Vliegtuig val in mielieland

Die vliegtuig het Dinsdagoggend neergestort. (Foto: Midlands EMS/Facebook)

ʼn Vlieënier het Dinsdag ʼn noue ontkoming gehad toe sy ligte vliegtuig in ʼn mielieland naby Howick in KwaZulu-Natal neergestort het.

Volgens Midlands EMS het die vliegtuig omstreeks 10:00 by Merrivale neergestort.

Paramedici is na die toneel ontbied waar hulle die wrakstukke van die vliegtuig aangetref het. Die vlieënier het buite die vliegtuig gelê.

ʼn Gevorderde lewensondersteunende paramedikus het die vlieënier se wonde behandel en hom op die toneel gestabiliseer.

“Hy is na die Life Hilton-hospitaal geneem vir verdere behandeling,” sê die nooddiensverskaffer.

“Hy is tans in ʼn stabiele toestand.”

Die omvang van die vlieënier se beserings is nog nie in dié stadium bekend nie.

Midlands EMS het die boere in die omgewing en lede van die gemeenskap bedank vir die hulp en bystand wat hulle verleen het.

Die Burgerlugvaartowerheid (BLO) is intussen oor die voorval in kennis gestel en sal na verwagting ʼn ondersoek na die oorsaak van die ongeluk loods.

(Foto: Midlands EMS/Facebook)

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Marius ·

Ek is maar bang vir vliegtuie en skepe. Jy kan nie uitklim en stoot nie.

Hendrik ·

Daar is n rede hoekom hierdie cropsprayers toegerus word met n roll cage.

Jackie ·

Klein vliegtuig en klein skippie op groot water….Bly weg

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.