Vliegtuig stort neer naby Middelburg

Die vliegtuig wat neergestort het. Foto: Verskaf

Die vliegtuig wat neergestort het. Foto: Verskaf

ʼn Man, vermoedelik in sy 30’s, het Woensdag ongedeerd daarvan afgekom nadat die vliegtuig waarin hy was naby Middelburg in Mpumalanga neergestort het.

Russel Meiring, woordvoerder van ER24, het gesê paramedici van dié nooddienste is saam met die Middelburgse brandweer na die toneel ontbied waar hulle die vliegtuig in die middel van ʼn oop veld aangetref het.

“By ons aankoms is die vlieënier buite die vliegtuig aangetref en het hy daar rondgeloop. Hy is dadelik ondersoek en het geen beserings opgedoen nie,” het Meiring gesê.

Volgens Meiring was die brandweer gereed om enige brande te blus wat kon ontstaan.

Die oorsaak van die ongeluk is onbekend en sal deur die Burgerlugvaartowerheid ondersoek word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Andre ·

Lyk vir my of hy n suksesvolle noodlanding gemaak het . As hy neeergestort het sou daar sekerlik meer skade aan die vliegtuig gewees het , of nog erger .

Chris Ws ·

Veels geluk aan die vlieenier.Hy het sy noodlanding suksesvol en volgens sy opleiding uitgevoer!

Simon ·

Liza
Daar is mense wat glo God se genade is n mistieke iets wat, kom ons se, net uit die niet op ons neerdaal.
Miskien verstaan iemand wat so dink God se genade nie so mooi nie.
Ja, ek glo ook dat God se genade hier ter sprake is, maar dit het nie uit die niet tevoorskyn gekom pas voor of tydens die ongeval nie.
In sy alwetendheid het God voorsien dat menslik gesproke n voorval moontlik gaan plaas vind en ek glo dat God sy genade wil betoon het. Daarom het hy gesorg dat die vlieenier die nodig op leiding ondergaan, hom die vermoee gegee om n “veilige” landings plek te kan identifiseer en hom gelei het om n redelik suksesvolle noodlanding daar uit voer.
God openbaar homself op allerhande wonderbaarlike maniere, maar ons moet onsself gereeld maak om dit te kan raaksien wanneer dit regtig gebeur en ophou dink dat die genade sommer net so uit die niet op ons neerdaal.
God het volgens Exodus 20 in die derde gebod n belofte gemaak dat hy diegene wat sy Naam ydelik gebruik nie ongestraf sal laat bly nie. Dit beteken nie dat jy swaar gestraf sal word as jy sou uitroep “OMG” vir watter rede ook al nie, maar verseker sal dit gebeur as jy jouself gelyk stel aan God, soos wat onse President dit die afgelope tyd in van sy uitlatings gedoen het nie.

liza ·

Simon ek verstaan wat jy se, en baie dankie dat jy dit so mooi vir my geopenbaar het. Dalk het ek dit net verkeerd gestel.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.