Vliegtuig tref huis in Midrand

Argieffoto ter illustrasie (Foto: Photodune via ER24)

Argieffoto ter illustrasie (Foto: Photodune via ER24)

Verskeie nooddienste het Sondag omstreeks 12:15 reageer waar ʼn ligte vliegtuig in ʼn huis in Midrand vasgevlieg het.

“Lede van Grand Central-lughawe se brandweer was reeds op die toneel toe paramedici opgedaag het,” het Werner Vermaak, woordvoerder van ER24, gesê. “Een persoon is uit die vliegtuig geslinger. Hy is in ʼn ernstige toestand. Paramedici het hom behandel voordat hy na ʼn nabygeleë hospitaal geneem is.”

Intussen berig Chris Botha, woordvoerder van Netcare 911, die paramedici het omstreeks 12:00 ‘n berig ontvang van ‘n vliegtuig wat in Donavanstraat naby Grand Central-lughawe neergestort het. “Die huiseienaar het gesê hulle het ‘n harde geluid gehoor, en toe hulle gaan ondersoek instel, het die vliegtuig ‘n boom getref, ongeveer 5 m van die huis af. (Foto volg onderaan die berig.)

Volgens Vermaak is niemand anders in die voorval beseer nie.

Die oorsaak van die ongeluk is nog nie bekend nie. Plaaslike owerhede stel ondersoek in.

Dit is die vierde vliegtuig verwante voorval waaroor Maroela hierdie naweek berig.
* Maroela Media het Sondagoggend berig ʼn ligte vliegtuig het Saterdag ʼn suksesvolle noodlanding op die strand by Richardsbaai uitgevoer nadat die skroef afgeval het.
*Maroela Media het Saterdag berig ʼn 23-jarige is dood toe sy ligte vliegtuig by Port Elizabeth neergestort het
*Maroela Media het Vrydag berig ʼn man is dood nadat sy mikrovliegtuig naby Randburg in Gauteng neergestort het.

Foto: @Netcare911_sa, Twitter

Foto: @Netcare911_sa, Twitter

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

Johann ·

As die standaarde, regulasies en die kwalifikasies van die persone wat onderhoud moet doen, verlaag…..dan val hulle uit die lug uit soos vliëe.

GES ·

Lugvaart standaarde is besig om te verval. As hierdie tendens oorspoel na die kommersieële afdeling is ons in vir ‘n rowwe tyd. Dit is waarom ek twee keer dink voordat ek ‘n vlug met SAA bespreek.

Willie ·

GES, ongelukkig dink ek die onderhoud op die ander lugdienste se vliegtuie word ook deur dieselfde “tegnisie” gedoen.

Dee ·

Die Engelse koerant(e) sê die vliegtuig het ‘n boom sowat 5m van die huis af getref. Klink dit nou meer opspraakwekkend om te sê dat dit die huis getref het? Bly by feite asseblief. Daar was mense in die huis wat die slag gehoor het en buite gaan kyk het wat aangaan.

Sune van Heerden ·

Dagsê Dee

Die inligting wat ons aanvanklik gepubliseer het, is inligting wat ons direk van ER24 ontvang het. Netcare 911 het later ‘n verklaring uitgereik waarin hulle berig dat die vliegtuig ‘n boom, 5 m langs die huis, getref het. Ons wysig die berig.

Ons vra om verskoning vir enige onduidelikheid, dit was nie ons bedoeling om die berig “meer opspraakwekkend” te maak nie.

Groetnis
Suné
nms Maroela Media

MM ·

Ek sal graag wil weet wat nou eintlik die waarheid is. Op die nuus gisteraand het die vliegtuig in ‘n huis vas gevlieg, vanoggend op die nuus hy die vliegtuig AMPER in ‘n huis vas gevlieg nou het hy weer in die huis vas gevlieg.
Wys asb ‘n foto van die huis en die vliegtuig sodat ons self kan sien wat die waarheid is.

Sune van Heerden ·

Dagsê MM

Die inligting wat ons hier gepubliseer het, is inligting wat ons van ER24 ontvang het. Netcare 911 het later ‘n verklaring uitgereik waarin hulle berig dat die vliegtuig ‘n boom, 5 m langs die huis, getref het. Ons wysig die berig.

Groetnis
Suné
nms Maroela Media

Dee ·

Dankie vir die terugvoer, Suné. Die rede vir my navraag is meer as net blote nuuskierigheid. Ek was vir vele jare betrokke by burgerlugvaart. Dit blyk dat die vlieguig toe nes gemaak het in ‘n boom langs die huis, Ek hoop die vlieënier herstel kompleet.

Deon ·

Hoop nie daar kom nou n despuut oor die kleur van die vliegtuig nie. Die inligting wat marula gee is reg. Die vliegtuig het geval, punt. As jy dan nou weet presies tot op die meter, wat gaan jy daaraan doen. Die mense wat die saak ondersoek kan hulle self met daardie inligting bemoei.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.