Vliegtuig stort neer tydens opleidingsvlug

Foto: ER24

Foto: ER24

ʼn Studente-vlieënier het ernstige kopbeserings opgedoen toe ʼn ligte vliegtuig Saterdagmiddag by die Potchefstroom-vliegveld in Noordwes neergestort het.

Kabelo Ledwaba, woordvoerder van die burgerlugvaartowerheid, het aan Maroela Media gesê die ongeluk het omstreeks 14:50 gebeur. Slegs die vlieënier was aan boord van die Cessna 172 toe dit neergestort het.

“Ons ondersoekers is steeds besig om die feite rondom die voorval te versamel, maar volgens die inligting wat ons tans tot ons beskikking het, was dit ʼn solo-navigasie-opleidingsvlug

en die ongeluk het gebeur toe die vlieënier wou land,” het Ledwaba gesê.

Foto: ER24

Foto: ER24

Hy het gesê die studente-vlieënier is ʼn Egiptiese burger. Volgens Annine Dormehl, woordvoerder van ER24, het die man, vermoedelik in sy 20’s, ernstige beserings opgedoen en is hy na die Mediclinic Potchefstroom gehaas.

Ledwaba het gesê die ondersoek na die voorval duur voort en ʼn finale ongeluksverslag, met veiligheidsaanbevelings, sal uitgereik word sodra die ondersoek afgehandel is.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Chris Ws ·

Die vliegtuig het nie “neergestort ” nie maar iets het skeef geloop tydens ‘n landing.Kan dwarrel wind wees wat oor die aanloopbaan beweeg het nettoe hy besig was om te land.Daai betrokke vliegtuie is van die veiligste wat jy kry.My susterskind het so net model en ek het al baie saam hom rond gevlieg.Net sy skoot sitplek gordels is nie in my oe doeltreffend nie want jou bolyf kan ver vorentoe beweeg in die geval van ‘n skielike stop.Sterkte en spoedige beterskap aan die leerling vlieenier.

sug ·

Dit is voorwaar nie goeie nuus nie. Sterkte aan die student hoop jy is gou weer in die lug.
Op ligter noot Cherokee, jy weet wat die verskil is tussen neerstort en ‘n landing….. die landing is net beheerde neerstort.

Johann ·

Ek het mos met ‘n vorige geleentheid gesê ek ruik ‘n lont stink oor die vliegongeluke, nou is daar nog een

Esta ·

Iewers is mense besig om die klein vliegtuie te boikot. Word hulle veilig toegesluit , is daar wagte wat seker maak daar kom nie vreemde mense lol aan aan dit nie. Vra net?

Waarheid ·

Stem saam Esta die sekuriteit moet maar gereëld verander word amper so iets soos maand basis, sodat daar nié dinge kan broei nié.

Henk Stander ·

Dis ń nes! Ek sê julle die goed broei en dis ń nes! ń Nes 1 skewe 2s en hulle broei vir n vale!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.