Vliegtuigvlerk tref man

Graskop. Foto: Graskop.co.za

Die polisie in Mpumalanga doen ’n geregtelike doodsondersoek nadat ʼn man Maandag deur die vlerk van ’n vliegtuig getref is toe dié vliegtuig in Graskop geland het. Die man is op die aanloopbaan dood verklaar.

Brig. Leonard Hlathi, woordvoerder van die polisie, het in ’n verklaring gesê vier werknemers van ’n plaaslike konstruksiemaatskappy was op pad werk toe en het vermoedelik die aanloopbaan van die Graskop-vliegveld oorgesteek toe ’n Piper Cherokee P28-181 geland het.

’n Voorlopige ondersoek dui daarop dat die man vir sy kollegas geskree om uit die pad te beweeg toe die vliegtuig land waarna die vlerk van die vliegtuig hom getref het. Al vier mans is van Gauteng en het in Graskop gewerk, het Hlathi gesê.

Volgens Hlathi is paramedici ná die voorval na die toneel ontbied waar hulle die man dood verklaar het.

Die Burgerlugvaartowerheid (BLO) is intussen van die voorval in kennis gestel. Die owerheid sal nou ’n ondersoek van stapel stuur na die oorsaak van die man se dood, het Hlathi gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

ᛄᚪᚾ ·

In alle gevalle waar n persoon sterf aan nie-natuurlike oorsake, moetn “geregtelike doodsondersoek” gedoen word (sien http://www.npa.org.za). Dit is om te bevestig of dit n ongeluk was, ofn moord en of iemand nalatig was en die sterfte veroorsaak het. In meeste gevalle is dit n formaliteit. Indien enige van my familie inn ongeluk sou sterf, sal ek beslis `n deeglike geregtelike doodsondersoek wil sien, al is dit bloot om die omstandighede te verstaan. @Maroela Media, wil een van julle verslaggewers dit bietjie vir ons ondersoek en uitlê?

Amatambo ·

Dalk sal die loods vir hierdie man se dood vervolg word omdat hy nie’n radioboodskap na die beheertoring gestuur het sodat hulle voetgangers opdie aanloopbaan kan waarsku dat ‘n vliegtuig op pad is om te land ??? Per slot van rekening… nee-wag, laat ek liewer verder stilbly voordat my kommentaar gesensor word…

Nico ·

Nou is die vlieeënier die skuldige, het die mans nie die vliegtuig gesien nie, wat soek hulle op die aanloopbaan.

Stof ·

As nuuskierige gees, lees ek die berig, al die kommentare, en ontwaak die filisoof in my. ‘n Behoefte om dit wat ek waarneem op die oppervlak- sowel as subteks, noop my om iets op papier te sit. Bogenoemde kombinasie van kommunikasie, is voorslag materiaal vir ‘n woordskets, ‘n liriek, ‘n poëtiese griffeltjie, ‘n roman, of ‘n draaiboek.
Dankie vir die inspirasie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.