Vliegtuig val toe vlieënier stropers jaag

Argieffoto: SANParke

ʼn Ligte vliegtuig het Saterdag in die Kingfisherspruit-gedeelte van die Krugerwildtuin geval terwyl die vlieënier vermeende stropers agternagesit het.

SANParke het in ʼn verklaring gesê die Foxbat Bantam-vliegtuig het deelgeneem aan ʼn teenstropingsaksie toe die voorval gebeur het. Inligting is tans skraps oor hoe die ongeluk gebeur het of wat die oorsaak was dat die vliegtuig neergestort het.

“Die vlieënier is deur ʼn plaaslike dokter ondersoek en daarna na Nelspruit Mediclinic gevlieg om deeglik ondersoek te word. Hy het ʼn groot snywond aan sy kop en ander geringe snymerke opgedoen,” lui die verklaring.

Glenn Phillips, besturende hoof van die Krugerwildtuin, het sy verligting uitgespreek dat niemand in die ongeluk gesterf het nie. “Ons is dankbaar dat dit in die omstandighede goed gaan met die vlieënier en sal hom ons volle ondersteuning gee om die traumatiese ervaring te verwerk. Ons gebede is by hom en sy familie en ons wens hom ʼn spoedige herstel toe,” het Phillips gesê.

Die vermeende stropers kon daarin slaag om te ontsnap toe daar na die vlieënier omgesien is.

ʼn Ondersoek word gedoen om die oorsaak van die ongeluk te bepaal.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

24 Kommentare

PJC ·

Ek dink Sanparke moet ń helikopter met twee gewapendes gebruik om hierdie stropers te jag soos wat ń mens met terroriste doen want dit is wat hulle is. Terwyl die vliënier dan die stropers jaag kan daar beide uit die linker en die regterkant van die heli op hulle geskiet word afhangende van waar die stropers is. Die boodskap sal dan baie vinnig die rondte doen dat dit doodsake is om te probeer stroop.

GRIET ·

Stem…saam jou PJC!
Mens kry die idee,dié STRYD kry nié einde, teen alewige vieslike stropers

Elsa ·

Ek stem ook 100% met jou saam PJC. Dis oorlogvoering teen stropers en die enigste kans om die stropery stop te sit.

Cherokee ·

Ek glo nie hierdie berig nie. Meer waarskynlik het die vliegtuig boomtakke, bome, rotse of iets in dier voege getref en nou word berig dat dit neergestort het. Dit het (waarskynlik) laag gevlieg omdat skelms gejaag is en toe is ‘n hindernis getref, is my raaiskoot. Maar daai ‘vliegtuig val’!? Vergeet dit. Raai weer.

De Villiers ·

Ek twyfel of dit sò laag gevlieg dat dit boomtakke getref het. Die KNP is oor die algemeen bebos wat beteken dit jou sig beter is hoër in die lug as só laag. Laat die ondersoek afgehandel word en die oorsaak bekend word as wat ons hier bespiegel.

IK ·

Goed om te verneem hy is veilig. Wonder tog of ‘n kameelperd nie in sy pad gekom het . . . ??

DD ·

‘Die oortreders kon? daarin slaag’laat klink dit in al julle berigte dat n mens bly kan wees hul het weggekom eerder as die oortreders het daarin geslaag om weg te kom. Lees dit asb in die regte perspektief.

vlieënier ·

Maroela, ‘n Foxbat is ‘n vliegtuig en ‘n Bantam is ‘n ander vliegtuig. Dit is heel moontlik ‘n Bathawk vliegtuig wat hier ‘n ongeluk gehad het. SAN Parke werk in die Kruger met Bathawk vliegtuie.

DogEkSeMaarOokNet ·

Foxbat is”LSA” en Bantam “MICROLIGHT”…..net nog ‘n vlieënier…….

pb ·

Ja…suiker in die brandstof. Wiele afgeblaas voor opstyg. Propeller so styf vasgedraai hy kon nie vlieg nie en blykbaar vaseline opi windscreen. Baie nare sabotasie

ANA ·

Bathawks …van sanparke..wat dalk nié na behore onderhou of gediens is nie…?? is my raaiskoot…of vlieënier het fout begaan…???

hb ·

Ja beriggewing deur die media is deesdae uiters swak. Lyk my niemand doen meer navorsing om die regte feite deur te gee nie. Google n bietjie asb’ dis maklik

Sanet ·

Maptieks,Maroela…júlle het voorwaar, ñ hele paar “MIKE BOLHUISE agter die sleutelborde” uit jul leserkorps, as ék ál die kommentare so lees…!!!?
Nietemin dankbaar dié vlieënier is OK, hyt ook net sy werk PROBÉÉR doen!
Ons hoop maar vir sanparke se part, dis nou nié daai oukie, wat vir ñ miljoen rand,laasjaar geskenk is aan sanparke, in hul stryd teen stropers nie

Boet Fasie ·

Ai, ai, ai en ewe skielik is almal bekommerd oor watse vliegtuig dit was terwyl die berig gaan oor stropery. Wat maak dit saak of dit ‘n volkswagen met ‘ n 1600 cc of gee engin was nie, ‘ n vlieenier het amper sy lewe verloor deur ‘n onwettige stroper. Iemand gaan nou seker vra van wanneer af is daar wettige stropers.

Chris Ws ·

As Sanparke my kos en verblyf verskaf kom jag ek gratis stropers .Ek bring ook my eie geweer en eie bergfiets saam!Maar ek neem ongelukkig NIEMAND in hegtenis nie.Ek skep met graagte kos vir die leeus en aasdiere!
Eks Bly die vlieenier is ok!Mag hy vinnig weer op die been wees en terug op sy baie belangrike pos wees.Ek dink min mense weetREGTIG wat die toedrag van sake betreffende stropery in die Kruger Nationale Park is.Een woord : ERNSTIG!

Muffin ·

Hi Vlieenier. Ek was al die jare onder die indruk n Bantam is n Ford bakkie.

Cherokee ·

En jy het gedink Cherokee is Jeep terwyl dit vir my Piper beteken.

vliegenier ·

Jy sien Bantam is ‘n vliegtuig en toe nou ‘n Fordjie ook en vir ander mense ‘n hoender ook. Die een lê eiers, die ander lek olie en die ander een moet liefs nie een van die twee doen nie. Ek is bly die mede piloot is aan die beter word. Sterkte neef. Sien jou weer iewers in die bloute.

piper ·

ek het dit ervaar. laag vlieg en skerp draaie met n gevolglike ; high speed stall;

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.