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.